Nicolette ook op parool vrygelaat ná moord op ouers

Hardus Lotter (links), Mathew Naidoo (middel) en Nicolette Lotter (regs) destyds in die hof. (Foto: Giordano Stolley/SAPA)

Nicolette Lotter wat destyds saam met haar broer en voormalige kêrel skuldig bevind is aan die moord op haar ouers in 2008, is vandeesweek op parool vrygelaat.

Singabakho Nxumalo, woordvoerder van die departement van korrektiewe dienste, het aan Maroela Media bevestig Lotter is Dinsdag uit die Westville-gevangenis naby Durban in KwaZulu-Natal op parool vrygelaat.

Volgens Nxumalo het Lotter agt jaar van haar vonnis van 12 jaar uitgedien.

Lotter is in 2012 saam met haar broer, Hardus, en haar voormalige kêrel, Mathew Naidoo, in die Durbanse hooggeregshof skuldig bevind aan die moord op Johnny (53) en Riekie (52) Lotter. Die Lotters is op 19 Julie 2008 in hulle huis in Westville vermoor.

Johnny en Riekie Lotter.

ʼn Regter het destyds bevind dat Nicolette en haar broer deur Naidoo, die meesterbrein agter die moorde, beïnvloed is.

Maroela Media het vroeër berig die hof het gedurende die verhoor gehoor dat terwyl Lotter haar ma met ʼn mes doodgesteek het, sy aan haar gesê dat dit God se wil is.

Dít nadat Naidoo beweer het dat hy die derde seun van God is, en dat God wou gehad het haar ouers moet sterf aangesien hulle gesondig het. “As Mathew nie oor God gelieg het nie, sou dit nooit gebeur het nie,” het Lotter gedurende die verhoor getuig.

Naidoo is destyds twee keer lewenslange tronkstraf opgelê vir sy aandeel in die moord op sy voormalige meisie se ouers terwyl Hardus tot tien jaar tronkstraf gevonnis is vir die moord op sy ouers. Hardus is in 2018 op parool vrygelaat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Gideon ·

Maroela media ek vermoed die kommentaar onderaan die foto is foutief. Dit sê hulle is verlede week skuldig bevind. Dit moet seker sê “vrygelaat”.

Megan Swart ·

Dagsê Gideon
Dankie vir jou ‘n kommentaar. Ons vra om verskoning vir die verwarring. Die byskrif is gewysig.
Dankie! Groetnis
Megan
nms Maroela Media

Delon ·

Exo 20:7  Jy mag die Naam van die HERE jou God nie ydellik gebruik nie, want die HERE sal die een wat sy Naam ydellik gebruik, nie ongestraf laat bly nie. 

JohanR ·

En 2020 is ‘n lekker jaar vir 19001 om uit die tronk te kom. The increase in crime lately…..is it because of these released prisoners? Soe te se, is dit nie verskriklik van die gevalle in die laate 15 jaar waar kinders hulle ouers en sibies vermoor het nie. Ek dink onlangs aan van Breda, en dan was daar die Griekwastad moorde, en ek onthou ook ‘n Ma wat deur haar dogter en kerel in Vishoek verwurg is, en ek is seker daar was ander. Ek het stry gekry met my ouers maar om hulle darem te probeer om die lewe bring…net te erg!

summie ·

ABSOLUUT SKOKKEND DAT HULLE OOIT VRYGELAAT IS, GELUKKIG SLAAP ONS GOD NIE.

Ysgodin ·

Daar was onlangs ‘n paar mense wat raad gevra het op Legal Talk SA, op Facebook, oor die vrylating van die 19 000 gevangenes. Een van hulle was ‘n vrou wie se verloofde haar probeer vermoor het, en hy is wraggies een van die 19 000 wat vrygelaat is. Toe sy na die parool beampte toe gaan en vra wat nou, want sy voel onveilig, moes sy hoor nee, hy moet eers iets DOEN voordat hulle hom weer kan opsluit! Die ander vrou, weer, se broer was in die tronk vir verkragting en poging tot moord, en is ook vrygelaat, en woon nou saam met haar EN HAAR KLEIN DOGTERTJIE in haar pa se huis. Sy kan hom nie uitsit nie, want die huis behoort nie aan haar nie. Sy het presies dieselfde antwoord van die parool beampte gekry.

JohanR ·

Anel – jy kan vir Sannie Soutpot en Abel Treklavier vermoor en nie lank sit nie. Maar vermoor vir ‘n politikus dan sit jy vir altyd. Sou dink dit moet omgeswaai word! Ek het al gesien waar baie wit mense hulle aanvallers in die laaste 30 jaar vergewe, maar van die Hani gesin is daar niks omvergifnis nie!

Niklaas ·

En hulle 2, die broer en suster, sal sekerlik berou hê vir die res van van lewens.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.