Naweek eindig op fase 4-noot

(Foto: Sten Ritterfeld / Unsplash)

Fase 4-beurtkrag sal Sondag van 14:00 tot Maandag om 05:00 geïmplementeer word gevolg deur fase 3.

Dié fase sal Maandag van 05:00 tot 16:00 geld gevolg deur fase 4 van 16:00 tot Dinsdag om 05:00.

Soos sake nou staan, sal beurtkrag vanaf Dinsdag tussen fase 2 en fase 4 wissel.

Eskom sê ʼn opwekkingseenheid elk by die Camden- en Matla-kragstasie is die afgelope 24 uur weer in diens gestel. ʼn Opwekkingseenheid elk by die Duvha-, Grootvlei-, Kriel- en Matla-kragstasie is egter gedurende dié tyd buite werking gestel vir herstelwerk.

Eskom ervaar ook tans ʼn vertraging in die terugkeer van ʼn opwekkingseenheid by Kendal en twee opwekkingseenhede by Tutuka.

Die kragvoorsiener sê dié vertraging dra by tot die huidige kapasiteitsbeperking.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.