MRK sê talle skole sluit

Argieffoto

Argieffoto

Die aantal skole in Suid-Afrika het met 2 534 afgeneem tussen 200 en 2012, aldus ʼn verslag wat die Menseregtekommissie (MRK) Donderdag uitgereik het.

Volgens die verslag, waarin uitgawes en aflewering van skoolinfrastruktuur ondersoek is, is daar slegs 24 255 gewone publieke skole in 2012 oor van die oorspronklike 26 789 skole.

“In die Vrystaat het 47% van die skole, altesaam 1 187, hul deure gesluit,” het Conrad Barberton, gesê. Hy het die verslag saam met Carmen Abdoll van Cornerstone Ekonomiese Navorsing namens die MRK opgestel. In Noordwes het 31% van die skole gesluit, 12% in Mpumalanga en 10% in die Oos-Kaap.

“As mens na die opleidingsbegroting van die Vrystaat kyk, sluit dit nou ook ʼn baie groot toelaag vir vervoer van skoliere in,” het Barberton bygevoeg.

Kleiner skole en groter skole smelt saam en dit beïnvloed ook die gehalte onderwys en toegang tot onderwys.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae