Noodlottige ongeluk op R21, verkeer erg ontwrig

Die vragmotor se wrak. Foto: Netcare 911

ʼn Noodlottige ongeluk op die R21 het Donderdagoggend verkeer op dié besige snelweg tussen Pretoria en Johannesburg erg ontwrig in spitsverkeer.

Nick Dollman, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die ongeluk het omstreeks 05:00 in die rigting van die OR Tambo-lughawe net voor die Atlasweg-afrit in die Kempton Park-omgewing plaasgevind.

“Volgens inligting vanaf die toneel het ʼn swaarvoertuig in die rigting van Pretoria gery toe die bestuurder beheer oor die voertuig verloor en deur die middelversperring van die snelweg gebreek het. Die vragmotor het in die teenoorgestelde bane van die snelweg omgeslaan en die pad versper,” het Dollman gesê.

Dollman het gesê geen ander voertuie was in die ongeluk betrokke nie.

Reddingswerkers van Netcare 911 en die Ekurhuleni-nooddienste het saam gewerk en onder meer meganiese toerusting gebruik om die bestuurder van die vragmotor uit die verfrommelde wrak te sny.

“Een man is gevind, maar was ongelukkig reeds dood weens die ernstige botsing. Hy is op die toneel dood verklaar.” Die man is vermoedelik in sy 50’s.

Die Ekurhuleni-metropolisie ondersoek die oorsaak van die ongeluk.

Drie bane van die snelweg is vir verkeer gesluit en vertragings van langer as ʼn uur is aangemeld. Motoriste, veral mense wat van Pretoria op pad is na die lughawe, is aangeraai om van alternatiewe roetes gebruik te maak.

Paramedici op die toneel. Foto: Netcare 911

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Aubrey Vermaak ·

Ek weet nie wanneer gaan die regering ooit luister nie. Hulle moes al jare trokke belet het om na 10-5 uur soggens te ry. Dis nou al die hoeveelste ernstig- verkeer ontwrigting ste ongeluk wat vroeg oggende gebeur. Dit vat nie iemand met n graad om te weet dat die drywer aan die slaap geraak het nie. Statistieke bevestig dit. 98% menslike foute en 2% meganiese foute. En nou moet n mens ure en km mors oor die voorval.

Sê weer ·

Dit is nie noodwendig dat hy aan die slaap geraak het nie. Hy kon dalk ‘n hart aanval gekry het.

Koos1 ·

Aubrey, en ander skree hulle moet nie in spitverkeer ry nie, nou wanneer mag hulle dan nou ry?
Jy sal hoor hoe huil die mense as hulle nie meer kan kos koop nie, want daar word gewag vir aflewerings.
Die probleem is groter as dit maar ongelukkig sal enige wekbare oplossing, soos 2 bestuurders, die verbruiker se sak skud.

snoefie ·

as dit nie n taxi is nie, is dit n trok. terwyl duisende km’s treinspore of lê en oproes of stuk vir stuk gesteel en vir skroot verkoop word.

t ·

Langs Van der Hoffweg in Pretoria het ‘n “entrepeneur” so ‘n paar jaar gelede goeie geld gemaak. Jy kon hom betaal vir die sny van die spoorlyn. Hy het langs die spoorlyn met sy snymasjien gestaan met sy bakkie. Jy wys vir hom hoe lank en hy sny vir jou ‘n “aambeeld”. Jy betaal hom vir die sny en nie vir die spoor nie.
(Nee ek het nie van die aanbod gebruik gemaak nie.)

amvi ·

Dis omtrent die enigste pos wat sin maak.
Die klomp boer so agteruit dis eintlik skrikwekkend.

amvi ·

Ek het eintlik bedoel die enigste pos wat sin maak is die een van snoefie

Lee ·

Sterkte aan die ou wat dood is se familie. Dis nie lekker nie. Nie een van ons was daar nie so nie een van ons kan vinger wys en hom sommer beskuldig nie. Verkeer is wel ontwrig, maar beteken iemand se lewe so min vir julle. Maak nie saak wie of wat dit is nie. Ek ry ook daai pad elke dag.

Johan ·

Om trokke se nag ryery te stop sal chaos wees. Daar ry honderde trokke in die nag..
Om hulle in die alreeds oorlaaide dag paaie in te bring sal beslis groot ontwrigting en ekstra “Road rage” veroorsaak.

Magda ·

Groot trokke en busse kyk hoe vining hulle kan ry – net bly daar is nie onskuldige mense oorlede in die ongeluk nie.

Theresa ·

Absoluut. Sien dit daagliks. Trokke moet streng gemonitor word en trokeienaars moet die bestuurders beboet wanneer hul vinniger as die gegewe spoed ry. Taxis is doodskiste op wiele – vir passasiers en ander padverbruikers. Dis oor en oor en oor bewys en tog bly dit onaangeraak.

sug ·

Wie is die ou wat oorlede is, en waaraan is of was hy skuldig?

Lance ·

Ek self het ń paar trokke en het ook al self bestuur,sommige motor bestuurders swaai reg voor jou in en stop dood terwyl jy ń vrag van 30ton plus vervoer,hoe kry jy betyds gestop.As spoornet nog reg gefunksioneer het sou daar baie minder trokke op die paaie gewees het en jammer vir die skewe afrikaans.

anton ·

Al die trokke op die pad het n rooi plakker op wat lees max. 80 km per uur.
Het nog nooit een teegekom wat daai spoed ry nie. Hulle word ook nie beboet as hulle vinniger ry nie.
Hulle behoort die trokke elektronies te beperk dat die bestuurder nie vinniger kan ry nie al wil hy ook. Selfde met die taxi’s
Sal baie minder ongelukke op die pad wees!

Koos ·

Anton my trokke ry net 80 hul is so gestel meeste nuwe trokke is so so ek glo jou nie

Moeggepraat ·

Ek ry elke dag op die N1 in Pretoria. Opdraande voor Rigel ry die trokke langs mekaar en blok die verkeer erg! Afdraande kom dit by jou verby as jy 120 ry!! Die goed is ‘n gevaar op die pad! Beboet die eienaar direk en dagvaar vir uitstaande tolgeld! Lê ook beslag daarop as die bestuurders vinniger as 80 of stadiger as 50 op ‘n snelweg ry of die verkeersvloei belemmer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.