Mynbaas in hof oor miljoene se beweerde bedrog

Christopher David Kimber (Foto: Verskaf)

’n Suid-Afrikaanse sakeman het Woensdag in die landdroshof op Kimberley in die Noord-Kaap verskyn nadat hy na bewering ’n sakeman van die Verenigde Koninkryk uit miljoene rande bedrieg het.

Christopher David Kimber – eienaar van verskeie diamantmyne in die Noord-Kaap – het homself vanoggend by die Valke se kantore in Kimberley oorgegee voordat hy in die plaaslike landdroshof op twee aanklagte van bedrog en twee aanklagte van geldwassery verskyn het.

Kimber (62) is tydens dié eerste verskyning borgtog van R100 000 toegestaan.

Kapt. Bonnie Nxumalo, woordvoerder van die Valke, sê daar word beweer dat Kimber in 2013 met die sakeman van die Verenigde Koninkryk vergader het rakende ’n beplande belegging. Die sakeman wou glo 50% aandele in Kimber se ondernemings bekom.

Die sakeman het toe na bewering R147 miljoen in Kimber se bankrekening inbetaal. Die geld is egter glo na persoonlike bankrekeninge oorgeplaas en die belegging dus geensins gedoen nie.

Die sakeman het die saak by die polisie aangemeld nadat hy besef het dat daar geen teken van dié belegging was nie. Die Valke het sedertdien die ondersoek oorgeneem.

Kimber moet weer in Augustus in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

ES ·

Die land van ons is nou vrot van die skelms. Kan mens niemand meer vertrou nie?

Theresa ·

Dis eenvoudig, hulle let op ander kom daarmee weg, so dan ek seker ook…

Danie ·

Ek sien die ding so.Ander kom weg met moord die man het ook maar n extra rand probeer maak maar sy kleur is teen hom .Dadelik gearresteer en jare lange vervolging oppad.

Wat op dees Aarde ·

Ag nee man Danie! Lees die artikel behoorlik. Die skelm oom het homself aan die polisie oorhandig.

MJ ·

Nee Danie, as almal ‘n ding doen wat verkeerd is, is dit nie reg om maar ook so te maak nie.

Hendrik ·

Die misdaad kultuur deursuur ook nou die blankes. Geen skande meer nie en bevlek ook nou nie meer jou persoonlikheid en karakter nie. Tragiese verval.

Surfer ·

Waaroor die bohaai? Dis maar net R147 miljoen, n druppel in die diefstal emmer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.