Nuwe hofaansoek oor Pfizer-entstof gebring

(Argieffoto: Graeme Robertson/AFP)

ʼn Nuwe hofaansoek voer onder meer aan die Suid-Afrikaanse Reguleringsowerheid vir Gesondheidsprodukte (Sahpra) het destyds goed geweet dat die Pfizer-entstof teen Covid-19 nie so effektief is soos wat aangevoer is nie. Dié owerheid was luidens die hofstukke boonop ook deeglik bewus van die gesondheidsrisiko’s wat die entstof inhou. Die stukke is verlede week by die hooggeregshof in Pretoria ingedien.

Die aansoek het ten doel om die besluit van Sahpra om Pfizer se Covid-19-entstof goed te keur en te registreer tersyde te stel, aangesien die inligting wat Sahpra voor hom gehad het wys dat die entstof nie veilig en effektief is nie.

Die hofstukke sal na verwagting hierdie week op Sahpra beteken word, waarna dié owerheid ongeveer twee weke kans sal hê om dit teen te staan. Benewens Sahpra, wat die hoofrespondent in die hofaansoek is, sluit ander respondente Pfizer, die president van Suid-Afrika, die nasionale en provinsiale departemente van gesondheid en die minister van gesondheid in.

Die applikant in die saak is die niewinsgewende menseregte-organisasie Freedom Alliance of South Africa, en die omvattende hofdokument van 737 bladsye steun onder meer op die beëdigde verklarings van ses mediese deskundiges en verskeie ondersoeke wat onder meer deur Pfizer onderneem is.

(Foto: Justin Tallis/AFP)

Daniël Eloff, prokureur by Hurter Spies Ing. wat die applikant in die saak verteenwoordig, het Maandag aan Maroela Media verduidelik toe die Pfizer-entstof in 2020 deur Sahpra geregistreer is, het Sahpra ʼn dossier vir registrasie ingedien – wat ʼn normale proses vir die registrasie van medisyne is om seker te maak dat dit veilig en effektief is.

Volgens Eloff het dit egter onlangs aan die lig kom dat die data en inligting wat Pfizer vir Sahpra gegee het voordat die entstof geregistreer is, daarop gedui het dat “die entstof nie so effektief is soos wat in die openbaar aangevoer is nie”.

“Dit wil sê die studies wat hulle [Pfizer] gedoen het, het gewys dat die entstof nie enige noemenswaardige verskil gemaak het om te voorkom dat Covid-19 versprei word nie.

“Die tweede belangrike ding is dat hulle [Pfizer en Sahpra] nie in die openbaar bekend gemaak het watter nadelige effekte die entstof op sekere mense gehad het nie,” sê Eloff. Dít sluit in ʼn skerp toename in kankergevalle wat by mense aangeteken is wat met die Pfizer-entstof ingeënt is.

Dokters getuig van ernstige newe-effekte

Stawende beëdigde verklarings deur verskeie mediese dokters wat deel van die hofstukke uitmaak, dui ook aan watter newe-effekte by hul pasiënte opgemerk en aangeteken is nadat dié pasiënte met Pfizer ingeënt is.

Eloff sê die hofaansoek verteenwoordig dus nie net ʼn groep mense wat sommer self besluit hulle is teen die entstof gekant nie, maar word gesteun deur wêreldbekende deskundiges in die mediese veld, onder wie dr. Herman Edeling, ʼn neurochirurg met byna 40 jaar se regsmediese ondervinding.

“Dit is nie net mense wat oor die entstof kla nie. Hier word werklik ʼn wetenskaplike benadering gevolg.”

(Argieffoto: Pfizer)

Die hofaansoek word verder gestaaf deur navorsingstudies wat onder meer deur Pfizer self onderneem is – insluitend die inligting wat Pfizer onlangs ingevolge ʼn ander hofaansoek in die VSA moes bekendmaak, wat voorheen van die publiek weerhou is.

Baie van die newe-effekte van die entstof is ook deur Sahpra self bekendgemaak. Eloff sê hoewel baie van hierdie data en inligting rondom Pfizer al geruime tyd in die openbaar bekend is, was dit moeilik vir Jan Alleman om hierdie ingewikkelde data en inligting te ontleed, en dat dit daarom belangrik was om deskundiges in te roep om dit te doen.

