Ao. Hitler Ngwenya, woordvoerder van die polisie, het gesê die 26-jarige man en sy vriendin het geslaap toe die rowers omstreeks 03:00 gedwonge toegang tot die huis verkry het. Die man het glo gehoor hoe hulle inkom en het gaan ondersoek instel, waarna hy “verskeie kere” in die bors geskiet is. Hy is op die toneel dood.
Ngwenya het gesê die rowers het verskeie huishoudelike items gebuit voordat hulle op die vlug geslaan het. Hy kon nie bewerings dat die vrou ook in haar been geskiet is en ná die voorval gehospitaliseer is, bevestig nie.
Hy wou ook nie onmiddellik die paartjie se name bekendmaak nie, omdat dit moontlik die polisie se ondersoek kan beïnvloed. ʼn Saak van moord en huisbraak word ondersoek en niemand is nog in hegtenis geneem nie.
Vroeër vandeesmaand is Pieter Roets, ʼn 27-jarige vlieënier, ook deur drie gewapende rowers in sy huis op ʼn kleinhoewe in Muldersdrift oorval en vasgebind. In Januarie is Jannie Stander (47), ʼn bekende in veldren-kringe, tydens ʼn gewapende rooftog in sy huis in Muldersdrift doodgeskiet.
Maroela, plaas asb gereelde berigte van veiligheidsspesialiste en kundige polisiebeamptes wat ons inlig oor hoe ons onsself minder kwesbaar kan maak.
Idee: dalk help die – weet nie of Maroela dit gaan toelaat nie, (hopelik sal hul in belang van veiligheid)was in ‘n koerantjie aan die Wesrand.
krugersdorpnews.co.za/…/cpf-get-your-home-off-the-criminal-hit-list/
Dit wil voorkom of die modus operandi in baie gevalle die selfde is? Dit is ‘n patroon van optrede wat ooreenstem!
Witrivier vrou dood gevind
Malelane Man Dood gevind
Grootbrakrivier egpaar dood gevind
Muldersdrift Man dood geskiet
Dit gaan nie verander nie die lys gaan net langer en langer word Sterkte aan die families
Dit is die hoeveelste insident in muldersdrif die polisie gaan nie help hierdie inwoners moet strukture in plek kry en die gespuis uit die buurt dryf of nog mense gaan vermoor word
Ek stem saam met jou Koos. Die meeste blankes het hul wapens ingehandig en kan hul self nie verdedig. Die persone wat ons mense aanval is bewus daarvan, daarom dat hulle nie bang is om ons huise te betree nie. Hulle is ook lafhartig en werk in groepe saam. Ons sal regtig aan ander maniere moet begin dink om onsself te beveilig.
Bly net waar jy is en soek skuiling terwyl jy met jou vuurwapen hulle inwag.
MOET NOOIT NIE OOIT gaan kyk waar die geluid vandaan kom want hulle wag vir jou.
Hou jou kamerdeur gesluit (of nog beter ‘n veiligheidshek).
Slaap met daardie vuurwapen langs jou.
Mens is nerens meer veilig ni, ons het 2 weke terug in n kompleks ingetrek en nou hoor ek by verskeie van die ander inwoners hoeveel mense nie al in die spesifieke eenheid gebly het nie , hoeveel keer daar by die eenheid ingebreek is nie oor dit op die punt is. Nou le en wonder ek en beraam planne in my kop en gedagtes werk net oortyd, hoe is ons veilig? Waar gaan hul inkom? Wanneer gaan hul inkom? Gaan ons ‘exit’ plan werklik werk? Ens ens. In die oggend is mens dood moeg oor jy heelnag le en wonder wanneer is jy volgende! Ja mens bid, jy bid want die Here alleen kan jou help. Maar hoe dit deesdae gaan bid jy liewer vir n genadiglikker dood as n wrede een.
Wens julle het ‘n like of dislike funksie gehad
Dagsê Skapie
Dankie vir die terugvoer.
Ons maak later vanjaar ‘n groot aankondiging hieroor – bly ingeskakel!
Groetnis
Suné
nms Maroela Media