Nuwe Mej. SA oor kroon, drome vir SA

Lalela Mswane is as Mej. Suid-Afrika 2021 gekroon. (Foto: Verskaf)

Lalela Mswane, die 24-jarige skoonheid van KwaSokhulu, Richardsbaai in KwaZulu-Natal, en die splinternuwe Mej. Suid-Afrika-kroondraer, het Sondagoggend op ʼn mediakonferensie in Kaapstad gesê sy is “dankbaar” vir die nuwe rol wat sy nou vervul.

Sy is Saterdagaand tydens ʼn glansgeleentheid by die Grand Arena by die GrandWest Casino in Kaapstad as die nuwe Mej. Suid-Afrika aangewys.

Moratwe Masima en Zimi Mabunzi het die res van die topdrie uitgemaak en was ook op die mediakonferensie teenwoordig saam met Dan Plato, burgemeester van Kaapstad.

Mswane, ʼn danser en model, is nie net ʼn mooi gesiggie nie en het ʼn regsgraad verwerf aan die Universiteit van Pretoria. Sy sê sy het lank gewag vir die geleentheid om as Mej. SA ʼn verskil in die land te maak.

“Ek verstaan die verantwoordelikheid wat met hierdie rol gepaard gaan en die gewigtige taak wat voor my lê, maar ek is vasberade om myself en alle Suid-Afrikaners trots te maak,” het Mswane gesê.

Lalela Mswane. (Foto: Hanri Human)

Sy beplan om haar veral op die werkloosheidsyfer in Suid-Afrika toe te spits en sê sy sal graag die minister van arbeid en indiensneming, Thulas Nxesi, wil ontmoet om maniere te bespreek om die groeiende werkloosheidsyfers te takel.

“Ek besef dat dit ʼn enorme taak is, maar dit is belangrik dat ons veral die entrepreneursvaardighede van jongmense in die land ontwikkel en sodoende geleenthede en bemagtiging skep. Dit gaan uiteraard baie moeilik wees, maar ek is gereed om my beste te doen om dié reusetaak aan te pak.”

Sy het gesê sy het tydens die reis na die kroon met tye in haar eie vermoë getwyfel, maar dat sy vrede in gebed gevind het.

“Ek het ook geweet dat enigiets wat vir my bestem is, nie van my af weggeneem kan word nie en dit het vrede in my hart geplaas. Enigiets wat joune is, sal jou nie verbygaan nie.”

Dit was die eerste keer in Mej. SA se geskiedenis dat die topdrie slegs uit swart deelnemers bestaan het.

“Dit is ongelooflik om geskiedenis te maak en moet my nie verkeerd verstaan nie, ek is uiteraard baie trots. Dit is egter belangrik dat ons nie moet vergeet van die ongelooflike platform wat ons gebied is en dat dit nie net oor ras gaan nie – elke klein dogtertjie behoort hulself in ons gesigte te herken, ongeag van hulle kleur,” het sy gesê.

Moratwe Masima, Lalela Mswane en Zimi Mabunzi het geskiedenis gemaak deur die eerste topdrie in die mej. SA-kompetisie te word wat slegs uit swart deelnemers bestaan. (Foto: Verskaf)

Sy het skertsend bygevoeg dat haar familie en vriende amper meer opgewonde is oor haar aanwysing as die nuwe Mej. SA as wat sy is.

“Enigiemand wat my ken, sal weet dat ek hierdie droom al vir die langste tyd koester en om uiteindelik my droom te kon bewaarheid, is ongelooflik verby. Ek laat ʼn lewe van selfsugtigheid agter en betree ʼn lewe waar ek my land en landgenote gaan dien.”

Mswane wen ʼn pryspakket en borgskappe ter waarde van meer as R4 miljoen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Strandloper ·

Tog snaaks dat al 3 in rooi is….het die maletjie en company n eier daar gelê?

Sarel ·

Die heke wereld i s in rep & roer oor Covid en Korona en hier gazn die ding voort sonder maskers of sosiale afstand.. belaglik

piet ·

Hoekom, omdat dit ‘n swart meisie is wat gewen het? Waardige wenner gemeet aan die redelike flou kompetisie van die ander kandidate. Sy verdien verseker die kroon tussen daai klompie.

JohanR ·

Waneer kry ons weer iemand met n lekker dik bos hare wat soe waai as sy loop. Maak nie saak watter kleur hare,,,,swart, brunette, blond.

Zombie ·

Drome bring mens nie juis ver. Die dame moet eerder oorweeg om te DOEN en minder te droom.

Casper ·

Miskien sou sy in ‘n beskaafde SA iets kon regkry,maar nou ja ek hoop sy stel my aan om haar lugkaste te verf want van haar drome gaan niks van kom nie.Die kroning is vir my nie ‘n verrassing nie.Wie is die hoof van TV kanale ek vra maar net.

Sarel ·

Wat maak hulle sp so spesiaal dat Covid reels nie van toepassing is nie

piet ·

Definitief die beste keuse van die top-5. Welverdiende wenner. Lekker prysgeld ook.

annie ·

Die wenner se grootse droom sal haar moet dra tot op die troon want dit is al wat sy meer het as die res.

Belinda ·

Kyk dit lankal nie meer nie, en stel ook nie belang nie, en so sal dit bly.

Annalie ·

Ek het so halfpad deur die kompetisie begin kyk. Werklik trots op die keuses en indien sy haar werk reg doen, het ons geen probleem nie. Mag sy net blessings ontvang gedurende haar diensjaar.

Samuel ·

Gaan voort om te droom. SA sal nooit regkom nie en bly ‘n Piesangrepubliek. Jou kroon beteken niks.

Korrelkop ·

Ja-nee kyk, ons land is in groter moeilikheid as wat ons gedink het

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.