Eloff sê voorts dat hierdie saak ook belangrik is vir toekomstige besluite wat tydens ander pandemies geneem word.

“Die wetenskap wys vir ons dat ons meer pandemies van hierdie aard kan verwag. Hoe ons as samelewing op hierdie pandemies reageer raak al belangriker en mense moet op ʼn verantwoordelike manier reageer en veilige besluite neem.

“Hierdie geval [die Covid-19-pandemie en die goedkeuring van Pfizer] is ʼn goeie voorbeeld van hoe die land en die wêreld eintlik oorhaastig gereageer en opgetree het. Ons was so bang vir Covid-19 dat ons die entstof vinnig voorberei het en al ons normale standaarde en prosedures met die toets van medisyne en entstowwe eintlik geïgnoreer het. Die hofsaak het dus ʼn belangrike, breër doel – nie net vir Suid-Afrika nie, maar wêreldwyd. Dit gaan nie net meer oor Covid-19 nie.”

ʼn Hofdatum sal later vasgestel word.

 

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

85 Kommentare

Casper ·

Ons het ook gelees van mense wat met die Johnson en Johnson entstof ingeënt is wat dood is en baie ernstig siek geword net na die inenting.

Nettie ·

En dit maak dit beter HOE presies, Piet? Ek is ook “ernstig siek” (ek lei aan ‘n auto-immuunsiekte). Daar’s vir ons gesê dis REEDS siek mense wat dit moet kry! Dit was ‘n fatale leuen. ‘n Mens kan met ernstige siekte NOG STEEDS iets vir jou familie beteken! Al is dit ‘n maand of ‘n jaar. Hulle was ontneem van daardie kosbare dae.

Gert ·

Ons het nie gelees van hulle nie maar ken hul wel persoonlik.

Nettie ·

Ai Gert, dis so hartseer. Ek is jammer vir julle verlies. ‘n Mens het nie woorde oor wat hier gebeur het nie. Mag julle vrede in jul harte vind met tyd.

VaalDonkie ·

Ironies genoeg is die J&J entstof oor die langtermyn baie veiliger as die Moderna en Pfizer entstowwe. Die J&J gevalle het dadelik gebeur, terwyl die Pfizer/Moderna gevalle eers baie later kop uitsteek.

Groen Ghoen ·

Baie interessant. Ek onthou baie goed die vernedering wat die leier op haar gebied, hartspesialis dr. Susan Vosloo, moes verduur toe sy as ‘n ketter uitgekryt is nadat sy die wetenskap agter die “inentings” bevraagteken het. Wat ‘n skande! En die res van ons dokters bly net stil? Met stewige Covid bankrekenings?

Harley Davidson ·

Die entstof en covid se doelwit was agv ‘n méér ingewikkelde toets deur die mense in beheer van die nuwe wêreld orde wat geskep moet word.Ek verstaan nie hoekom Pfizer nou uitgesonder word nie.

Gert ·

Die skade is gedoen. Die 2030 plan is in vol aksie . Fluitjie blaasers word as “Conspiracy theorist tin foil hat” mense uitgekryt.

GeloofInGodNieMense ·

Maar toe ons mense waarsku is ons uitgelag en conspiracy theorists genoem. Skielik kom kanker terug – sommer stage VIER ná 30 jaar plus in remissie??? Mense sterf skielik in hul slaap. Fikse mense slaan dood neer. Gelukkig kan God steeds sake omdraai as ons repent en vra vir Goddelike genesing. Hy is ons ENIGSTE Hoop. My hart WEEN vir vriende en familie wat nie wou gehoor gee. Mens selfs GEBLOCK het!

Nie Verbaas ·

En nog steeds is daar mense wat nog geensins die lig sien nie.

LIEZL ·

Welgedaan, Lizette Mense het ons ook vermy, ons het nie gewaag om enigiets te sê oor die ‘wonderlike entstof’ nie. Vandag is ek oor en oor dankbaar. Ek het ‘n chroniese siekte, maar dank ons Liewe Vader dat hy my super gesond hou. Mense na aan ons is heeltyd siek, wat entstof geneem het. Hulle het nou verkoues, griep en allerhande dinge en dit hou nie vir ‘n dag of twee nie, vir weke aaneen.

