Motshekga krabbel terug oor verkragting-opmerking

Die minister van basiese onderwys, Angie Motshekga, se opmerkings is skerp gekritiseer. (Skermgreep: Newzroom Afrika)

Die minister van basiese onderwys, Angie Motshekga, het Maandag haar opmerkings, dat opgevoede mans nie verkrag nie, probeer verduidelik.

Motshekga het leerders by die Prospectus High School in Pretoria toegespreek.

“Die regering het onderrig geprioritiseer omdat hy weet dit is net deur onderrig dat ons sommige van die uitdagings hier kan hanteer,” het die minister aan leerders gesê.

“Omdat ʼn man wat opvoeding ontvang, nie sal verkrag nie …”

Die leerders het oënskynlik nie met dié stelling saamgestem nie en daar kan gehoor word hoe hulle in die agtergrond murmureer.

“Ek het gedink hulle moet ʼn bietjie meer opvoeding ontvang om sekere dinge nie te doen nie, nou is ek teleurgesteld – maar daar is ander dinge wat hulle nie doen nie, nè?” gaan Motshekga voort terwyl sommige van die leerders weereens nie saamstem nie.

“My teorie is dus hoe meer opgevoeding jy ontvang, hoe meer gesofistikeerd jy is, hoe minder raak jy betrokke by die verkeerde dinge omdat jy na jouself, jou gesin en jou omgewing kan omsien.”

Motshekga het later in ʼn verklaring gesê sy neem met kommer kennis van kommentaar oor haar opmerkings en sê dit is met verwysing na geslagsgebaseerde geweld gemaak.

“Verkragting is beslis oor mag, daarom het die departement programme om seuns van ʼn jong ouderdom te leer hoe belangrik dit is om die magsverhouding tussen mans en vroue te hanteer. My opmerkings moet dus nie buite die konteks geneem word om kinders te leer hoe om beter mense te word nie.”

Die minister sê ook mans moet geleer word hoe om “mag, patriargie en negatiewe of toksiese manlikheid te verwerk”.

“Dit is belangrik om mans oor magsverhoudings op te voed in die stryd teen verkragting.”

Die minister se aanvanklike opmerking en selfs haar latere verskoning, het nie veel gedoen om vure daaroor dood te slaan nie.

Baxolile Nodada, die DA se woordvoerder oor basiese onderwys, eis dat Motshekga die opmerking terugtrek en om verskoning vra.

“Die opmerkings is uiters onvanpas en onverskillig omdat die voorgesette krisis van verkragting in Suid-Afrika geen maatskaplike, ekonomiese of opvoedkundige grense ken nie.”

Nodada sê die DA het kennis geneem van die minister se verklaring waarin sy die opmerkings probeer verduidelik.

“Die verklaring is nie genoeg nie, sy moet eienaarskap neem van wat sy gesê het, om verskoning vra en haar stellings terugtrek.”

Nodada sê ook Motshekga moet beter vaar en meer te wete kom van die land se verkragtingskrisis, pleks daarvan om ligsinnig om te gaan met die kwessie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Chris dupreez ·

Van hulle verkrag , maak nie saak hoe opgevoed of geskool hy is nie

Boerkind ·

Ek steun nie enige ANC beleid nie, maar ek dink sy het hier net goed bedoel…. Sy leer egter hoe die stelsel van polities korrektheid altyd kom om jou in die rug te steek, maak nie saak hoe goed jou intensies was nie. Die Nuwe Wêreld Orde…. hopelose gemors!

modiglianigirl ·

Ek glo ook dat haar intensies opreg was. Én net soos Minister Angie Motshekga glo ek ook dat regop morele standaarde, goeie waardes en ‘n ordentlike opvoeding belangrike hulpmiddele is om jou uit die kwaad te hou. Haar stellings het ten doel gehad om die leerders in haar gehoor te motiveer om opvoeding na waarde te ag. Sy het in haar doel geslaag. Weereens het die media selektief te werk gegaan met die inligting om hul negatiewe propaganda te vuur.

Persheks Adri ·

Waar is jou masker? Die stelling is onvaspas en verskoning gaan nie werk nie hoor. Dit beteken seker jy gaan ook nie steel, roof of vermoor nie eish die redenasie vermoë darem

Pietertjie ·

Dis maar moeilik as politieke korrektheid bietjie verwyderd raak van realiteite.

Mariana ·

Sy kon haar woorde beter gekies het, miskien langer oor die toespraak gedink het. Maar sy nes baie ander in die regering dink nooit. As mens kyk na haar pad in die onderwys as minister het sy tot dusver gefaal. Sy was en is en sal nooit die regte persoon wees vir hierdie belangrike pos nie.

Leeuwyfie ·

Die woorde wat sy gesoek het was dat opgevoede mense weet dat verkragting verkeerd is. Die waarheid lê egter by die spreker sowel as die gehoor. Dit wys duidelik dat die opvoeding so swak is dat die gehoor nie verstaan nie en die minister deur dieselfde opvoeding gefaal is.

marius ·

Opgevoede mense sal ook nie sonder ‘ n masker twak kwyt raak nie .

Sarel ·

Dit is hoekom die ANC net lippetaal is wanneer dit by die beskerming van.vroudns en ki defs.
Die Regeting ernstig met opvoeding ? Hoekom dan krisis in skole en bedrog met Tenders.
Hoekom word daar vir ki ders geleer van “Sangomax” of
Tradidionele Genesers beter. Soos gewoonlik verskil lippetaal en dade masr dit is Tradisioneel

pestilensie ·

Noem my dom , maar ek sukkel om fout Met haar opmerking te vind

Casper ·

Sy praat van opgevoede mans wat nie sal verkrag nie en dit is so en ek dink dit is wat sy wou oordra maar opvoeding begin by die ouerhuis.Armoede of enige ander situasie gee jou nie die reg tot geslagsgebaseerde misdade nie.

Alet ·

Hulle verkrag omdat julle van laerskooldae al seks in hulle keelgatte in afdruk!!!!

Hennie J ·

Dit was n onvoorbereide toespraak wat beteken iemand met n paar breinselle het dit nie vir haar geskryf nie. Dis egter ook n voorbeeld van wat in haar kop aangaan.

Miskruier ·

Gelukkig kan die geleerde dan lees van strafregtelike vervolging en sal hy hopelik twee keer dink voor hy dit self doen.

Misky ·

Ek dink haar bedoeling was goed, maar woord keuse verkeerd. Met n ordentlike opvoeding en waardes, sal minder verkrag en weet dis verkeerd.

Casper ·

Alet,is seksvoorligting dan verkeerd hetsy van ouers of onderwysers se kant af.So eintlik beweer jy seksvoorligting is die oorsaak van verkragtings.

Heinrich ·

Moet dan seker van toepassing wees op al die ander wetsoortredings ook…hoeveel ANC regeer die land met ‘n kriminele rekord?

Fedup ·

Now i have heard it all.
I honestly cannot believe that this person can be a minister or any one of them for that matter.
What comes out of their mouths is shocking to say the least.
Do they have any common sense at all?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.