MT Steyn-standbeeld van Kovsie-kampus verwyder

(Foto: KatlehoLechoo/Twitter)

Die standbeeld van oudpres. Marthinus Theunis Steyn is van die Universiteit van die Vrystaat (UV) se hoofkampus verwyder.

Lacea Loader, woordvoerder van die universiteit, het Sondag aan Maroela Media bevestig dat die universiteit oor die naweek begin het om die standbeeld voor die hoofgebou op die kampus te demonteer.

Dít nadat die Vrystaatse Provinsiale Erfenishulpbronagentskap (VPEHA) vroeër vandeesmaand ʼn permit aan die UV uitgereik het om die standbeeld uitmekaar te haal en tydelik te stoor voordat dit na die Oorlogsmuseum in Bloemfontein geskuif kan word.

Die bepalings van die permit bepaal dat die universiteit ʼn bewaringsbestuursplan moes opstel wat onderneem om die standbeeld te hervestig met ʼn aanduiding van die betrokke span wat aangestel is om die standbeeld uitmekaar te haal en tydelik te stoor voordat dit by die museum hermonteer sal word. Die plan moes ook die betrokke erfenisargitek aandui wat aangestel is om toesig te hou oor die proses. Die familie van MT Steyn se wense moes ook deurgaans in ag geneem word.

Volgens die universiteit is die proses byna afgehandel en die laaste reëlings word nou getref om die standbeeld by die Oorlogsmuseum op te rig.

“Ons is besig met die finalisering van ʼn ooreenkoms met die Oorlogsmuseum vir die hervestiging van die standbeeld. Die ooreenkoms beskerm die universiteit asook die museum. Dit is nie ʼn kontrak of voorwaarde vir die verskuiwing van die standbeeld nie, aangesien dit deel vorm van die bepalings van die permit,” het prof. Francis Petersen, rektor en visekanselier van die UV, in ʼn verklaring verduidelik.

(Foto: KatlehoLechoo/Twitter)

Petersen het bevestig dat die ooreenkoms in die komende week gesluit behoort te word waarna die standbeeld na die museum verskuif kan word. Die standbeeld word tot dan gestoor.

Volgens Petersen het die permittekomitee die UV bedank vir die wyse waarop die proses in ooreenstemming met beste erfenispraktyke voltooi is. “Daar is geen presedent vir so ʼn proses onder die huidige Suid-Afrikaanse wetgewing nie en ek is ingenome met die manier waarop dit afgehandel is.

“Ons sal nou voortgaan om die terrein voor die hoofgebou te omskep in ʼn simboliese, inklusiewe openbare ruimte wat nasiebou en sosiale samehorigheid bevorder,” het Petersen gesê.

Maroela Media het vroeër berig die UV het in November 2018 aangekondig dat die universiteit se raad die hervestiging van die MT Steyn-standbeeld goedgekeur het.

AfriForum en verskeie ander bewaringsinstellings, onder meer die Bloemfonteinse Kultuurvereniging, die Vereniging vir Christelike Hoër Onderwys in Bloemfontein en die Gereformeerde Geloofsbond, het egter beswaar aangeteken omdat hulle meen die standbeeld moet op die Kovsie-kampus bly.

Die VPEHA se appèlkomitee het toe in Augustus 2019 beslis dat die standbeeld by die UV sal bly.

Petersen het egter ʼn spesiale taakspan opdrag gegee om ʼn dringende versoek by die provinsiale LUR van sport, kuns en kultuur in te dien om ʼn tribunaal aan te stel om die universiteit se appèl te verwys waarna die LUR haar goedkeuring gegee het.

Steyn was van 1896 tot 1902 die president van die voorheen onafhanklike Oranje-Vrystaat. Verskeie geboue en strate oor die hele Rosestad is na Steyn vernoem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

Ertjie ·

Haal maar soveel standbeelde af as wat julle wil, julle sal nie die geskiedenis kan uitwis nie.

