Nóg ʼn aanval by Malmesbury in Wes-Kaap

Malmesbury in die Wes-Kaap. (Foto: Facebook)

Die polisie is op soek na drie gewapende aanvallers wat Maandag in die vroeë oggendure op ʼn kleinhoewe naby Malmesbury toegeslaan het.

Dit is die tweede aanval die afgelope naweek in dié distrik.

Sers. Noloyiso Rwexana, polisiewoordvoerder, het gesê die jongste voorval het vanoggend omstreeks 03:00 plaasgevind.

“Volgens die beskikbare inligting het die slagoffer en sy vrou gelê en slaap toe hy ʼn geluid by die voordeur gehoor het,” het Rwexana gesê.

Drie mans, twee gewapen met vuurwapens en die ander een met ʼn breekyster, het die twee gedreig, vasgebind en verskeie items uit die huis gesteel.

Die man het hoofbeserings tydens die voorval opgedoen, het Rwexana gesê.

“Die verdagtes het te voet van die toneel gevlug en is nog op vrye voet.”

Maroela Media het Sondag berig ses mense is in hegtenis geneem in verband met ʼn rooftog in dieselfde omgewing, danksy die vinnige reaksie van polisiebeamptes.

Lt.kol. Andrè Traut, polisiewoordvoerder, het gesê polisielede het Saterdag omstreeks 19:45 gereageer op ʼn klag van ʼn huisroof op ʼn plaas in die gebied. “Sewe gewapende verdagtes het ʼn pa en sy twee seuns, onderskeidelik 17 en 20 jaar oud, by hul huis oorval en aangeval. Hulle het met persoonlike besittings van die toneel gevlug.”

Die polisie het ses vermeende betrokkenes kort daarna sowat 3 km van die toneel aangekeer. Hulle is tussen 23 en 27 jaar oud.

Traut het gesê die polisie is op soek na ʼn sewende persoon wat steeds op vrye voet is.

Ian Cameron, hoof van gemeenskapsveiligheid by AfriForum, het gesê die organisasie sien beslis ʼn toename in die getal voorvalle in dié gebied.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

WONDER ·

Sal graag wil weet waar die kleinhoewe geleë is. Dit raak alhoe erger omdat Malmesbury naby geleë is aan die grootste plakkerskampe en op die hoofsnelweë is.

humor ·

Moet maar nooit nooit sonder jou vuurwapen jou kamer verlaat nie. Nog beter le in jou bed gereed en as hy in die deur verskyn doen dan wat nodig is. Hy het absoluut geen reg om daar te wees nie.

Kobie Welgemoed ·

Is die mense paraat genoeg.? Hou jou wapen naby en skiet om dood te skiet. Dit is al wat jou gaan red.

Kolskoot ·

Kobie nou praat jy.
Plaas eenvoudig n ordendlike veiligheidshek voor jou kamerdeur en sorg dat jou wapen byderhand is mense is n paraat nie

Koos ·

Die DA skuif die Transkei na die Kaap. Plaaslike mense sit sonder werk. Misdaad raak al hoe erger. Die oorsaak van die aanvalle is die DA self! Armoede is nou oral en as mense longer is, is misdaad die uitweg. Die DA se beleid van , one SA for all, en die werkreservering, huis en dienste verskaffing aan die nuwe immigrante in die Kaap, lok die DA nuwe immigrante. Die voltooiing van die Nguni se migrasie na die suidpunt.In die DA se strewe na mag bedrieg hul almal deur die media om te glo dis polities korrek. Binne n paar jaar het die plakkerskampe van 270 gegroei na 400+. Die Xhosas het van n paar duisend gestyg na amper 40%.
Die VF se beleid van gee eerder plaaslike mense werk en behuising sou die stroom immigrante laat omkeer. Peter Marais het ook genoem dat as jy premier sou word sal jy n referendum uitroep v n eie Kaapland.
Alle DA stemmers, aanvaar maar jul lot, jul is die oorsaak van onskuldige inwoners se veiligheid en het geval vir DA propaganda!!!!!

Koos ·

Die DA moet maar pa staan.. Arme polisie moet hul gemors opruim. Misdaad neem erg toe. Die afgelope paar jaar het plakkerskampe vir immigrante uit ooskaap van 270 na 400+ gestyg. Hul word werk gereserveer, Huis en dienste gegee. Oorspronklike inwoners sit wonder werk…..
Dankie vir DA kieser wat my lewe onveilig maak in my eie land, soos paaie, huise, Tafelberg..Stem volgende keer VF. Hul het ten minste n oplossing om eerder plaaslike mense werk te gee en die immigrante stroom om te draai. Ook veg hul vir ons eie taal en kultuur wat die DA vertrap in howe, polisie, staatsdiens.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.