Nuwe grondeise stopgesit tot nadere kennisgewing

Argieffoto: Reint Dykema

Argieffoto: Reint Dykema

Die grondeisehof in Randburg het sy langverwagte uitspraak gelewer, wat beveel dat geen grondeise wat tussen 1 Julie 2014 en 28 Julie 2016 ingedien is, bereg of enigsins deur die hof oorweeg mag word nie.

“Nuwe eisers wat wens om ou eise wat voor 31 Desember 1998 ingedien is te betwis, mag slegs opgeneem word as belanghebbende partye tot sulke sake sover hulle deelname kan bydra tot die vasstelling of verwerping van sulke eise,” het Armand Greyling, regs-en-beleidsontleder by AfriSake, gesê.

AfriSake het in September 2016 die grondeisehof as amicus curiae (vriend van die hof), tesame met ander belanghebbende partye, genader om die stand van sogenaamde nuwe grondeise met betrekking tot ou eise op te klaar.

Dit volg nadat die konstitusionele hof die Wysigingswet op die Herstel van Grondregte (no. 15 van 2014) as ongeldig verklaar het in die Land Access Movement-saak op 28 Julie 2016. Onsekerheid het geheers oor die manier waarop die grondeisehof te werk sou moes gaan met nuwe grondeise, want die konstitusionele hof het die Grondeisekommissie ingevolge ’n interdik verbied om enige nuwe eise wat ingedien is ingevolge die Wysigingswet te verwerk.

“Die uitspraak gee ons regskundige sekerheid oor hoe die grondeisehof te werk sal gaan met die hantering van ou en nuwe eise onderskeidelik. Die hof het wesenlik besluit om voorkeur aan ou eise te gee, asook om die konstitusionele hof se besluit dat nuwe eise nie verwerk mag word nie – andersins as die erkenning van ontvangs daarvan by die Grondeisekommissie – te eerbiedig. Dit is, tensy ’n nuwe eis die geldigheid van ’n ou eis regverdig teenstaan – in welke geval die hof sal toelaat dat nuwe eisers bystaan in die bepalings van die meriete daarvan,” verduidelik Greyling.

Daar is bevind dat die parlement nie daarin geslaag het om behoorlike openbare deelname in die aanvaarding van die wetsontwerp te bevorder nie. Hulle het nou twee jaar om die wetgewing te herverorden en indien hulle nie daarin slaag nie, sal die konstitusionele hof moet ingryp.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

3 Kommentare

Is die grond betaal? ·

Tot nadere kennisgewing?? GRAAG wil ek weet of enige van hierdie sogenaamde ‘eienaars’ hulle papiere reghet. Oor wanneer hierdie grond GEKOOP is en wat hulle daarvoor betaal het? Of is grond joune as jy net daarop gaan plak met jou familie en as jy dan verwyder word soek jy vergoeding of die grond terug? Hoe werk dit dan ook nou dat NET ‘n sekere etniese groep die grond ‘besit’ het? Die arme Boesmans is van hulle grond verwyder en al het hulle hoe ‘n groot bohaai gemaak, hulle ist nou nog sonder hulle eie grond. My oupa het bv twee (in die ou dae) lokasies besit .. dit is net ‘oorgeneem’ deur die munisipaliteit of wie ookal beheer oor die plekke oorgeneem het. Die grond was syne waarop die huise gebou is .. nooit het hy aangedring daarop nie nooit het hy ‘n eis gaan instel nie .. hyt niemand doodgemaak, iemand anders se grond betree of moeilikheid gemaak nie, hy het gesterf in vrede .. pragtige ou mens wat altyd vir sy medemens omgegee het.

m ·

Sal graag wil weet wat se kriteria gebruik is om te bepaal wie kry grond. Sal ook graag stukkie grond wil he………..

Ben Prinsloo ·

Net n paar eienkappe: jy moet swart wees, jy moet ten minste maak asof jy vir die anc is, jy moet baie kan lieg en as ek jou die ander eienskappe sê dan gaan Maroela nie my antwoord plaas nie.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.