Nog geen reaksie oor landbou-verligtingsfonds nie

Minister Thoko Didiza. (Foto: Jairus Mmutle/GCIS)

Die Demokratiese Alliansie sal opvolg parlementêre vrae rig aan die minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling oor vorige geskrewe en mondelingse vrae oor die begunstigdes van die R1,3 miljard Covid-19-ondersteuningsfonds vir landbou.

“Alhoewel [minister Thoko Didiza] onder druk opgemerk het dat sy die antwoord op die parlementêre vraag aan die DA sal verskaf ‘indien ons dit regtig wil hê’, het ons nog steeds geen inligting ontvang nie,” het Annette Steyn, die DA se skaduminister van landbou, in ʼn verklaring gesê.

“Wanneer is die minister van plan om die inligting te verskaf? Sy moet toegang daartoe hê, aangesien sy dit maklik aan die speaker van die nasionale vergadering, die voorsitter van die nasionale raad van provinsies, en die voorsitters van die portefeuljekomitee en kieskomitee kon gee, sonder dat hulle daarvoor gevra het,” het Steyn aangevoer.

Indien die minister versuim om die nodige inligting voor 19 Oktober 2020 te verskaf, 10 dae ná die DA sy vrae op 9 Oktober ingedien het, kragtens die reëls van die nasionale vergadering, sal die DA ʼn versoek kragtens die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting (PAIA) indien.

Die DA het vroeër skriftelik die voorsitter van die portefeuljekomitee oor landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, Zwelivelile Mandela, versoek dat die saak dringend op die agenda geplaas word. “Dit het nie gebeur nie en die voorsitter het ook nie hoegenaamd op die DA se redelike versoek reageer nie.”

Deur die DA se parlementêre vraag te ignoreer, wat oorspronklik op 29 Mei 2020 ingedien is, het minister Didiza haar minagting gewys om vir die parlement te werk, het Steyn bygevoeg. “Dit verstewig die vermoede dat die minister probeer om korrupsie te verbloem. Wie het uiteindelik voordeel getrek uit die R1,3 miljard Covid-19-ondersteuningsfonds vir landbou? Die minister se optrede laat dit blyk of dit ANC-beamptes en makkers was.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Persheks Adri ·

As ons die inligting soek? Ja ons soek dit en gou ook ons praat van R1,3 miljard duh

Baas van die plaas ·

Dank die ANC regering af en begin voor met ‘n nuwe demokrasie #VoetsekANC

Pieter ·

Ons blanke nasie wil nie wakker skrik nie ons boere laat toe dat die ANC met ons mors.

Scalla ·

Sy het n plaas verniet van die staat ontvang en daar gebeur niks, so as plaaseienaar is sy en die speaker modise dus boere.

Magda ·

is daar nog R1.3Miljard ooit beskikbaar – seker lankal al verdeel tussen vriende en familie. Dis hoekom DA geen antwoord kry nie – Dit is nou maar ANC se Logo – ons sal antwoord of ons sal teurg kom – Eish man Eish julle vra moeilike vrae Eish man

Adeline ·

“Vermoede” – Dit is nie ‘n vermoede van misdaad nie – dit is feite wat duidelik uitwys dat die stilswye en die arrogansie waarmee inligting tov die waarheid toegesmeer word deur leuens – een feit staan konkreet vas en kan nie beweeg word nie en dit is die waarheid – die leuens baar leuens en dan word die vrag van leuens so swaar dat dit self deur die leuenaars openbaar word in spraak en optrede. Die cANCer se tradisionele voos vrot korrupsie lê so diep in hulle senter van hulle bestaan want hulle is so gebore en groot gemaak om so te wees….. verseker

Grassie ·

Die geld is sekerlik gegaps en die vertragingstegniek word gebruik om een of ander verduideliking uit te dink. Ons het in die Zuma-era gedink korrupsie het ‘n hoogtepunt bereik, maar dit lyk vir my hy was net maar ‘n amateur teen vandag se regeerders. Hy het miljoene laat verdwyn maar vandag se regeerders gaps miljarde. Ons het nou regeerders wat hierdie land “regeer” sonder eer, sonder gewete en wat besig is om die land te laat sink soos ‘n klip.

JohanR ·

Ons die ANC moet eers skep, en dan wat oorbly kan julle kry. Julle moet net julle beurt afwag en moenie soe gulsig wees nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.