Nog ʼn massaskietery eis ses

Die toneel waar ses mense by ‘n snoepwinkel doodgeskiet is. (Foto: Saps)

Ses mense is dood in die soveelste massaskietery oor ʼn naweek, dié keer by ʼn snoepwinkel in Marianhill, KwaZulu-Natal.

Volgens die polisie se inligting het ʼn groep mans omtrent 19:30 by die winkel aangekom en op die klante losgebrand. Ses mense, tussen 30 en 65 jaar oud, is op die toneel dood. Dit sluit in die eienaar van die winkel en sy twee seuns. Nog ʼn persoon het skietwonde opgedoen en is na die hospitaal geneem.

“ʼn Voorlopige ondersoek het aan die lig gebring dat die winkeleienaar en sy seuns dalk die teiken van die skietery was,” sê brig. Jay Naiker, polisiewoordvoerder in KwaZulu-Natal.

Dit is die vierde naweek agtereenvolgens dat ʼn massaskietery in Gauteng of KwaZulu-Natal die lewe van talle onskuldige mense eis. Verlede naweek is twee dood en sewe beseer toe skieters by ʼn taverne in Ga-Rankuwa, noordwes van Pretoria, losgebrand het.

“Die jongste voorval demonstreer net weer ons bekommernis dat vuurwapens bydra tot hoë vlakke van geweld en misdaad in die provinsie. Ons wil graag hê daar moet strenger beheer oor die besit en beheer van wettige vuurwapens wees, aangesien baie van hierdie wapens in die hande van wetsoortreders beland. Ons sal alles in ons vermoë doen om hierdie misdadigers te laat boet vir hul dade,” het lt.genl. Nhlanhla Mkhwanazi, hoof van die polisie in KwaZulu-Natal, gesê.

Alle beskikbare polisiehulpbronne is intussen ingespan om na die verdagtes te soek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Harley Davidson ·

Hierdie lyk soos ‘n derde mag wat n verskuilde agenda het soos miskien om wapens verbied te kry weens die skielike gewapende aanvalle en die werklike rede vrees vir ‘n regering oorname nadat die ANC die verkiesing verloor het en weier om mag om oor te

VaalDonkie ·

Die VN se agenda sluit mos ontwapening in. En ek praat nie van “conspiracy theory” nie, dit staan so in hul agenda dat hulle wil die vuurwapens verminder.

Editor ·

Ek verstaan nie. Is dit nie die polisie wat al meer as 26000 wapens ‘verloor’ het nie?

Chillipepper ·

Gister op Carte Blanche sê bendelede, hulle koop hul wapens by the underground from the cops because government do not pay them enough.

Swerwer ·

Ag asseblief, vuurwapens het absoluut niks te make met die optrede van sulke skurke nie. Hul vervaardig sommer hul eie wapens. Van ‘n byl, hammer, panga’s en vuurwapens. So skrik net wakker maar o ja, die ANC/EFF is mos verantwoordelik vir al hierdie moorde.

Maritza ·

Ja en nou gaan hulle gehoorsame burgers se wapens alweer weg vat

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.