Soorte resepte:

Nog vyf Nestlé-sjokolades sneuwel

Nestlé het aangekondig dat hulle hierdie vyf sjokoladeprodukte van die mark gaan verwyder (Foto: Facebook/Nestlé)

Nestlé het onlangs aangekondig dat hulle nog vyf sjokoladeprodukte van die mark gaan verwyder.

Dit kom nadat Nestlé verlede week aangekondig het dat produksie van die 50 jaar oue Chocolate Log ook in Augustus vanjaar stopgesit word.

“Die tyd het gekom dat ons vaarwel sê aan van ons sjokolade-sterre: Nestlé Milkybar Double, Nestlé Milkybar Peanut, Nestlé Crunch, Nestlé Milo Slab en Nestlé BarOne Peanut Butter.”

“Maak seker julle geniet hierdie sjokolades nog vir oulaas,” het Nestlé op hul Facebook-blad laat hoor.

Nestlé het gesê sjokoladeliefhebbers hoef nie bekommerd te wees nie, want met die uitfasering van ou sjokolades het die maatskappy beloof om nuwe, opwindende sjokoladesoorte binnekort bekend te stel.

Skyfies ook ʼn slagoffer van Covid-19

Onlangs was dit ook moeilik vir Suid-Afrikaners om hul geliefde Ghost Pops in die hande te kry, wat bespiegelinge laat ontstaan het oor of dié peuselhappie ook van die mark verwyder is.

Een aanhanger het op Twitter laat hoor dat hulle al na talle winkels, vulstasies, spaza-winkels en winkelsentrums toe was, maar nêrens Ghost Pops in die hande kon kry nie.

Simba, wat die vervaardiger van Ghost Pops is, het op Twitter gesê hoewel Ghost Pops nie van die mark af verwyder is nie, is die produksie daarvan vertraag.

“Die inperkingsmaatreëls in Suid-Afrika het ʼn invloed op die produksie van Ghost Pops gehad, slegs ʼn sekere hoeveelheid produkte kon in die tyd vervaardig word.

“Sodra ons toegelaat word om weer normaalweg te produseer, sal die gewilde skyfies weer terug op die rakke wees. In die tussentyd hoop ons julle geniet ander Simba-produkte wat beskikbaar is,” het Simba op Twitter gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

JohanR ·

Julle moet die Cyril Ramaphosa All Chocolate Log bekend stel. Jy kry hom net in die winkels elke 21 dae, en dan proe hy soos niks! Bo op die Cyril Ramaphosa All Chocolate Log kan daar ‘n effense grooter chocolate sit. Die kan die NDZ All Chocolate Log wees. Elke 21 dae kry jy ‘n bargain!

Lola88 ·

Sal graag wil weet waarom ons nêrens Potato Bake kan kry nie?

Sarah ·

En hoekom sukkel ons om thick veggie soup pakkies te kry :'(

katerinadiekat ·

Wat my meer pla is dat ek nerens meer Bob Martin katkos kan vind nie.

Roebs ·

Regtig kom ons maak maar alles toe .. Niemand voel meer ‘n veer oor ons land nie, alles val uitmekaar, word verwoes, werk nie meer nie…..

Plaaskind ·

Neeeeeeee – nie al die lekker sweeties EN ghost Pops ook nie.
En bring bring GROOT ASB die regte Rice Krispies terug……..ASB

Anel ·

Ja, geen mens kan dit bekostig nie. Dan verwyder hulle dit en sê mense het dit nie gekoop nie.

Ansie ·

My hart klop nou wild in my keel, maar gelukkig blyk dit dat Milky Bar Crackle gaan bly. Dis my absoluut geliefkoosde sjokolade.

Andre ·

Dis seker net ek , maar ek kry niks brandewyn in die hande nie

Martie Smartie ·

Hierdie Nestle klomp is nes die ANC regering. Geen mark navorsing, geen deelname, geen vrae of verbruikers die produkte wil he nie – net ons verwyder dit en basta, vat wat jy kry of los dit

Racheltjie Debeer ·

Behalwe vir Chocolate Log, pla die res my nie juis nie. Vir die wat kla oor Ghost Pops, probeer Pop Shots deur ABC Foods, baie lekkerder.

Rudolph ·

Die mishandeling en geweldadige dood van beeste ek kalwers maak die melkbedryf die wreedste diereprodukte bedryf in die wereld. Geen mens met wat die waarheid weet en oor ‘n greintjie deernis beskik sal die suiwelbedryf ondersteun

Maria ·

EK het te dik geword tydens lockdown ek kon nie nog sjokolade ook eet nie. Gesukkel om af te skud. Die regering het my spysvertering egter so aangehelp met hulle inspirerende gedrag en die langste en ergste lockdown in die wereld en kan sê ek genees van hulle ook.

Elsa ·

A née a. Als wat goed en lekker is, verdwyn nou van die rakke.

Danie ·

Maak Nestle toe want sonder hierdie is daar nie meer n Nestle nie. Sal voortaan ander produkte koop.

Mariana ·

net soos die niekerbols van Beacon Sweets, dit was seker die lekkers wat die langste op die mark was, hartseer dag gewees

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.