Nou dreig staking in veiligheidsbedryf

(Argieffoto: pixabay)

Nadat ʼn grootskaalse staking in die bankbedryf Donderdag afgeweer is, dreig die veiligheidsbedryf om te staak nadat loongesprekke ʼn dooiepunt bereik het.

Sewe vakbonde eis hoër lone en die inwerkingstelling van hospitaaldekking vir veiligheidswagte. Hulle het werkgewers se aanbod van ʼn 1,1%-verhoging van die tafel gevee en sê dit kom neer op ʼn verhoging van 23 sent per uur vir sogenaamde Graad C-veiligheidswagte.

“Gegewe die aanbod op die tafel is dit duidelik dat werkgewers nie ʼn meningsvolle rol wil speel om die lewensomstandighede van veiligheidsbeamptes te verbeter nie. Vir veels te lank het bedryfsleiers die hele ent bank toe gelag, terwyl werkers in skuld verdrink omdat hulle dit nie eens naastenby kan regkry om liggaam en siel bymekaar te hou nie,” het die vakbonde in ʼn gesamentlike verklaring gesê.

Die vakbonde sê bedryfsprotokol bepaal dat nadat onderhandelings doodgeloop het toe vakbonde die 23 sent-aanbod van die hand gewys het, alle partye aan ʼn verpligte mediasieproses moet deelneem. Dit is geskeduleer vir 1 en 2 Oktober.

Sou dié proses ook nie ʼn oplossing oplewer nie, word ʼn gesamentlike belangdispuut na die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie verwys.

“As dít ook nie op ʼn skikking uitloop nie, word ʼn sertifikaat uitgereik wat werkers toestemming gee om te staak,” het die vakbonde gesê.

Die loononderhandelings het al op 15 Augustus by die bedingingsraad begin.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Rina ·

Ure op hul bene ….. kry peanuts vir n salaris ……….. ek gun julle 11 persent

Gert ·

Altyd maklik om iemand se salarisverhoging te steun as dit nie jy is wat dit moet betaal nie. Dis soos om saam te stem dat almal harder moet werk behalwe jyself.

Nettie ·

@Rina – 11% is vir die meeste Graad D/E sekuriteitswagte ook maar nie veel nie. Kom ons sê ‘n Graad D beampte kry iets soos R19.72 per uur – dit werk uit op ± R4260.00 per maand. Op laasgenoemde bedrag kom R0.23c/uur (1,1% verhoging) tot R4306.37 te staan (d.w.s. R46.00 verhoging).

Ek sê dat verhogings moet toegestaan word regdeur die werkspraktyk gebaseer op ‘n gly-skaal: hoe meer jy per maand verdien, hoe minder moet jou jaarlikse verhoging wees. As jy bv. R40K per maand verdien, moet jou verhoging iets soos 3% wees; as jy R10K per maand verdien, moet jou verhoging iets soos 12% wees.

Koos de Meyer. ·

Hoe belaglik. 1.1 persent. Dis nie eers die papier werd waarop dit geskryf is nie.

Marinda ·

Skande wat hierdie mense betaal word. En daagliks is hulle lewens in gevaar vir ñ stipend.

Wondermaarnet ·

Gaan kyk wat kry Eskom se sekuriteitsbeamptes. Dit is ‘n skande om te sien hoe baie hulle kry en al die voordele en dan sit en slaap hulle ook nog of drentel rond en verdien ‘n astronomiese salaris.

Elna ·

Ek stem saam met al die bo genoemde kommentators. Hulle verdien n baie beter salaris want hulle doen hulle werk wat die SAPD veronderstel is om te doen. Hulle moet baie meer voordele kry

P ·

Ek stem hulle verdien die 11%. My seun self in gewapende reaksie, werk 12 Ure skofte en moet baie tyd aanbly vir ‘n 18Uur skof. Is 100% van die tyd eerste op enige noodgeval doen die SAPS se werk vir hulle en moet dae wag vir SAP om op te daag. Daar is self al gevalle gewees wat SAP gesê het hulle gaan nie uit kom nie area is te gevaarlik. Kry ongelooflik min salaris maar werk is werk en mens moet doen wat jy moet om te oorleef.

Annie ·

Ja nee met hierdie staking stem ek saam en ondersteun dit voluit.. hierdie mense se lewens is 24 uur/7 dae per week in gevaar en hul salarisse regverdig nie die gevaar waarin hul per skof verkeer nie… ja nee 11% stem ek voluit voor…

Johnny ·

80% van hulle moet instaan vir die polise omdat daar te min lede is en hul is 90% meer paraat

n feit ·

Baie van die tipe firmas buit die personeel hopeloos uit. Ek het n vriend in die bedryf en ook n dogter. Eerlik die twee mense kan nie eens verblyf bekostig nie. Wat nog van kos? Hul altwee werk 12uur skofte, sonder n etenstyd. Hul uniforms word verskaf, maar is pateties. Hulle moet gedurig laat regmaak en in fodde rondloop.
Wat kan n mens met daai sente doen? Al kry hul 50% verhoging kom hul salarisse nie naastenby uit by n gewone kantoor personeel nie. Dink aan hul lewens, koud, nat, wind, hitte en dai mense is daar. Regtig ek skaam my vir die mense. En ek ken altwee eienaars van die verskillende maatskappye. Hul swem in die geld. Beste voertuie en sommer elke 3de maand n ander een. Eet soos konings en hou verlof soos konings, maar hul personeel is regtig van ons armste mense in ons samelewing. Hul ure is ook so dat hul nooit eens n kerkdiens kan bywoon nie. Nooit oor kerstyd by hul families kan wees nie. Van November tot Januarie mag niemand verlof vat nie, want dit is hoe risikoe tyd vir diefstalle, maar die base gaan kamp uit by hul vakansiehuis by die see.

