MRK swaai om oor besluit oor haatspraak-klagte

Een van die inskrywings wat die DA na die Menseregtekommissie verwys het.

Die Menseregtekommissie (MRK) het Woensdag omgeswaai oor sy besluit om nié inskrywings op sosiale media te ondersoek waarin geweld teen boere aangehits word nie. Die kommissie het nou gesê hy sal minstens een strafsaak, na aanleiding van die klagtes oor die plasings, by die polisie aanhangig maak.

Hierdie 180  ̊-ommeswaai van die MRK volg ná vele druk van die DA en die massa-verontwaardiging van lede van die publiek wat nie met die kommissie se aanvanklike besluit saamgestem het nie.

Maroela Media het vroeër berig die MRK het die klagtes teen die plasings op sosiale media summier verwerp en gesê die polisie is in ʼn beter posisie om dit te ondersoek. Die kommissie het aangevoer hoewel hy saamstem dat hierdie soort inhoud onaanvaarbaar en onregmatig is, is dit ʼn misdaad wat deur die polisie ondersoek moet word.

Die DA het die afgelope maand verskeie van dié inskrywings op sosiale media wat oënskynlik plaasmoorde en -aanvalle verheerlik na die MRK verwys om as haatspraak ondersoek te word.

Die MRK het Dinsdag gesê hy het nie hulpbronne om mense op te spoor en te beboet vir die haatspraakinskrywings nie.

Volgens die DA is die MRK se besluit om nie die plasings te ondersoek nie, en die redes wat hy daarvoor aangevoer het, in teenstelling met verskeie ander sake wat hy al vantevore ondersoek het.

Nog een van die inskrywings wat na die MRK verwys is.

Dianne Kohler Barnard, die DA se woordvoerder oor staatsveiligheid, sê twee lede van die kommissie se tak in Kaapstad het die DA sedert Dinsdag genader om verskoning te vra vir die kommissie se terugvoer oor die plasing. Hulle het bevestig dat die versoek om die uitlatings te ondersoek en vervolg onder die aandag van die kommissie se nasionale kantoor gebring sal word.

“In die kommissie se brief aan die DA het die Wes-Kaapse kantoor erken hy was versigtig om die klagtes te aanvaar. Tóg het die MRK dit heeltemal duidelik gemaak dat hy verkies om nie die families van die moordslagoffers van boere en plaaswerkers te verteenwoordig nie,” sê Kohler Barnard.

Kohler Barnard sê die DA vertrou dat die kommissie van nou af sy mandaat ernstig sal opneem en die blatante misbruik van menseregte en haatspraak spesifiek rakende plaasaanvalle en -moorde onder die loep sal neem.

“Geweld en haatspraak teen sekere rassegroepe kan nie geduld word nie. Indien sulke voorvalle voorkom, moet dit ondersoek en die skuldiges gestraf word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Adam Adriaan ·

Dit wil voorkom of die MRK meer rasisties is as wat hulle wil voorgee.

Botterblommetjie ·

Hulle nog nooit voorgegee nie, was van die begin af rasisties…. Eintlik pleeg soveel mense met hul mond indirek moord en voel ek mense moet letterlik in die bek geruk word tot stilte… mense se woorde het veelreikende gevolge… Soms maak jy net iemand om jou (hart)seer en ander tye moedig jy dalk ‘n potensiële misdadiger aan en mens moet pasop, vandag se moordenaar van ‘n boer voel jy more aan jou eie boesem as daardie moordlus vlamgevat het en dalk voor jou eie deur stop…

Keelvol ·

Die MRK wil net die blankes vervolg omdat ons maklike teikens is. Maar hulle is baie bang vir die massas.

Alet ·

En as ek rassistiese kommentaar lewer dan sit ek net môre met my agterstewe in die tronk.

Stofdonkie ·

Die MRK behoort ook aan die ANC. Hulle het duidelik twee stele reels waarvolgens hulle werk, een stel vir die blankes soos Vicky Momberg wat summier vervolg word met al die hulpbronne wat hulle oor beskik, en die ander stel vir die blacks waarop hulle nie hulle hulpbronne gaan gebruik om hulle eers te ondersoek nie.

Frans Hendrik ·

Kyk maar die hele even Etsebeth sage. Wat ‘n gemors! Nog nie amptelik beslissing nie maar vinnig om tot voorlopige gevolgtrekking te kom. Pateties en is betaal om so instansie aan die gang te hou.

Andrew ·

MRK, EFF, COSAS, ANC …. net jammer hulle sukkel nog met die ABC.

