Van Reenenspas-voorval ‘het verreikende gevolge’

(Foto: Joey Govender via Fleetwatch/Facebook)

Die Padvragvereniging meen die voorval in Van Reenenspas waar ses vragmotors aan die brand gesteek is, is met “doelgerigte presisie” uitgevoer en die tydsberekening was om soveel moontlik “chaos en ontwrigting” te veroorsaak.

ʼn Bende gewapende mans het omstreeks 22:00 Saterdag ses vragmotorbestuurders gedwing om op die Van Reenenspas stil te hou waarna hulle al die vragmotors aan die brand gesteek het.

Gavin Kelly, uitvoerende hoof van die Padvragvereniging, het die voorval as ʼn “gekoördineerde aanval op die padvragsektor” beskryf en gesê dit hou verreikende langtermyngevolge in soos werksverliese, verhoogde veiligheidskoste, hoër versekeringspremies, hoër tolgelde, minder vragbeweging en die sluiting van vragmaatskappye.

“Weereens sal die koste vir die Suid-Afrikaanse ekonomie miljarde rande beloop, aangesien sakevertroue van buitelandse beleggers daal en diegene wat Suid-Afrika as ʼn vragvervoerbestemming gebruik van die land af wegdraai na ander lande wat veiliger en doeltreffender is.”

Kelly meen die belangriker vraag wat beantwoord moet word, is wie agter hierdie aanval sit en hoekom.

“Die doelgerigte akkuraatheid van die aanval is kommerwekkend. Dit was goed beplan en doeltreffend ingestel. As dit dieselfde groepering is wat die afgelope ses jaar agter sulke aanvalle oor die hele land was, dan moet daar opgetree word teen diegene wat sulke misdadige optrede bevorder, beplan en in werking stel. Ons het gehoor hoe die minister van polisie verwys na ekonomiese sabotasie en vele ander vorme van beskrywing, maar dit kom voor asof hierdie gedrag onverpoosd voortduur.”

Pres. Cyril Ramaphosa het ook die voorval as “ekonomiese sabotasie” beskryf en die negatiewe uitwerking daarvan op die ekonomie betreur. Volgens Ramaphosa sal hy binnekort intelligensieverslae oor die voorval ontvang en sal die oortreders boet vir hul dade.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Harley Davidson ·

Die anc moet opsy staan sodat ‘n party wat ‘n land kan regeer oorvat want hulle kan nie eers hulle beskermings bende beheer nie.

Hannes ·

Bheki Cele kry steeds ‘n selaris plus bonus, die ANC is besig met verkiessings propaganda en Suid Afrika se middelklas word finansieël gewurg.
Ek is van mening daar is ‘n verband tussen Kommunisme en Terrorisme…

Di ·

Die korrupte regering gaan seker nou nog ‘n komitee stig on DIT te ondersoek! Die land het so verval in anargie dat niks of niemand dit meer kan red nie. Ons enigste uitweg is dat die spul in beheer van die land moet VAL.

Danie ·

Wanneer persone aanhoudend swak keuses maak en dan onskuldige partye blameer daarvoor. En op die ou end ook verwag dat die onskuldige partye die verantwoordelikheid daarvoor moet dra.

Solank as wat dit toe gelaat word, sal sulke voorvalle bly gebeur.

Dit is jou swak keuse.
Dit is jou verantwoordelikheid.
Jy dra die gevolge.
Anders gaan jy op die ou end die ergste gevolge dra…

Barney ·

‘n Ongelukkige voorval. Ek hoop egter dat dit wel die regte besluitnemers sal beinvloed om spoorvervoer te ontwikkel en sodoende die vragmotors op die pad te verminder. Dit sal ‘n positiewe uitwerking op die verkeer hê en baie help om die paaie in beter toestand te hou.

Sobymykoolkop ·

Daar sal ongelukkig BAIE water in die see moet loop voor spoorvervoer ń opsie sal raak. By die dag is die verval meer sigbaar.

Republikein in die Wes Kaap ·

Ramaphosa het beheer verloor. Die verslae gaan nie veel help nie.

hpven ·

Ramaphosa het en kan die land nie regeer nie, deel slegs raad uit aan ander lande hoe hulle hul lande moet regeer.

Vrystaat2109 ·

Wat gaan CR met die verslag doen?? 6 maande op sy tafel laat lê? Die boosdoeners moet eers opgespoor en gearresteer word voordat daar teen hulle opgetree kan word, en wie gaan hulle op spoor? Bla bla,….,…nog ‘n verslag nog ‘n komitee!!

hpven ·

Die daaglikse normaal vir ‘n land wat leierloos en besluitloos voortploeter!

Theuns ·

Terrorisme. Blatante terrorusme deur cadre groepe. Lae vlak siviele oorlog reeds vir laaste 3-5 jaar.
Weermag behoort ontplooi te word.
Jellievis cadre Ramaposa moet optree of alles verloor.
Parlementsgebou was begin van staat van terreur.
Anc is BANG en baie cadres is deel van die rooftogte en brandstigting.

Suzette ·

Weet nie of die weermag enige verskil sal kan maak nie want dit is dieselfde mense.

Kokerboom ·

Die ernstige voorval is ekonomiese sabotasie en tekenend van ‘n land totaal buite beheer!
Dis tyd dat President besef en verantwoordelikheid neem dat sy Polisieminister en topbestuur NIE die kapasiteit of vermoeë het om wetteloosheid in land te beheer.Hy moet snymes dringend inlê, herstruktueer die mag en stel spesialiseenhede weer in so gou moontlik!!

melaney ·

Hy kon al lankal verandering aanbring as hy wou, maar dit was nog nooit sy plan gewees nie.

Cherokee ·

Geen rede dat dit hoër tolgelde kan regverdig nie. Daar is geen verband.

Sobymykoolkop ·

Ek glo nog steeds deel van die vreeslike prysverhogings is verlede jaar strooptogte. Helaas, die verbruiker gaan die skade dra van die verliese by van Reenen

wim ·

Niks sal gebeur nie. Die verstandhouding is Ramaphosa krap nie te diep hier nie, sy opponente krap nie te diep met Phala Phala nie.

Met die 2021 onluste was daar WhatsApp boodskappe wat die storie aangehits het terwyl (en by sekere brandpunte) net voor. Hoeveel duidliker bewyse het mens nodig vir vervolging?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.