Nóg vyf trokke brand in Mpumalanga

(Foto: Verskaf)

Slegs ure nadat ses vragmotors op die N3-hoofweg in KwaZulu-Natal aan die brand gesteek is in wat beskryf word as “ʼn gekoördineerde aanval op die padvragsektor”, is nog vyf vragmotors onder soortgelyke omstandighede in Mpumalanga aan die brand gesteek.

Maroela Media het vroeër berig ʼn groep gewapende aanvallers het Saterdag omstreeks 22:00 ses vragmotorbestuurders gedwing om op die Van Reenenspas stil te hou, waarna hulle al die vragmotors aan die brand gesteek het.

Brig. Selvy Mohlala, polisiewoordvoerder in Mpumalanga, het die voorval waarin nog vyf trokke aan die brand gesteek is, Maandagoggend bevestig.

“Die motief is in hierdie stadium onbekend, maar volgens inligting tot ons beskikking het [die insittendes van] twee voertuie, ʼn Toyota Hilux en ʼn sedan, die vragmotors net voor die Waterval Boven-tonnel voorgekeer en aan die brand gesteek.

(Foto: Verskaf)

“Die bestuurders is beveel om hul persoonlike besittings te vat en die vragmotors te verlaat voor dit aan die brand gesteek is,” sê Mohlala.

Die Padvragvereniging meen die voorval is met “doelgerigte presisie” uitgevoer en die tydsberekening is bedoel om soveel moontlik “chaos en ontwrigting” te veroorsaak.

Mohlala sê geen inhegtenisnemings is tot dusver gedoen nie.

“Ons gaan voort met ons ondersoek en ons raai motoriste aan om eerder van die Schoemanskloof-pad gebruik te maak.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Johan Tredoux ·

Ek’s seker hulle sou in elk geval die trokke vervang het. Seker ou trokke gewees. Niks om oor te kommer nie. En die motief in n meer ernstige lig: Die motief is om chaos te saai in die nuusbladdens sodat mense kan gespanne en opgewonde raak. Mense moet hul lewe ten volle verander en struktueer volgens alles wat aangaan in die land en wêreld. Dalk selfs aandele verkoop, emigreer, siek raak van spanning ens ens…

Delia ·

oral in die wêreld is alles besig om.chaoties te raak. Ons moet ons Vrede in God vind net daar waar ons bly en stil raak. En minder vreesagtig wees.

Johan Tredoux ·

Ek is nie gelowig nie en agv daardie feit nie vreesagtig nie. My berusting vind ek in my eie glorie en kragtige naam. Ek sê hierdie in alle nederigheid.

Johan Tredoux ·

Ek voel veral emigrasie is n slegte idee. Die wêreld is mal en nie net SA nie. “a Surprise waits around every corner”.

Niklaas ·

Los die man , moet hom nie steur nie. Hy het min kommer , en weet niks van dinge soos beurtkrag of stakings.

TheSnake ·

So, in SA stop enige iemand net ‘n voertuig en steek dit aan die brand?

Henry ·

more is daar nie kos nie want die trokke wat kos vervoer is uitgebrand
dan sè hulle ons het nie kos nie
dan moet hulle maar self die gevolge dra

Susan ·

Ek verstaan net nie mooi hoe dit werk dat sulke groot trokke gedwing word om te stop nie. Bel die polisie & ry bo-oor hulle.

Papsak ·

Ja nee kyk vra anc hulle weet van dit hulle dut dalk nog gereel ook skade mos nie hulle sin nie

Danie ·

Die mafia optredes wys maar net dat daar geen Wet en Orde meer in SA bestaan nie.Die polisie so korrupt en uit en uit deel van politiekery hulle het lankal oorgegee.As die staat ernstig was was daar geen staatskaping gewees nie als deel van hulle modus operandi.

Jackie ·

Waar is die polisie se intelligensie depart. Met onbevoegde kaders beman.

Kokerboom ·

Sien ons ENIGE drastiese optrede van SAP? Ek skaam my vir SAP bestuur

nieskynheilig ·

Ons gesels al jare lank oor die chaos, gaan dit stop? Nee, dit gaan erger raak. Erken skuld, dis positief.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.