Gert ·

Dit is waar wat jy se. Maar menigte sal die dier volg. Ek sien hier aan die emigos wat nie van jou mening hou nie is daar reeds 6 wat deur die dier mislei word.

Treurwilger ·

Puik nuus.
Welgedaan, alle mense wat die Covid-diktators en vax-leuenaars aanvat.
Skandelik dat die oorgrote meerderheid tjoepstil en sonder berou is.

Nettie ·

Ek dink ons gaan ‘n ewigheid wag as ons wil hoor hulle sê “jammer”, Treurwilger.

Miskruier ·

Hul het geweet en tog voortgegaan om mense aan te moedig om te spuit. Hoeveel mense ken soos ek iemand wat nou met neurologiese probleme in n rolstoel opgeeindig het? Iemand wat deur n Pretoria chirurg vertel is van die snaakse stolsels wat hy uit haar buikholte are verwyder het? Iemand wat n pasaangeër moes ontvang en net daar toegemaak is omdat hy vol kanker is? Iemand wat na die spuit onmiddelik begin menstrueer vir twee weke lank?

piet ·

Kan jy die besonderhede van hierdie mense gee sodat ons dit wetenskaplik kan opvolg OF gee die inligting deur vir die media sodat hulle die storie kan oopvlek. Toe nou, hier is ‘n gulde geleentheid.

Miskruier ·

Die media wil dit nie oopvlek, die dokters bly stil, maar ons weet. Die laaste geval is my eie kind.

Manie ·

Siende dat ons bedrieg is en die feite van ons weerhou is, dring ons daarop aan om ingelig te word oor die gevare wat die Pfizer entstof inhou.

Wondermaarnet ·

Ek het my Pfizer gekry 6 weke na ek positief getoets het en ‘n booster daarna en nog ‘n booster en so wraggies kry ek weer ‘n sms ek is due vir nog ‘n booster, maar het nie gegaan nie. Hoeveel van die gif will hulle my dan voer?

LIEZL ·

Wondermaarnet, so bly jy het dit stop gesit. Dis absolute bog. Mag ons Vader jou beskerm vandag en altyd

Gert ·

Net soveel as wat jy bereid is om te neem. Niemand gaan jou oordeel of benadeel as jy die neem daarvan stopsit nie. Laat doen n micro bloodclot toets en vind uit wat die skade reeds is.

Piet ·

Wat die mensDOM alles sal doen vir geld. Die meerderheid van mense word soos skape gelei want hulle is te lui of te besig om alles te bevraagteken en na te gaan. Jou gesondheid is meer belangrik as enige iets in die wêreld en al die geld in die wêreld kan nie jou gesondheid koop as jy die verkeerde lewens keuses maak nie.

Henry ·

dit het net om geld gegaan. 100 maal n dag gehoor jy moet die inspuiting kry of jy sal doodgaan. hulle het die mense so bang gemaak.
ek hoop daar is n groot boete sodat sulke goed nie weer uitverhouding opgeblaas sal word nie.

Daisy ·

Ek is baie dankbaar dat ek en meeste van my familie nie vir enige een van die sogenaamde entstowwe gegaan het nie.
My gesonde verstand het my laat besef die entstowwe is nie goed genoeg ontwikkel en nagevors nie.
Effektiewe entstowwe vat jare se navorsing.

JD ·

Wel gedaan. Ons is geskape met n immunsisteem. Vrees het ongellukig die oorhand gekry oor baie mense. My eie pa is oorlede met Covid, maar was glad nie n voorbeeld van gesondheid nie.
Maar ons het besluit hulle kan hulle inspuitings druk net waar hulle wil, net nie in ons arms nie.