Agge nee ·

En daar gaan Kovsies se identiteit. Ek is seker MT Steyn is verlig om van daardie kampus weg te kom. Hy kan nou rus, al is dit in stukke.

Stefan ·

As jy self nie in staat is om iets op te bou dan breek jy die wat dit wel kon doen se goed af en is ons almal gelyk (straatarm)

Pieter ·

En so word vryheid van spraak/uitdrukking vernietig, kommunisme in aksie tydens grendeltyd. Waar gaan die streep getrek word? Baie standbeelde, portrette en musiek val ook nie in my smaak nie, wie gaan dit sensor? George Olwell se 1984 en Animal Farm in praktyk. O, ja , Michelangelo se Dawid standbeeld is uit wit marmer gekap en Leonardo da Vinci se Mona Lisa is ‘n wit vrou. Ons gaan terug na die donker Middeleeue.

Francois ·

So word ons geskiedenis ook stukkie vir stukkie afgebreek om plek te mask vir rasistiese en komunistiese simbole. Dis ons blankes se eie skuld want ons kan maar eenvoudig nie saamstaan nie

Trotse Boervrou ·

Aanvanklik, en uit beginsel, was ek teen die verskuiwing gekant. Ek moet egter nou toegee dat president Steyn ‘n gerespekteerde man was. Sy standbeeld pas nie meer in by die hedendaagse Kovsies nie. Ek is dankbaar dat die verskuiwing na die Oorlogsmuseum professioneel hanteer word. Hartseer, maar tog ook baie verlig, dat sy standbeeld behoue bly.

Mieke ·

Baie teleurstellend. Die wat die standbeeld weg wil hê is seker nog nat agter die ore en het ook nie apartheid belewe nie. Geskiedenis is in elk geval iets wat jy nooit kan verander nie! Pres Steyn het nie eers deur die apartheid jare geleef nie! Ai tog… red ‘n nasie!!

Jaco ·

Kan ons ook nie aandring dat alle standbeelde van Nelson Mandela verwyder word nie. Ek sien hom as n n figuur van onderdrukking van my mense.

skinderbek ·

Dit is mos wat Mandela gesê het, hulle kan almal gelyk kry, wonder wanneer sy standbeeld gaan val hy grief menigte van ons.

marius ·

As hulle kon , sou hul self afgeklim en die hool verlaat het , lankal.

Pieter J ·

ń Land wat sy geskiedenis ontken het ook nie ń toekoms nie want dit getuig van die uiterste onnoselheid.

Hekwag ·

Breek asb ook die voetstuk af, tot op grondvlak. As dit moontlik is, grou sommer ‘n gat! Ons wil asb tog net nie moet vaskyk in die een of ander drogbeeld wat moontlik sy opwagting daar mag maak nie.

Pieter ·

As die standbeelde die swartes dan so erg herinner aan die ou SA en diskriminasie, dan moet ons wit velle hulle ook seker baie daaraan herinner? Dus is dit mos logies dat hulle van ons ook wil ontslae raak soos wat hulle van standbeelde onstlae raak?

Amatambo ·

Ja, veral (meerendeel blanke) boere aanval en op gruwelike wyse martel en vermoor en CR ontken mos dat GEEN blanke boere hier vermoor word nie… dink hy regtig dat die wêreld so onnosel is om hom te glo??? Sy haat en rassisme teenoor blankes steek soos ‘n seer duim uit….

Jacobus ·

Geagte Prof Peterson wat ‘n skandaal. Dit pas egter by die nuwe image van Konvsies. ‘n Groot kreun van ‘n trotse oud-Kovsie. Groot oorwinning vir skoensoeners (virtue signalers.)

Isabella ·

Sit hierdie monumente by Orania of by di nuwe wit universiteit op wat oopmaak in 2021 sodat ons standbeelde behoue sal bly

Michael 1 ·

Ek wil niks te doen he met mense wat my geskiedenis vernietig nie ,ek hou nie van mandela se standbeeld by die unie gebou nie maar ek respekteer dit.

twaalfboor ·

Whaaaahahaha nasiebou en sosiale samehorigheid. Weet dieb”volk” wat dit beteken?

