Nog 3 vas oor ‘video-moord’

Thoriso Themane (Foto: ANA)

Nog drie mense is in Polokwane in Limpopo in hegtenis geneem in verband met die wrede moord op die plaaslike musikant Thoriso Themane.

Themane (27) is Saterdagaand in die Florapark op dié dorp aangerand waarna hy vir dood agtergelaat is. Themane was glo op pad huis toe van ʼn musiekoefening by sy kerk toe hy deur ’n groep skoolseuns oorval en aangerand is.

Volgens brig. Motlafela Mojapelo, woordvoerder van die polisie, is die drie verdagtes, almal 36 jaar oud, Donderdagaand op verskillende plekke in Polokwane in hegtenis geneem.

Dít volg nadat dit bekend geword het dat dié drie glo tydens die aanval op Themane op die toneel afgekom het, waarna hulle na bewering ingespring en deelgeneem het, verduidelik Mojapelo.

Die drie sal Maandag by die ander ses verdagtes aansluit vir die tweede hofverskyning in die saak. Dit bring die totale getal verdagtes in die moord op Themane op nege te staan.

Vyf van die skoolseuns het gister in die Polokwane-landdroshof verskyn in verband met die moord. Hofverrigtinge is egter uitgestel nadat ʼn sesde skoolseun in hegtenis geneem is.

Die seuns het na bewering Themane se moord op kamera vasgelê waarna video’s daarvan wyd op sosiale media versprei is.

Een van dié video’s wys hoe ʼn bebloede Themane gesleep, geslaan en geskop word. ʼn Ander wys hoe Themane se oënskynlik lewelose liggaam straat af gesleep word.

’n Derde video wys hoe een van die seuns, geklee in ’n skooluniform, oor die moord spog waarna hy beweer dat niks met hom sal gebeur nie, aangesien sy pa glo onaantasbaar is. Dié seun se pa is ’n afgetrede polisiebeampte.

Honderde ontstoke lede van die gemeenskap het vandag deur die strate van Polokwane na die plaaslike polisiekantoor beweeg om te eis dat geregtigheid geskied. Die protesoptog het onder die hutsmerk #JusticeForThoriso plaasgevind. Die meeste protesgangers het swart klere gedra en motorfietsryers en politieke partye het ook by die optog aangesluit.

Die plaaslike koerant, Polokwane Review, berig dat nog ʼn optog wat gereël is deur Themane se familie en vriende, vanmiddag sal plaasvind. Dié optog sal van die park waar Themane aangeval is tot by sy huis beweeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Dee ·

Mag geregtigheid geskied, nie net hier met die hofsaak nie, maar ook geregtigheid uit God se hand.

Spyker ·

waar hou wreedheid op…..wat is julle dat julle so wreed is. Geen gevoel vir n ander nie. Hoe tragies die seun kom van n kerk oefening af en word so wreed vermoor. Jammer vir sy ouers

Skroef ·

Kyk hoe wreed was pi erre de neck er ook vermoor. Videogrepe was aam sy pa gestuur en nie!and is tot nog toe aangekeer nie.

Elizabeth 111 ·

‘n Groep ‘skoolseuns’ wat 36 jaar oud is?? En dan moet my kinders saam met sulke boewe op die skoolbanke sit

Trieng-trieng ·

Die 3 wat nou ge-arresteer is, is 36 jaar oud. Nie die skoolkinders nie.

Mariné Lourens ·

Dagsê Elizabeth 111

Dankie vir jou kommentaar. Let asseblief daarop dat die eerste ses verdagtes wat in hegtenis geneem is almal nog op skool is. Hulle is tussen 15 en 16 jaar oud. Die drie verdagtes wat gisteraand in hegtenis geneem is, is volwassenes. Hulle is almal 36 jaar oud en nie skoolseuns nie. Hoop dit klaar die verwarring op.

Groete
Mariné
nms Maroela Media

Karlien ·

Lees die artikel met begrip.
Hier behoort sommige mense dalk terug te gaan skool toe.

Maria ·

Wat so julle gemaak jou eie kind as weerlose teen 9 moet baklei dit sinneloos dan kry hom op n Sondag volgende dag genade hy moes seker ook gelei het met geen harte. Ek sou my kop af geraak het my eie kind op videos versprei word sal altyd op jou kop spook. Ja vorig kommentaar is reg end tyd naby lees gerus Openbare 9:10 gaan erger word.

GM ·

Ek wil graag weet hoe hulle dit regkry. Is hulle gekloon sonder ‘n siel? Want ek kan nie dink dat ‘n mens so kan ontaard nie. Eens op ‘n tyd moes hul tog babas gewees het wat gelag en gespeel het. Watt kan so erg verkeerd gaan dat jy so kan uitdraai dat dit vir jou lekker is om iemand te vermoor?
Dis net lafaards wat 9 teen 1 baklei. Niks om op trots te wees nie.

Mens mag nie haat nie, maar hoe vergewe mens sulke mense?

Sterkte aan die man se ouers en naasbestaandes. Niemand verdien dit wat met hulle gebeur het nie.

Elizabeth 111 ·

@ Karlien en Chirpikee:
Hehehehe , guilty as charged.
Ek hoop in elk geval hulle sit nogsteeds teen die tyd dat hulle 36 jaar oud is.

Wiki ·

Ek stem @GM. hulle is sielloos. Dit is duidelik n bende moord. Voordat jy geïnisieer kan word in n bende moet jy iets dergliks aanvang en meeste van die tyd n moord pleeg. Dit is siek verby

jaco ·

lyk my as “our people” lelike goed doen aan “our people”, dan is die SAPD nogal wakker om vinnig die verdagtes te vang.
Maar as wit mense die slagoffers is, sloer die polisie. verdagtes wat wel gevang word kom op ligte borg uit, sake word keer op keer uitgestel. party sake word uitgegooi, en diegene wat wel skuldig bevind word, kry maar ligte vonnisse.

Chris Weideman ·

Ek wonder hoekom ons vriend Malema en sy trawante so still is oor die Gruwel Daad.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.