@n feit ·

Ek stem saam met jou, bly self in ‘n gholf estate waar so ‘n eienaar bly en die karre is der miljoene werd. Spoggerig verby.
Ek het nie geweet ‘n mens noem 1.1% ‘n verhoging nie, dis eerder ‘n klap in die gesig van mense wat sukkel om kop bo water te hou. Skandelik! Hulle lewens is op die spel.

Koos ·

Laas toe hulle gestaak het, was dit ‘n plesier om na plekke toe te gaan. Geen gesukkel met 7 vorms van identifikasie, vorms invul met al jou besonderhede en naelknipsels vir DNA-opsporing nie. Selfs die knaende “karwagte” by sentrums is minder.

Petro ·

@Koos, ons praat weer as jy gewapende roof by jou huis het, lekker wag vir die polisie hoor. Daar is groot verskil tussen ‘n kar wag en ‘n ordentlike sekuriteit wag en reaksie man. Al ooit gedink in watse land jy bly? Terwyl jy in jou bed lê en kla oor vorms om in te vul by hekke staan daardie sekuriteit man 12 ure op sy voete om seker te maak daar kom nie ongewenste kreature by jou veiligheid kompleks in nie.

barend v d westhuizen ·

security eienaars regtig kan julle nie n beter aanbod gemaak het as 1.1 dit is n skande om dit aan te biet

Johan Maritz ·

Dankie tog die mense lees en kyk nuus en sien watse salaris verdien die hoe koppe, want dit is hulle wat teen die staking is. Die salarisse wat die mense kry is belaglik van die CEO kry tot meer as n R1000 000-00 per maand en die afgesaagde storie van oorseese maatskapye wat hulle wil he. Ek wens julle wil gaan en sien hoe kry hulle as klerk n betrekking daar. Tipies hoekom eet julle brood as julle koek kan eet. Die rykes gebruik die arm persoon om nog ryker te word, die gewillige een is die persoon war verlee is.

Vranet? ·

Waarom word salarisse met ‘n persentasiepunt verhoog? As die verhouding tussen ryk en arm verklein moet word, moet gekyk word na die salaris rekening van die onderneming. Indien daar bv 6% verhoging op die tafel is, deel die bedrag deur die aantal werkers en gee elkeen dieselfde Rand waarde verhoging. Dan sal die laagsbesoldigde dieselfde hoeveelheid verhoging in geld kry as die bestuurder.

Leon ·

Dit is die groot korporatiewe sekuriteits maatskappye en die buitelandse sekuriteits maatskappye wat hulle werkers so sleg behandel. Ek ken sekuriteits maatskappye wat hulle werkers wonderlik behandel en baie meer betaal as wat die wet voorskryf.
Die korporatiewe maatskappye se sekuriteits wagte is in elke geval nutteloos omdat hulle nie hulle werk doen nie.

Hennie ·

Hier is hoe dit by een van die grootste sekuriteit maatskappye in SA werk. Hulle maak nie hul meeste geld uit kliënte nie. Hul grootste inkomste kom uit hul werknemers se salarisse. So, hoe werk dit? Na een jaar se diens kan die sekuriteitswag geld leen by die maatskappy se cash loans besigheid teen sy pensioen as sekuriteit. Hulle noem dit ‘n “salary advance” en daar is 2% rente p/m betaalbaar op die bedrag geld.’ n Groot hoeveelheid wagte het hul hele salaris op lening, so as hul salarisse inbetaal, wat dan amper niks is nie want die “advance” word summier afgetrek voor die salaris oorbetaal word, dan moet hulle onmiddelik weer leen m. a. w.’ n “salary advance” neem. Dan staan hulle toue om weer geld te leen, vertrek laat na hul poste en gevolglik moet die ander wagte langer aan diens bly. Jy mag ook bv nie ‘n Capitec rekening verskaf om jou salaris in te betaal nie. Die sekuriteits maatskappy hou nie van kompetisie nie. So, dis hoe die base dit regkry om die groot nuwe karre te ry. Hulle boor hul werkers se karige salarisse met 2% per maand. Elke 1 miljoen wat hulle uitleen bring R20 000 in per maand. Dan is daar nog aan angs fooie ook op die lening. O ja, hulle gebruik sommer sekuriteit staf om die cash loans te administreer, en die firma se kantore, so die cash loan maatskappy het geen onkostes nie. Suiwer 2% wins elke maand! SIES!

Sekuriteit ·

Jammer die artikel het so vinnig geeindig op bladsy 4 van maroela media. Werk self in die bedrag en het voorheen vir n maatskappy gewerk in Boksburg waar die eienaar met Lamborghini’s ry terwyl sy werkers krupeer. Het sommer nog twee vakansie huise en gaan gemiddeld 3-4 keer n jaar oorsee met vakansie. Verder doen hy hom self ook voor as n christelike maatskappy terwyl jy mense se lens verwoes. Hoog tyd dat daar beter beheer is oor sekuriteit maatskappye wat 90% die veiligheid van alle inwoners verseker.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.