Nóg Backstreet Boys-konserte beplan

Die Backstreet Boys. (Foto: Gerardo Mora/Getty Images North America/Getty Images via AFP)

“Backstreet’s back, alright!”

Aanhangers van die gewilde popgroep, Backstreet Boys, het beslis nie op hul laat wag om kaartjies vir dié groep se kuiertjie in Suid-Afrika later vanjaar aan te skaf nie.

Kaartjieverkope het op Woensdag 22 Februarie vir Discovery-kliënte geopen, en het tot so ’n mate uitverkoop dat daar besluit is om twee ekstra vertonings te reël.

Big Concerts het vroeër vandeesmaand bevestig dat Backstreet Boys, bestaande uit Nick Carter, Howie Dorough, AJ McLean, en neefs Brian Littrell en Kevin Richardson, se DNA World Tour op Dinsdag 16 Mei in Kaapstad by die Grand Arena, Grandwest, afskop. Op Vrydag 19 Mei is hulle by SunBet Arena, Time Square in Pretoria, te sien.

Nadat dié twee konserte uitverkoop het, is daar besluit om nog twee konserte by die toer te voeg. Die popgroep gaan nou ook Woensdag 17 Mei by Grand Arena, Grandwest, en Saterdag 20 Mei by SunBet Arena, Time Square, te siene wees.

Backstreet Boys se internasionale toer het in Mei 2019 afgeskop met uitverkoopte konserte in Noord-Amerika, Europa, Asië en Suid-Amerika. Dit is die groep se grootste arenatoer in 18 jaar, en dit is te danke aan die wêreldwye sukses van hulle tiende ateljeealbum, DNA, wat vroeg in 2019 uitgereik is. Die album is vir ʼn Grammy-toekenning genomineer en het gou trefferstatus bereik.

Kaartjies kan vanaf Vrydag 24 Februarie om 09:00 gekoop word by Ticketmaster.

Kyk hier na ʼn musiekvideo as lusmaker vir die konsert:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Ronel ·

Hoop hulle onthou om hulle eie kragopwekkers saam te bring!

Mnr De Beer ·

Sodra die ligte afslaan begin die deuntjie van hul ou liedjie “Show me the meaning of being lonely”

Hennie ·

Hulle pensioen het n aanvullertjie nodig. Al rede hoekom hulle in SA is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.