N2 by Plett gesluit weens betogings

Argieffoto: memyselfaneye (Pixabay)

Die N2-hoofweg by Plettenbergbaai in die Wes-Kaap is sedert Maandag as voorsorgmaatreël gesluit te midde van betogings wat vandeesweek in dié gebied woed. Verkeer word via alternatiewe roetes herlei.

Drie betogers is tot op hede in hegtenis geneem op aanklagte van openbare geweld en sal binnekort in die hof verskyn. Dit is nie seker waarom hulle betoog nie.

Sers. Christopher Spies, woordvoerder van die polisie, het Vrydagoggend aan Maroela Media gesê lede van die polisie se eenheid vir openbare orde is vandeesweek na die hoofweg ontplooi nadat betogings reeds Maandag in die omgewing van Plettenbergbaai opgevlam het.

Groepe betogers het op verskillende plekke op die N2 bymekaargekom, die pad met brandende voorwerpe versper en voertuie met klippe bestook.

Spies het Vrydag gesê polisiebeamptes is steeds in die omgewing ontplooi om die situasie te monitor. Dít terwyl naburige polisiestasies Donderdag ook van hul lede in die omgewing ontplooi om lede van die polisie se eenheid vir openbare orde by te staan.

“Hierdie magte sal op die grond bly totdat die situasie gestabiliseer het.”

Jandré Bakker, woordvoerder van die provinsiale departement van vervoer, sê die N2 by Kleinkrantz in die omgewing van Wildernis was Donderdag vir ’n kort tydperk gesluit, maar is intussen weer oopgestel.

Volgens Bakker moes die N2 by Nekkies ook vroeër gesluit word weens protesoptogte, maar is daar in dié stadium geen onluste in die omgewing van Knysna nie.

“Die situasie word gemonitor en wetstoepassingsagentskappe sal nie huiwer om die pad weer te sluit indien protesoptrede hervat word nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Ovelia ·

Wanneer gaan hul ophou? Hul vernietig alles en polisie is magteloos. Kan hul nog die water kanon gebruik?

Surfer ·

Polisie is nie magteloos nie, hulle word bevel om nie die ANC kiesers kwaad te maak nie.

Zet ·

Hulle gaan nooit ophou solank hulle elke keer hul sin kry nie. Hulle plak op grond wat nie aan hulle behoort nie en daarna demand hulle dienste waarvoor hulle in elk geval nie van plan is om voor te betaal nie. Onwettige elektriese aansluitings veroorsaak sterftes waaroor hulle kwaad raak (dis mos nie hulle skuld nie). En toi-toi wanneer Eskom die onwettige krag stelery wil ontkoppel. So maak maar ‘n keuse waaroor die proteste gaan. Kan enige een of almal van hierdie redes wees.

Misky ·

Daai laaste sinnetjie is die probleem…… Die pad word maar net weer gesluit sodat hulle verder kan amok maak en die polisie staan en bekyk (monitor) die anargie. Ons, die belastingbetalers, word ontwrig en moet maar die ompad ry. Kan die owerhede nie gesonde verstand gebruik en die probleem by die wortels uitroei nie????

Pampoen ·

Ek het grrot simpatie met mense wat nie krag, water of riool het nie. Maar die vraag is hoeveel van die ouens wat betoog se munisipale rekening is agterstallig?

Kokerboom ·

Die situasie landswyd ruk hande uit.. Die vervlakste plakkers word oral direlk langs hooftoevoerroetes toegelaat en dei ekonomie gekaap. Ekt nie meer woorde vir die nasionale ANC gemors.

Surfer ·

“Die situasie word gemonitor en wetstoepassingsagentskappe sal nie huiwer om die pad weer te sluit indien protesoptrede hervat word nie.” Kan jy glo?????? Moes gelees het: “Sal onmiddelik die kriminele toesluit om die pad onmiddelik oop te stel”

Johnny ·

Waarom hou die media vol om hierdie vandalisme en oproerigheid as “betogings” te bestempel?

Die Boerepompie ·

Ek wens dat die ANC vir vang kan word met mense wat kan en wil dins gee aan alle mense van RSA so dat die soord ding kan stop .Dan sal dit beter ment ons amal gaan

Danie ·

Die plaaslike owerhede moet n slag verantwoordelik aanvaar.
Hulle laat in die eerste plek toe dat mense direk langs hoofpaaie hul hokke opslaan.
En wegkom met sulke militante gedrag.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.