AndréS ·

Hoe meer druk ons toepas hoe beter
Hou aan om hulle toe te gooi onder klagtes tot daar iets aan gedoen word

Erik ·

Dis nou so bietjie mostert na die maal. Ek kry die idee hul doen dit maar halfhartig net om hulself te beskerm en ander stil te hou.

lollapot ·

Buang Jones wat SO graag ‘n voorbeeld van Etsebeth wou maak lank voor hy albei kante van die saak aangehoor het, steek nog dik in my keel vas. . .
Ek het GEEN vertroue in die MRK nie!

marius ·

Moet ons ‘n toetslopie neem met die skoen aan die ander voet en dan kyk wat maak julle mrk kaders ?

Blikke ·

MRK? Wat ń klug!!! Nog nooit enigiets goed gesien wat hulle betrokke by was nie….kan net sowel nie eers bestaan nie sover dit my aangaan.

Petrus Johannes ·

Ek het geen respek vir MRK hulle moet genoem word SMRK SWART MENSE REGTE HUL GEE NIKS VIR ONS BLANKES OM

Trotse Boervrou ·

Nou toe nou… The proof is in the pudding! Kom ons hou dop hoe hulle hierdie haatspraak gaan hanteer. Kom ons vergelyk Eben Etzebeth se saak met hoe hulle hierdie haatspraak gaan hanteer. Anders as met sy onregverdige swartsmeerdery is hier immers baie duidelike bewyse. Indien dit nie reg hanteer word nie moet ons dit oor die heelal heen verkondig. Daar is miljoene Suid-Afrikaners in die buiteland en bewusmaking van wat hier aangaan in hierdie land is ons redding op die end. Laat die wêreld se oë oopgaan oor ALL LIVES MATTER!

Anel ·

Daar gaan niks van kom nie. Kyk maar. Hulle sê maar net so om mense tevrede te stel. Maak ‘n saak en verder, as navraag gedoen word gaan hulle net sê dat die ondersoek nog aan die gang is. En dan kan hulle nie die verdagte opspoor nie. Kyk maar!

Debbie ·

Dan moet daar druk op hulle gesit word todat iets gebeur. Laat Afriforum aanhoudend druk op die ouens sit. Dubbele standaarde moet tot ‘n einde kom.

Astrain ·

Die MRK is net nog kader ontplooiing van die ANC en hulle puppet. Dis net nog ‘n manier om die anderskleurig in die land by te kom en soos Mtethwa erken – “jag” te maak op ander rasse. Hulle oneties, ongeloofwaardig en rassisties…dan wil hulle haatspraak ondersoek??? Begin by Malema!!!

Jacobus ·

Die MRK handhaaf dieselfde vlak van lafhartigheid waarmee swerms brawe kaders 70 en 80 jariges aanrand en vermoor.

Jaco ·

Die dam wal is stadig besig om te breek. Daar kan nie meer ander kant toe gekyk word nie. En ek praat nou met wit mense,maak julle monde oop. Moenie maak as of daar niks fout is nie.

Persheks Adri ·

Hulle probeer ons vir suigstokkies vat! Moet nie ons intelligensie onderskat nie hoor! Julle is SOOOOOO in die ANC se gaaitjie en sal tog niks doen nie… Mense regte kommissie is NIE vir ons blankes NIE!

Persheks Adri ·

Ons het geen sê nie en MRK is so teen ons blankes nou moet SAPD saak ondersoek. Ewe useless ons kan net sowel teen ‘n muur vas hardloop!

Ons moet nag sê en dit sag sê eish!!!

Peetjie ·

Tog so snaaks dat die minority soo n groot bedreiging vir hulle inhou…

MakersMark ·

Net nog bewyse dat die rassisties ANC en sy staatsinstansies deel is en waarskynlik die organiseerders is van die aanslae op blankes. Daar is genoeg polisie om mense wat buite die toelaatbare ure van inperking oefen te arresteer maar nie genoeg om mense te vervolg wat haat aanblaas op sosiale media. Die ANC gaan verantwoordelik wees vir baie trane en tragedie in SA insluitende van our people.

Nico ·

Die swartes kan nie rassisties wees nie, net blankes kan rassisties wees. Die aanvalswapen van “rassisme” kom uit die Kommunistiese arsenaal. Prof. H.G. van der Westhuizen oor Kommunisme is nog altyd waar, Kommunisme is ‘n veelkoppige monster met ‘n sataniese anti-Chrislike hart. Dit spoel oor Afrikaners in sy vele gedaantes. “Rassisme” is een daarvan. Dit sal die Afrikaner verslind as hy nie waaksaam is nie.

Rooijan ·

Hoe nader ons aan die verkiesing kom hoe meer aktief raak die DA oor plaasmoorde, hulle moet regtig desperaat wees om die wit stemme wat hulle in 2019 verloor het terug te wen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.