Nooddiens onttrek ná aanval op paramedici

(Argieffoto: ANA)

Die Stad Johannesburg se nooddiensbestuur moes noodgedwonge sy ambulansdiens aan die gemeenskap van Cosmo City, buite Randburg, onttrek nadat drie van sy ambulansbemanningslede Saterdagoggend aangeval is.

Robert Mulaudzi, woordvoerder vir die Johannesburgse nooddiens, sê die ambulans is na die woongebied ontbied om ʼn man te gaan oplaai wat erg deur die gemeenskap aangerand is. Die gemeenskap het hom glo daarvan beskuldig dat hy iemand vermoor het.

“Ons bemanning kon daarin slaag om ongedeerd met die pasiënt uit die gebied te kom. Ongelukkig is die ambulans beskadig toe die gemeenskap ons bemanning aangeval het. Hierdie is ʼn splinternuwe ambulans wat net vandeesweek oorhandig is om die gemeenskap van Cosmo en omliggende gebiede te dien,” sê Mulaudzi.

“Dit moet genoem word dat hierdie voorval in die teenwoordigheid van wetstoepassingsbeamptes gebeur het. Die ambulansdiens sal daarom opgeskort word totdat die veiligheid van ons nooddienspersoneel in die gebied gewaarborg kan word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Gert van Wierdapark ·

Wat is die Wets-toepassingsbeamptes se rol? Wie is hul veronderstel om te beskerm. Die gemeenskap of die paramedici – of bloot as toeskouers?

Jan ·

Hulle rol is om lewe te beskerm, maak nie saak wie dit is en in watter hoedanigheid nie. Maar ons weet mos hulle redeneer nie so nie. Want sou hulle die paramedici beskerm het hulle huise daardie selfde dag nog gebrand.

Johan ·

En wat het die wetstoepassings-gedoen om te help?? Heel waarskynlik niks…..

Maljan ·

Wetstoepassers het presies gedoen wat hulle betaal word om te doen. Te monitor. Met ander woorde te staan en kyk en lag.

Balkie ·

Jy is reg….toeskouers is hulle beslis…..geen ander diel dien die polisie as om met kriminele saam te werk nie…..ons moet erken….ons het geen polisie mag meer nie……..ons is in die moeilikheid…..

Bekommerd ·

Dit is baie erg, hartseer, skokkend en tog verstaanbaar. Hulle lewens is oor die algemeen in gevaar by sulke ongelukke, waar hulle vir Ander mense se lewens veg, jy moet gebore wees om dit te doen…Soms in die vreeslike weersomstandigdhede. Wat het van ons land geword? Dalk moet daar maar iemand met n wapen saamry om hulle veiligheid te waarborg. Ons het hierdie mense nodig. Baie nodig. Daar is daagliks groot ongelukke op ons paaie. Mag God julle bewaar en beskerm.

Haan ·

Projeksie is die verskynsel wanneer n persoon of groep hul eie waardes en norme op n ander groep “projekteer”. Maw hulle glo die ander groep/persoon sal in sekere situasies optree soos wat hulle sou optree, glo wat hulle glo, dink soos hulle dink, ensovoorts… Ek dink Afrikaners ly erg aan projeksie.

Die lagie beskaafdheid is nie op alle mense ewe dik geverf nie.

HPV ·

Hoe val Suid Afrika se wiele af op pad afgrond toe? Een vir een…

ne ·

Al word hulle inhegtenis geneem, is hulle more weer op straat! Ons regstelsel laat ons in die steek!

chrisjan ·

Ek hoop hulle skort REGTIG hul diens vir daai gebied op en praat nie maar net nie.

Karma ·

Ek stem saam jou hul het duidelik nie nooddienste nodig nie

Cherokee ·

Snaaks dat geen kommentaar dit debatteer dat die beseerde volgens die inwoners ‘n moordenaar is. Dit ten spyte daarvan dat boendoehowe dikwels hoog aangeslaan word in hierdie forums. Dikwels duim-oppe kry vanaf kommentators.

Foxi ·

Vreeslik! Dis n mediese span wat n lewe kan red. Mensdom raak siek. Maar ek wil n klip in die bos gooi. Op tv is daar n afrikaanse hospitaal sepie waar daar nou n toneel is hoe die 2 jongmense ambulanse ‘highjack’ en dan die inhoud van die ambulanse verkoop. Is dit nou regtig nodig in n gesins program? Nee wat…..lyk my die skrywer se storie raak nou droog.

Natalene Visser ·

Ek stem 100% saam. Vir my is n sepie om darem van die aakligheid van hierdie land te probeer ontvlug die tyd wat die sepie aan die gang is. Ek wil nie die werklikheid van die dag weer voor my oë sien verbyflits nie. Die uiteinde? Totsiens sepie, dit was goed om jou te ken, maar NEE jy gaan NIE my lewe verder hel kom maak nie. Doen honderd maal eerder iets meer positiefs in my lewe en oorleef so in hierdie land van moord en doodslag. PUNT !!!!

Johanna Botha ·

Presies wat nodig is ontrek net die mense nou sodat hulle mekaar eers kan uitsorteer in die gemeenskap want hulle verdien nie hulp as dit met die nooddienste gebeur nie …en net miskien key die gemeenskap dit reg dat die polisie hulle werk ook begin doen …net miskien!

Jr ·

En al weer moet die wettige “taxpayer ” die rekening vir nog een dra.

Christa ·

Hou dit so. EK wens almal so optree Dan Sal hulle gou sien Watter Kant is gebotter. Alles wat hulle vernietig Moet hulle sonder klaar Kom.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.