JvR ·

Dit was baie effektief. Menige wit kruisies in begrafplase kan daarvan getuig

Amelia ·

laat mens wonder te veel mense op aarde en vinnige manier om te verminder sal my nie laat spuit nie en hoeveel geld ons eie president gemors op die entstof my is my vraag ook is daar werklik “covic “

piet ·

Alhoewel die entstof toe nie blyk te effektief te wees teen die VERSPREIDING van die virus nie, is dit wel wetenskalik bewys dat dit uiters effektief is om ernstige siekte te voorkom en die sterftesyfer drasties te laat afneem. Ek is dankbaar vir die entstof en dat dit my beskerm het teen ernstige siekte. Die entstof het gewerk soos wat entstowwe verwag word. Biljoene dosisse toegedien en min ernstige newe-effekte waargeneem gemeet aan die aantal toedienings. Waarskynlik een van die veiligste entstowwe ooit gemeet aan die massa toedienings. Geen medisyne is 100% veilig nie.

LIEZL ·

Ek is dankbaar ek het dit nie geneem nie en ek is 100% gesond. Dan beskou ek myself ook dat ek beskerm is teen ernstige siekte

Samuel ·

Baie goeie nuus. Ek onthou ook dr. Herman Edeling se uitsprake op kykNET se program, Wat is waarheid? Geld was belangriker as mense lewens.

Nie Verbaas ·

Nou toe nou, dit lyk vir my die “samesweringsteoretici” was toe nog die heeltyd reg.

JvR ·

Ek het uit samesweringsteorieë uitgehardloop. Te veel het waar geword. Seder 2019

Faraway ·

Ons wat dit NIE gevat het nie was as uitvaagsels behandel en as die oorsaak van toename beskuldig . . . en nou?
Diegene wat dit wel geneem het . . . leef nou in vrees

piet ·

En nou wat, wie leef in vrees? Die wat dit gekry het, het dit reeds 2 jaar gelede gekry en sommige nog langer terug. Ek is fikser en gesonder as ooit. Hierdie aansoek gaan oor die effektiwiteit van die entstof in terme van VERSPREIDING van die virus. Niks te doen met die geweldige effektiwiteit in terme van voorkoming van ernstige siekte nie wat wetenskaplik bewys is.

Faraway ·

Môre Piet . . . Ek oordeel niemand wat dit wel geneem het nie, dis net genade van bo dat van ons dit vrygespring het, net GOD alleen het my staande gehou. Jou breedvoering verduideliking bewys net jou onsekerheid en valse hoop. Sterkte

Cherokee ·

En Faraway, dink net hoeveel mense het piet probeer oorreed om daarvoor te gaan.
Die glimlag wat ons nou het, is nie vermakerig, geensins, want ons is jammer vir die wat daarvoor gegaan het en wens hulle gesondheid toe. Ons glimlag uit dankbaarheid dat ons ons daarvan weerhou het.

piet ·

Niemand het my probeer oorreed nie. Gesonde verstand het die besluit geneem om vir ‘n inenting te gaan want op daardie stadium het niemand geweet hoeveel mense sou doodgaan aan die virus nie. Diegene wat op daai stadium dit geweier het, het ‘n dobbelspel gespeel met hul lewens.

Nettie ·

Piet, vaksienes was nog altyd beoordeel deur “risk vs benefit”. Jy noem dat ons het ‘n dobbelspel gespeel, maar wat jy mis, is dat jy OOK het.

Ons het die risiko’s van Covid gekies, eerder as die risiko’s van die vaksiene. Dit was nie ‘n dom besluit nie, inteendeel. Die “risk vs benefit” van die vaksiene styg daagliks soos nuwe kankers, siektes en sterftes gerapporteer word.
Sterkte jong.

Gert ·

Onthou jy kan jouself nie laat unvax sodra jy die fout agter gekom het nie maar wel jou eie imuniteit boost op n natuurlike mnanier wat totaal in jou beheer is. Trots op die wat nogsteeds hulself purebloods kan noem.

George ·

Hier kom al die “keyboard wetenskaplikes” verstaan nie hoe werk n vierrigting stop nie, maar is kenners in wetenskap, lol.

JD ·

Ja, want dit is heelemalonmoontlik dat die farmaseutiese reuse, hoofstroom media en regerings saamgewerk het om biljoene $ te maak, neh?
Ons oë is oop, maar ons is blind.

