Volgens kapt. Nqobile Gwala, woordvoerder van die polisie, is die verdagte Dinsdagoggend in hegtenis geneem deur lede van Magma Security en die polisie se honde-eenheid. Die verdagte is in die Applebosch-area in hegtenis geneem.
Maroela Media het vroeër berig drie mans, insluitend ʼn metropolisiebeampte, is Vrydag in die Umlazi-area in hegtenis geneem in verband met die moord op Hoosen Dodha.
Dodha se liggaam is verlede Maandagoggend by ʼn onderneming in Berea gevind nadat die polisie inligting oor ʼn moord ontvang het. Hy is verskeie keer geskiet. Die onderneming is geplunder, maar dit is steeds nie duidelik wat gesteel is nie. Sewe 9 mm-patroondoppies is op die toneel gevind.
En wat gaan van die man word? Kry n paar jaar tronkstraf met drie etes ‘n dag waarvoor ons betaal, ‘n familie is verwoes want ‘n broodwinner is vermoor, oor twee of drie jaar veskyn die beskuldigde op tv in een of ander dokumentere program wat een of ander ontleding doen waarom mense sulke dinge doen en die ou word ‘n “Celeb” want dit is apartheid, werkloosheid en armoede se skuld en die pinnocio’s daar buite glo hom en kry hom bitter jammer maar intussen sukkel ‘n Familie wat een of ander bydrae gelewer het tot die land se ekonomie steeds om hul geliefde se dood te verwerk en om kop bo water te hou a.g.v die werloosheid in SA. Ek sê steeds bring terug die doodstraf dit is immers wat die werklike wetboek van die wereld ons leer “Die Bybel”
BRING TERUG DIE DOODSTRAF!!!!!
Bring terug die doodstraf!