Nog een vas oor diefstal van renosterhorings by Parkeraad  

(Foto ter illustrasie: SAPD)

ʼn 46-jarige man sal na verwagting Maandag in die Mahikeng-landdroshof verskyn in verband met die diefstal van renosterhorings uit die Noordwes-parkeraad se hoofkantoor.

Hy is die derde verdagte wat in verband met die diefstal in hegtenis geneem is. Volgens lt.kol. Tinyiko Mathebula, Valke-woordvoerder, is die verdagte Vrydag in Rustenburg in hegtenis geneem.

Die ander twee verdagtes, Lindani Mthombeni (32) en Elias Mangande (40), het Donderdag vlugtig in die Mahikeng-landdroshof verskyn en die saak is tot komende Vrydag uitgestel wanneer hulle na verwagting om borgtog sal aansoek doen.

Die drie verdagtes word verbind met ʼn voorval op 26 Junie waartydens 51 renosterhorings uit ʼn kluis van die Noordwes-parkeraad gesteel is.

Maroela Media het vroeër berig vyf voertuie, wat vermoedelik ook in die pleeg van die misdaad gebruik is – ʼn Range Rover, Land Rover, BMW, Nissan X-Trail en Honda Civic – is reeds geskut vir verdere ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Di ·

Hoop regtig nie dat hulle “BORG” toegestaan word nie! As hulle eers uit is kry jy hulle nooit weer nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.