BoerSonderRoer ·

Hoekom is hy verwyder? Omdat die president wit was?

BoerSonderRoer ·

Wanneer die Vierkleur weer wapper is Mandela daar voor die Uniegebou en in Sandton die eerstes wat geskuif gaan word na die Diversiteit Museum in Soweto.

Kanjynoumeer ·

So word die witmens se geskiedenis stadig, maar seker vernietig.
Rëenboog nasie? Se voet. Wit mense word al meer in n blik geforseer.
Al waaraan ek my troos, die wiel draai stadig, maar seker. Wie vandag onder is, is móre bo!!!

Oompievis ·

Ek stem saam dat President Steyn beter beskermd sal wees in ń museum, teen oningeligte sogenaamde inklusiewe Suid Afrikaners.
Ek sal baie graag wil sien hoe die terrein nou INKLUSIEF verfraai gaan word.
Ek het ń klompie voorstelle, maar sal dit eerder vir myself hou.
Sterkte aan die beplanners, julle sal moet mooi dink, as ń mens nie jou verlede kan hanteer nie sal jy nie ń toekoms kan bou nie, daarom sal dàar altyd tone wees waarop getrap word.

Amatambo ·

Ag, FOEI-tog — dat standbeelde soos dié van MT STEYN asook Cecil John Rhodes soveel aanstoot aan sekere groepe in hierdie land gee. En as ons begin toi-toi en eis dat Nelson Mandela se standbeeld/e ONS aanstoot gee en daaraan herhinner dat hy ‘n kommunis en terroris was – sal daar ook aan ons besware aandag gegee word? Nooit gesien nie…

Mallie ·

As dit so gaan met ons standbeelde en geskiedenis van die land, wat gaan gebeur as Mandela skielik vol verf gevind word. Is dit nie beskadiging van staats-eiendom nie? Moet dan liewer nie standbeelde oprig nie. Want more oor more is n ander party aan bewind en dan word die standbeelde ook verwoes.
Gelukkig heg ek nie waarde aan n standbeeld nie. Soos Ertjie se ons geskiedenis kan gelukkig nie uitgewis word nie.

Kokerboom ·

Dit is regso. Dis onwaardig vir die ou President om daar te staan. Neem hom asb weg uit Bloemfontein want die regime is besig om die stad stelselmatig te verwoes. Dit doen doe ou President groot oneer aan. Verwyder ook die naam Kovsies asook ALLE blanke finansiering. Noem dit maar die Ace Magashule University .

Kaal Keiser ·

Sit al die standbeelde op by die Vootrekker Monument. Maak ‘n mooi plek vir elke beeld om na te kyk.

Francois ·

So word stukkie vir stukkie afrikaanse geskiedenis verwyder om komunistiese bakens op te sit

Jannie ·

En so word on stadig maar seker vernietig, verklein en uit die pad geskuif. Ons gaan jare se moeilikheid beleef. As ons net kan besef hoe baie het verander tot nadeel van ons eie volk. Ek kan nie help om bekommerd te wees oor ons toekoms nie.

Nico ·

Eerste was Genl. Louis Botha se srandbeeld by die Unie geboue plek maak vir die enorme standbeeld van Nelson Mandela, ek wonder wie se standbeeld gaan nou die standbeeld van M.T. Steyn se plek inneem. Cecil John Rhodes se standbeeld kan maar verwyder word, hy was die vader van apartheid hy was ook die eerste een wat ‘n kleurling geweier het ‘n rugby span. Gaan ons terug na die 1820 set’laars, daar het alreeds probleme ontstaan selfs aan die Kaap het die Britte probeer oor vat. Die rede vir die Voortrekkers se vertrek na die binneland was a.s.g. van die Britte, die Britte was ook die oorsaak dat hoeveel vrouens en kinders in die Britse moordkampe gesterf het, die Britte is die groot oorsaak van alles.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.