Gert ·

Jy weet mos nou mooi wat is state capture? Nou het dit voor die lig gekom ons was ge medical capture. Sommige het geboed met hul lewens en ander lewenslank geskend. En jy ondersteun nogsteeds die wetenskaplikes wat saam die politikuste werk?

JD ·

Ek is bly dat hierdie inligting uiteindelik aan dit lig gekom het.
Want die van ons wat vir onsself gedink het en besef het dat daar nie genoeg toetse gedoen is nie is uitgelag en verkleineer en gedoop as “anti-vaxers”. Mense het hul werke verloor, vriende en familie bande is verwoes weens mense se kranksinnige geloof in die media. Dit was een van die grootste sielkundige oorlogvoerings veldtogte wat ooit op die mensdom uitgevoer is, maar meeste het ongelukkig gekies om die nonsens in die media te glo.
“Dis waar, want die tannie op die tv het gesê dit is so”. Hoe onnosel.

Daar is egter n meer duistere agenda. Hierdie was n oefenlopie om te sien hoe greed die volke is vir digitale ID/Paspoorte, gepaar met CBDCs. Die verhoog is voorberei vir die seun van die verderf om sy plek in te neem.

Duidelik is die oorgrootte meerderheid maar te gretig vir daardie dag om aan te breek en weë hulle wat nie die Skrif lees end verstaan nie.

Oefenlopie was suksesvol, skrik wakker!

Jaco ·

Toe ek en andere tydens die inperkingstyd teen dié entstowwe gewaarsku het, is ons amper gekruisig of ons kommentare is nie geplaas nie. Selfde met ons waarskuwings dat Corona hoogs waarskynlik uit ‘n laboratorium in China kom. Nou kom die waarheid wat ons lankal versprei het so stuk-stuk uit.

annie ·

Ons regering het miljoene bestee aan ‘n lab in die Kaap eers toe die pes reeds gekwyn het en hul die resep verniet kon afbedel. Inderwaarheid sit hul met ou entstof opgeskeep. Kom daar weer ‘n spook sal hierdie regering weer dieselfde doen met antie-dr Z op die podium. Die professor wat gekruisig is oor haar waarskuwing? Is sy gefire of vereer?

chris ·

Ek sou graag ‘n wereldwye ope debat hieroor wou sien.Dit was absoluut net ‘n eenrigtingverkeer waar jy daagliks gebombardeer was met eensydige statistieke.Word daar net so akkuraat en volledig statistieke bygehou oor beserings,nagevolge en dood as gevolg van die inentings en hoekom word dit nie met dieselfde ywer gepubliseer nie?

Zoey ·

Glo my, ek is net so spyt ek het gegaan vir die ent, nadat ek reeds Covid gehad het. Maar in sommige gevalle is druk so van die werkgewer toegepas dat jy maar gaan ent het. Kyk maar na onderwysers. Covid het nou ‘n tweede keer ‘n draai by my gemaak. Ek sit met geheue probleme, swakker longe en bene wat party dae so pyn, jy weet nie hoe om te sit, staan of lê nie. En die alewige moegheid. So nee, die Covid ent is dit nie werd nie.

JD ·

Sterkte aan jou, dit is tragies. Mag die Here jou ten volle genees

Raadsman ·

Daar is duisende mense dood a g v entstowwe en steeds gaan mense dood daarvan, maar mense was gevorseer om dit te neem, selfs in groot maatskappye anders kon jy afgele word in sekere gevalle.
Hier sal niks van kom nie, want die vergoedings kostes sal te veel wees. Net jammer soveel mense het dit so maklik aanvaar wanneer hulle lewe daarvan afhang.

piet ·

Jy sal wetenskaplike bewyse moet voorle van hierdie duidende mense wat kwansuis dood is anders is dit net bespiegelings van nul en gener waarde.

Wonder ·

Ek het ook al 2 phizers spuite gekry, ek weet nie of dit die Pfizer is nie maar na dit het ek agter gekom my sig raak al hoe meer slegter…

Cherokee ·

…teorieë misplaas? Soos jou gebruikersnaam?
Moet nie dink jy kan vir ons praat oor hoe ons voel nie. Ons is werklik jammer dat ons waarskuwings geignoreer is.

