Myeni gekap oor hofonderonsie

Dudu Myeni, voormalige voorsitter van die SAL-raad. (Foto: ANA)

Dudu Myeni, voormalige voorsitter van die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL), word fel gekritiseer nadat sy Maandag in ’n onderonsie met ’n fotograaf van TimesLive en die Sunday Times betrokke geraak en sy kamera uit sy hand probeer slaan het.

Die voorval het hom by die Pietermaritzburgse hooggeregshof afgespeel waar oudpresident Jacob Zuma en die Franse wapenvervaardiger Thales se verhoor tot Mei uitgestel is.

Myeni, ʼn noue bondgenoot van Zuma, wou oënskynlik nie hê dat die fotograaf Sandile Ndlovu ’n foto van haar buite die hofsaal neem nie.

Luidens inligting het Ndlovu Myeni in gesprek met nog een van Zuma se ondersteuners, Carl Niehaus, gewaar en hulle saam afgeneem.

Myeni, Niehaus en Zuma se dogter, Duduzile Zuma-Sambudla, het vanuit die hofgebou se wagkamer aangestap gekom en Ndlovu het hulle genader om ’n foto te neem.

“Hulle was treë van my af toe ek die foto’s geneem het, maar voor ek eers kon dink, het Myeni my kamera gegryp en my rugsak getrek. Sy het gesê: ‘Hoekom doen jy dit? Hoekom doen jy dit?’ Sy het my probeer slaan, maar sy het gemis,” het Ndlovu ná die voorval vertel.

TimesLive, die Sunday Times en die Suid-Afrikaanse Nasionale Redakteursforum (Sanef) het die voorval veroordeel.

TimesLive en die Sunday Times het nou ’n beroep op Ronald Lamola, minister van justisie, en hoofregter Raymond Zondo gedoen om te verseker dat die land se howe ’n plek is waar joernaliste hul werk onbelemmerd kan voortsit en in staat gestel kan word om lesers, kykers en luisteraars oor sake voor die hof in te lig.

Sanef ondersteun dié beroep.

“Sanef is verbaas dat Myeni onbewus blyk te wees van die media se rol in die samelewing en die beginsel van ’n oop regstelsel wat in ons Grondwet verskans is,” sê die forum in ’n verklaring.

“Die media is verplig om verslag te doen oor gebeure in hofgeboue, individue en hul ondersteuners buite die hof af te neem en verrigtinge binne die hofsaal te dek met die toestemming van die hof se voorsittende beampte.

“Sanef herinner Myeni daaraan dat dit onwettig is om joernaliste te intimideer en dat sy die teenwoordigheid van die media by elke hofsaak moet verwag – ook haar eie – waar sy ’n beskuldigde in ’n kriminele saak voor die hooggeregshof in Johannesburg is.

“Ons herinner Myeni verder daaraan dat die poging om joernaliste te verhoed om hofverrigtinge aan te meld, inbreuk maak op die reg op vryheid van uitdrukking, verskans in artikel 16 van ons Grondwet. Sy moet ook besef dat elke burger die beskerming van ’n vrye pers, vryheid van spraak en die vrye vloei van inligting moet nakom aangesien dit die hoekstene van ons Grondwet is.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Swerwer ·

Weereens Zuma, Zuma se bondgenoot. Mooi man en so kring die kommunisme net al hoe weier uit

Watsenaam ·

Die media is nie altyd so onskuldig nie, en kan ook n gespanne atmosfeer gebruik om sensasie te veroorsaak.

Johann ·

Díe Zumaikie steur haar aan niks of niemand. Onaantasbaar.

In ander berig gewing se die fotograaf spesifiek dat sy haar gevra het “hoekom doen sy dit…as dit BLANKES WAS het sy dit nie gedoen nie?”

Dup ·

Dit gebeur wanneer kriminele vry buite rondloop en nie agter tralies is nie.Ek wonder wie onderhou die dame en of sy steeds sulke duur handsakke dra.

007 ·

Kla die gemors aan, sy het jou amper dood geslaan, dis poging tot moord. As die klag nie staan nie dan is sy seksisties omdat jy ‘n man is. Iewers in die boeke sal daar ‘n klag wees vir haar. Of dalk bedrog by SAL.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.