Mugabe is baie professioneel, sê SA-minister

Pres. Robert Mugabe

Pres. Robert Mugabe

Pres. Robert Mugabe het die Afrika-Unie se twee dae lange beraad vir staatshoofde op ʼn professionele manier gelei, het Maite Nkoana-Mashabane, minister van internasionale betrekkinge en samewerking, Maandag gesê.

“Hy is eenparig deur sy eweknieë as die voorsitter vir 2015 verkies en ons dink hy het die vergadering by die Afrika-Unie goed gelei,” het sy Maandag aan versalggewers in Pretoria gesê. “Ons het geen probleme daarmee nie.”

Afrika-leiers het hom in Januarie tot die voorsitter van die 54-nasie Afrika-Unie verkies. Hy het pres. Mohamed Abdelaziz van Mauritanië vervang.

Mugabe word in Februarie 91 jaar oud.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

anet ·

Wel hy is mooi groot nou op 91 jaar om hom beskaafd te gedra. Net jammer dat hy nog steeds onmenslik optree teenoor sy landgenote.

chris ·

Die kontinent met die mees onprofessionele leiers moet hy seker wees.Dis soos om ‘n graad agt leerling met Zumpi te vergelyk ,sy is hoogsgeleerd.

chris ·

In die kontinent van ons met al sy onprofessionele “leiers” is hy sekerlik baie professioneel.
Dit is dieselfde om Zumpi te vergelyk met ‘n graad tien leerling.Graad tien is in die geval hoogsgeleerd.

So slaan ons almal ons hande saam in ongeloof.
Hy was mos hoeka een van die Britse gunstelinge in hulle oorgaan na hulle reenboog in die nuwe Zimaapwe.

CHRISTA ·

Dit wys jou weer eens wat ons leiers van menseregte dink!! Wat ‘n grap!!!

CHRISTA ·

Dit wys jou weer eens wat ons leiers van menseregte dink!! Wat ‘n grap!!!

Pierre Celliers ·

Vreemde verskeinsel, dat die AU leiers sy bestuurstyl in sy eie land goedkeur,
en sy tirannie prys en as vanselfsprekend aanskou, (anders sou hy nie as 91 jarige gekies gewees het nie). Miskien is dit omdat die hele AU soos hy dink(?)

Gerhard Bezuidenhout ·

Ja Mashabane wanneer jy niks beter gewoond is nie sal dit vir jou goed wees Die suurstofdief is die duiwel homself.

Babs ·

Mashabane weet ook maar nie van beter nie. As Mugabe ‘n bleek vel gehad het was hy gekruisig.

merkwaardig ·

Sommige sluipmoordenaars is ook “baie professioneel”

JZ ·

Professioneel, as jy al jou land in die afgrond in het,teverstande afkomstig van ons professinelle minister wat met die selfde handeling besig is in sy eie land.

Swanna ·

Maite Nkoana-Mashabane het self niks tussen die ore. Om Mugabe so op te hemel is logies want hulle het almal dieselfde denk wyse en soos Babs sê as hy ‘n bleek vel gehad het was hy gekruisig en die grootste rassis op aarde.

Rupert Ashford ·

Jy kan se van hom wat jy wil, maar dom is hy nie. Boos wel, maar nie dom nie. Hy kan hom goed gedra wanneer hy moet, en hy is ‘n goeie orator.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.