LIEZL ·

nee, dis nie die geval nie, ons is ERG dankbaar. En ons bedoel ek nie anti vaxxer nie, want ek is ‘n mens met my eie naam. Ek hoef nie ‘n bynaam te kry nie. Ons is kinders van ons liewe Vader in die hemel. Soos jy ook

JD ·

Niemand keer jou om te glo wat jy wil nie.
Kry gerus nog n inspuiting, los net diegene wat twee en twee bymekaar sit uit om vir hulself te besluit.

Oh nee, wag, die ideologie van “toleransie”, kan mos nie toelaat dat iemand van hulle verskil nie, my fout, ek het vergeet, skiesie.

piet ·

Dit lyk vir my eerder dat dit die anti-vaxxers is wat geen toleransie toon nie as ek die kommentare so lees.

JD ·

Ek is nie anti vax nie, ek het my bedenkinge oor hierdie spesifieke vax gehad en n besluit geneem om dit nie te vat nie. Is uitgejou en beledig daarvoor.

Ek hou vol dat elkeen geregtig is op sy opinie.
Dit gaan oor mediese vryheid.

Ek het geen probleem met mense wat besluit het om te vax nie, hoe is ons dan nou skielik dies wat geen toleransie toon nie?

Jammer ek volg nie slaafs na wanneer die nuus vir my sê om te spring nie, maar jys welkom om so te maak,

Sterkte.

Nettie ·

Want julle “shed”!! Nou moet ons julle “shedding” deurleef! Julle aksies het ONS gesondheid nou beinvloed!

Gert ·

Sal al die mense wat hulle familie en vriende wat jul uit jul lewens verban het en die naam “Tin foil hat mense” gegee het asseblief onverskoning vra en weer aanvaar? Daar is selfs mense in my vriendekring wat geweier het om jou na hul huis te nooi indien jy nie n entings sertifikaat kon toon nie. Hierdie plandemie het ons dalk net meer van mekaar as mens geleer.

Sokrates ·

Die “fear mongering” was baie effektief gedoen, so ook die “naming, blaming, shaming” van die denkendes wat oor drie jaar die wêreldwye bevraagtekening deur top wetenskaplikes en mediese spesialiste wel ter harte geneem het, en hulle nie laat breinspoel het nie. Ek sal graag wil hoor wat die wetenskap joernalis Elsabe Brits nou te sê het, en ook Piet Mouton van PSG…. Ons sal nie vergeet hoe ons ten hemele verwyt en vir “gekke” uitgemaak is nie……..

Nettie ·

2021-2022: Veilig en effektief. Alle stemme, selfs die op MM word stilgemaak wat dit durf waag om dit te bevraagteken.
2023: Nie veilig OF effektief nie.
2024: Gaan mense dan besef dit was BEPLAN? Sal julle “cognitive disonance” dit toelaat?
2025: ……. Gaan julle aanvaar wat kom? 3-5 jaar na die inspuitings? Of gaan ons daaroor OOK stilgemaak word? OOK “conspiracy nutheads” genoem word tot die Elite dink dis tyd dat julle die inligting kry op MSM?

Nettie ·

Nee Vriendelike Frikkie. Ons is nie tevrede nie. Ons is KWAAD. Ook vir mense soos jy wat ons nog STEEDS “anti vaxxers” noem. Hoe onnosel kan mens wees? Hierdie was nooit ‘n vaksiene nie, maar hulle ERKEN NOU dit was Geen-Terapie!! Ons is dus anti-Geen-Terapie en nooit teen vaksienes nie.

JvR ·

Sopas iemand gesien wat die “regte ding” gedoen het. Haar drie maande gelede blakend gesond gesien. Nou skielik in rolstol. Outomaties want nie genoeg krag om self die wiele te draai nie. hmmmm

Wendy ·

Dankie Maroela media dat julle uiteindelik hierdie belangrike inligting aan die MSM bekend maak – mense moenie nou armpies in die lug gooi en vra hoekom is hulle nie gewaarsku nie want hulle IS – maar die minderheid was uitgeskel as conspiracy theorists !!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.