Munisipale beampte jare ná bedrogsaak vasgetrek

Argieffoto (Foto: Maroela Media)

ʼn Voormalige beampte van Madibeng- plaaslike munisipaliteit, wat Brits in Noordwes bedien, is Vrydag in hegtenis geneem in verband met bedrog van R30 miljoen.

Volgens kapt. Tlangelani Rikhotso, woordvoerder van die Valke, word die beampte verbind met die bedrogsaak van Gerard Jacques du Plessis (55), ʼn prokureur van Brits, wat R30 miljoen van die munisipaliteit gesteel het. Du Plessis is in 2019 tot 15 jaar tronkstraf hiervoor gevonnis.

Die verdagte was na bewering kop in een mus met Du Plessis en staan nou tereg op 17 aanklagtes van bedrog.

Maroela Media het vroeër berig die Brits Mall het Du Plessis aangestel om vanaf Februarie 2017 munisipale betalings namens die winkelsentrum te doen. Du Plessis het die betalings in sy sak gesteek en fiktiewe kwitansies aan die sentrumbestuurder verskaf.

Die bedrog het aan die lig gekom toe die munisipaliteit die winkelsentrum se water en ligte (weens wanbetaling) afgesny het.

Die verdagte sal na verwagting Maandag in die Pretoriase gespesialiseerde handelsmisdaadhof verskyn.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

H.A. ·

Die beampte gaan net oor die vingers getik word. Wit prokureur is al lankal in die tronk.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.