Mynbestuurder dood in beweerde sluipmoord

Drie gewapende mans het op Nico Swart se voertuig losgebrand. (Foto: Verskaf deur RBM)

Nico Swart (47), algemene bestuurder van bedryfsdienste by die Richards Bay Minerals- (RBM-)myn in KwaZulu-Natal, is Maandag dood toe drie gewapende mans op sy voertuig losgebrand het.

Na bewering blyk dit dat die voorval moontlik ’n sluipmoord kon gewees het.

Volgens kapt. Nqobile Gwala het die voorval om ongeveer 06:45 op die hoek van Duneweg en Kolstertkring in Meerensee plaasgevind. Swart was op pad werk toe.

“Die slagoffer is deur drie onbekende mans, wat te voet was, doodgeskiet terwyl hy sy motor bestuur het. Hy is op die toneel dood verklaar.”

Volgens Gwala is die motief vir die moord onbekend en word die saak tans deur die polisie ondersoek.

Luidens plaaslike mediaberigte het nagenoeg 20 hoëkaliber-koeëls Swart se motor ten aanskoue van ander motoriste en voetgangers getref. Die pad was glo baie besig.

Zanele Zungu, RBM-woordvoerder, sê Swart het hom in 2006 by die maatskappy aangesluit. Hy word deur sy vrou en twee kinders oorleef.

“Ons opregte medelye en simpatie gaan aan sy familie, vriende en kollegas.

“Die maatskappy sal sy volle samewerking gee om die polisie in die ondersoek na dié ernstige saak te ondersteun.”

Zungu sê dat Swart oor die jare verskeie leierskapsposisies by die myn beklee het, waarvan baie ’n sterk fokus op die veiligheid en gesondheid van werknemers en kontrakteurs gehad het.

Dít, sê Zungu, is iets waarvoor Swart ’n groot passie gehad het.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Toy ·

Die mans moes geweet het hy ry elke dag daai pad en ‘n spesifieke tyd werk. Ai dit is hartseer.

Linx ·

Natuurlik,dit is hoekom dit as n moontlike sluipmoord geag word.

Anel ·

Waar is die opstande nou? Is die 72 uur plan of wat ook al in werking gestel? Waar is hoed se kommentaar? Hy wat ons wil ontwapen!
Baie sterkte aan die familie en vriende van meneer Swart.

Elize ·

Hulle het die baan geskep vir een van hulle kaders om hierdie pos te kry.

Althes ·

Wat is die motief?
Dis verskriklik hartseer. Mag die skuldiges gevang word.
Is daar al ñ 72uur aksieplan in werking?

Tanniepetoors ·

Hoekom? Om hom te vervang met ‘n onbevoegde persoon wat net niks gaan omgee vir enigiemand anders behalwe homself nie?
Uiters tragies. Baie, baie simpatie aan familie, vriende, kollegas en hierdie onderneming wat skynbaar ‘n groot man verloor het.
Hoe regverdig enige regdenkende mens so ‘n daad? Dan weer, idiote wat magsbehepte, wannabee diktators aanbid sal enige waansinnige opdragte uitvoer en dink hulle gaan guns bekom.

Magda G ·

Wonder of daar nou na die skieters gesoek sal word. Twyfel baie sterk. Kriminele is mos kroonwild

Androclus ·

Afguns en jaloesie is lelik aan die orde van die dag.
Dis hartseer.

Kokerboom ·

Lewe beteken vir die mense totaal NIKS..nog al die jare die geval!!
Die ANC pandemie is besig om ons land stadig maar seker dood te wurg!!!

Androclus ·

Net onvolwasse mense wil terugbetaal, wil die skaal in hulle guns swaai.

Corne123 ·

Nou se ek weer hulle wil nie be ons moet wapens he vir selfverdediging nie maar sulke ding gebeur

Linda ·

Wow.. dit is so hartseer. Was daar nie so n rukkie terug n CEO van Arcellor Mittal in Vanderbilj Park, ook op so n wrede manier uitgehaal nie? Ook geskied in sy motor oppad werk toe? Is dit hoe dit werk nou? As hulle nie hulle sin kry nie word die bestuur dood geskiet oppad werk toe. 20 Skote en dit gedurende die besigste tyd van die oggend. Wat van die ander mense en kinders wat daai paaie gebruik.. Niemand is nerens meer veilig nie.

Andre ·

Dit is ongelukkig vandag die land waarin ons bly ; so hierdie afgryslike dade is nie meer’n rare voorval nie en al wat ons kan sê is “ dankie dit is nog nie ek nie”
Vertrou God sal sy mense dra deur hierdie tye en dat die wiel sal draai

Aai ·

Die hardwerkende man was seker in die pad van ‘n korrupte een.Sterkte daar vir sy familie.

Tokkel ·

Sterkte aan jou familie en kollegas…RIP!
Wonder of die sluipmoordenaars lisensies gehad het vir die aanvalsgewere, Mr Cele?

Spook ·

Hy wou seker nie vir opgeblaasde pryse by SEB manne betaal nie

Suid-Afrika Eerste - Vrydenker Vlakvark ·

Gewetenlose koelbloedige moordenaars.
Wat sou die motief wees? ‘n RBM-kaping-in-proses? En wie is die poppemeester?
Al my medelye met die familie.

Louise ·

@Anel, dat hoed n minister is laat my elke liewe dag stom…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.