Nog ʼn Superrugby Unlocked-kragmeting gekanselleer

Die Sharks en die Stormers se geskeduleerde Superrugby Unlocked-kragmeting vir Saterdag is gekanselleer.

Dit volg nadat van die Sharks-spelers positief vir Covid-19 getoets het. Die wedstryd tussen die Lions en die Cheetahs is ook vroeër gekanselleer.

Spelers en die spanne se bestuur is intussen versoek om streng aan Covid-19-nakomingsmaatreëls te voldoen ten einde die risiko van infeksie te verminder.

“Dit verg net een onverskillige interaksie deur ʼn enkele speler om ʼn rimpeluitwerking op 45 ander spelers, die spanbestuur en die wedstrydskedule te hê,” het Jurie Roux, uitvoerende hoof van SA rugby, gesê.

“As fikse jong atlete kan dit aanloklik wees om te dink dat hulle ‘immuun’ is teen infeksie en nie ander siektetoestande het wat hulle kwesbaar maak nie. Maar ʼn positiewe toets kan groot gevolge inhou.”

Roux het gesê hy is vol vertroue dat die spanne se bestuur die boodskap daagliks aan hul spelers sal onderstreep.

Die Pumas se wedstryd teen die Bulls, wat vir Vrydagaand geskeduleer was, sal nou eers Saterdag plaasvind. Afskoptyd sal nog bevestig word.

Talle Puma-spelers het verlede week positief getoets en sal Donderdag weer getoets word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Anel ·

Hierdie klug word nou net al hoe erger. Hoe kan mense so paranoïes wees?

Misky ·

Ek wonder hoeveel rugby ondersteuners is nog oor na die hele BLM affêre en al Mthetwha se uitlatings. Ek en my man het paar maande gelede gesê dis verby en hou daarby

Anne-Marie ·

Misky, presies hoe ek voel, stoere Blou Bul ondersteuner vir 50 jaar, klaar, verby, nie weer nie !!!

Adam Adriaan ·

Dit raak nou ‘n belaglike spul. Rugby en sport oor die algemeen sal nooit weer dieselfde wees nie. Alles word vernietig deur die NWO drywers.

Frans ·

Die kompetisie verloor nou alle geloofwaardigheid en omdat die punte so oorgedra word na die Curriebeker word die nog meer minderwaardig omdat die ook deur Covid ontwrig kan word.
Spanne wat nie in die Unlocked weens Covid kon speel nie gaan die verlies aan punte terdeë voel.
Wil jy regtig soos die Phakisa Pumas met ‘n agterstand tans van 14 punte en Tafel Lager Griquas met 16 agter die voorloper Bulls aan die Curriebeker deelneem net omdat die Bulls so gelukkig tans is dat nie een wedstryd van hulle weens Covid gekanselleer is nie.

Dit is baie duidelik dat Covid so ontwrigtend is dat dit die geloofwaardigheid van kompetisies aantas.

Boer ·

So die haaie wat een van die groot unies het in SA het net 3 voor ry mane. Wat n klug !!!!!!!!!

Mad Mike die Rhodesiër ·

Dit was die grootste risiko om die hele Super Rugby saga enigsins so vroeg te begin terwyl ons binnekort onder die tweede vlaag sal wees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.