Nóg bates bevries te midde van skole-ontsmettingskandaal

Argieffoto bloot ter illustrasie. (Foto: Ayanda Ndamane/ANA)

Die spesiale ondersoekeenheid (SOE) het nou ʼn bewaringsbevel ten bedrae van R22,4 miljoen bekom om die bankrekeninge en bates van nóg sewe diensverskaffers betrokke by Gauteng se skole-ontsmettingskandaal te bevries.

Dié bewaringsbevel is bykomend tot die bewaringsbevel ten bedrae van R40,7 miljoen wat verlede maand in die saak toegestaan ​​is.

Die bates en bankrekeninge van Chachulani Group Investment Holdings, Muta Investment Holdings, Netvision Energy Savers, Psychin Consulting, Home Ground Trading 1105, Mpale Investments Holdings, en die Naledzi Investment Trust mag nou ingevolge ʼn bevel van die spesiale tribunaal bevries word.

Die SOE het Dinsdag bekend gemaak dat dié maatskappye geld van die Gautengse departement van onderwys ontvang en dit toe dadelik begin uitgee het. Die maatskappye het glo groot betalings aan onbekende ontvangers gemaak om van die geld ontslae te raak.

Van die geld is vir reis, verblyf en die terugbetaal van lenings aangewend. “Dit blyk dat die maatskappye van die geld ontslae geraak het om enige aanspraak wat die SOE op die geld mag hê ongedaan te maak.”

Maroela Media het vroeër berig die Gautengse departement van onderwys het binne net drie maande R431 miljoen bestee aan die ontsmetting van skole in die provinsie.

Luidens ʼn verslag wat vroeër vanjaar aan die provinsiale wetgewer se komitee vir onderwys voorgelê is, het die departement slegs enkele miljoene vir die ontsmetting van skole begroot, maar meer as R400 miljoen is daaraan bestee, terwyl die lys van diensverskaffers eindelik meer as 200 was.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Josua ·

Al die verdagtes moet voor ‘ n hof gebring word en as hul skuldig bevind word ter dood veroordeel word want dit is niks anders as ‘n poging tot massa moord nie daar is geen ander beter gepaste uitspraak hiervoor nie punt!!!

Andries ·

Hul moet die LUR ook ondersoek. Erens is ‘n slang in die gras.

Genis ·

En die minister van onderwys weet van niks? Kom weer skotvry af…

Magda G ·

Gulsigheid het weer geseevier. Die Dept v Onderwys kon soveel skole, vernaam in landelike gebiede, opgeknap het. Maar toe word daar eerder aan vet beursies gedink. Die geld moet alles terugbetaal word. Kry vir julle

James ·

Dit is hoekom ons moet weg beweeg van BEE Supliers. Hulle is daar om hulle self te verryk en nie om n diens te lewer nie. Hoekom gebruik die Staat nie liewer bestaande besighede wat hulle weet die diens kan gee nie. Dit is nie nou die tyd om maatjies te verryk nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.