Nóg ʼn skoolmoord

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 19-jarige skolier is Woensdag in Embalenhle naby Secunda in Mpumalanga in hegtenis geneem nadat hy glo ʼn medeskolier met ʼn skerp voorwerp doodgesteek het.

“Die twee leerlinge was glo in ʼn vuisgeveg betrokke toe die verdagte glo na sy ouers se huis toe gehardloop het en toe met ʼn mes teruggekeer het,” het kol. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie, gesê. “Hy het sy skoolmaat aangeval en met die mes gesteek.”

Die beseerde skolier, ook 19 jaar oud, is na ʼn kliniek geneem waar hy later aan sy beserings beswyk het.

“Die verdagte sal na verwagting Donderdag in die Evander-landdroshof verskyn.”

Maroela Media het Dinsdag berig oor ʼn Graad 6-leerling wat ʼn medeskolier by ʼn laerskool in Pretoria met ʼn mes aangeval en vermoor het. Klik hier om meer te lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

EMK ·

In SA word geweld as die enigste oplossing vir enigiets gesien – kinders word so grootgemaak deur wat hul sien en belewe om hulle. Die skole sal MOET metaalverklikkers begin aanbring – hoe anders?

Paplepel ·

@EMK Jou kommentaar is ondeurdag. Die leerling is met “‘n skerp voorwerp” gesteek.’n Metaalveklikker gaan nie regtig met ‘n BIC pen of ‘n potlood werk nie. As jy iemand wil leed aandoen is daar letterlik honderde items op ‘n skoolgrond waarmee jy ernstige skade kan aanrig. Jy hoef dit nie saam te bring nie.

EMK ·

Paplepel – ek dink nie my kommentaar is ondeurdag nie – metaalverklikkers sal al klaar grootliks help, baie van die aanvalle is met messe en gewere ens Volgens die berig is die oorledene met ‘n MES gesteek. Lees mooi.. Metaalverklikkers is een manier, sekerlik is daar ander maniere ook, siende jy blykbaar van beter weet – gee raad in plaas van kritiseer.

Leon ·

Hi wil graag wwet moet ons trok drywers gerigestreer word deur ons werkgewers

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.