Nuwe universiteit vir Oos-rand beplan

Mzwandile Masina Foto: @GautengANC, Twitter

Mzwandile Masina Foto: @GautengANC, Twitter

Mzwandile Masina, die nuutverkose burgemeester van Ekhurhuleni, het Woensdag gesê die metro sal binnekort sy eie universiteit kry.

Hy het tydens ʼn raadsvergadering in Germiston gesê ʼn universiteit vir Ekurhuleni is nie meer onderhandelbaar nie. “Ons is vasbeslote oor hierdie besluit en beloof om grond beskikbaar te stel sodra ons ʼn belegger kry,” het hy gesê. “Dit is nie aanvaarbaar dat ʼn stad met ʼn bevolking, wat groter is as Mpumalanga, die Vrystaat, Noord-Kaap en Noordwes s’n, nie ʼn universiteit het nie.”

Masina het gesê Ekurhuleni is ook die vervaardigingskern van die kontinent, die tuiste van Afrika se grootste internasionale lughawe en die ook die ligging van die grootste spoorrangeerstasie in die suidelike halfrond. Hy het verder gesê dienslewering in die metro sal bespoedig word en waterlekkasies en straat- en verkeersligte wat buite werking is, sal binne 24 uur herstel word.

Hy het ook gesê ʼn kragstasie vir Ekurhuleni, werkskepping, elektrisiteit in informele nedersettings, WiFi in die metro en die konstruksie van 100 000 huise sal voorkeur geniet. Masina beplan ook om ʼn kommissie op die been te bring om bedrog en korrupsie hok te slaan en om strate te herbenoem na struggle-helde.

Masina het Woensdag sy nuwe burgemeesterskomitee aangekondig:

Doctor Xhakaza – Finansies en ekonomiese ontwikkeling
Robert Mashego – Infrastruktuur
Petrus Mabunda – Vervoer
Tiisetso Nketle – Water, sanitasie en energie
Masele Madihlaba – Stadsbeplanning
Dorah Mlambo – Gemeenskapsdienste
Lesiba Mpya – Menslike nedersettings
Ndosi Shongwe – Omgewingsake en vullisbestuurdienste
Khosi Mabaso – Korporatiewe en gedeelde dienste
Vivian Chauke – Gemeenskapsveiligheid

Masina het oorgeneem by Mondli Gungubele nadat die ANC na afloop van die munisipale verkiesing ʼn koalisie-regering met opposisiepartye gevorm het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Johan ·

Nou al die planne…..na-aap julle nou die DA om eintlik iets te doen? Wel dit gaan dalk gebeur oor 10jaar….sal eers 1biljoen kos en dan uiteindelik 3 biljoen……

Pietman ·

net sodat almal weet R 1biljoen = R1 000 000 000 000 en R1 miljard=R 1 000 000 000. Die engelse billion = miljard in afrikaans.

Johann ·

Whooopppeeeee! Klink na die selfde steeds nie nagekome snert wat die ANC oor en oor belowe en oor en oor nie doen nie. UNIVERSITEIT? Gebou met watter finansiele logika as FEESMUSTFALL die ANC in die gat byt? Of net NOG n bymekaarkom verskoning vir ” studente” wat nie kan lees of skryf of basiese wiskundige beginsels toepas nie? En hoe lank na die bou van so n mite…begun klasse in brand en roof en breek?

marie ·

Ja, bou die universiteit. Daar is verwoesters wat dit sal afbrand

JC ·

Hehe, wat ‘n GRAP!
ONS GLO DIT OPREG. MISKIEN IS DIT ‘N GOEIE DING…MISKIEN KEER DIT WEG DIE SG.
“STUDENTE” WAT STROOM NA KAMPUSSE SOOS TUKS EN KEER HUL DAN WEG NA EKURHULENI DAT HUL DAAR HUL NONSENS GAAN AANJAAG EN PLEKKE SOOS TUKS MET VREDE LOS; NE MNR DIE GESKORSTE SR LID WAT BLANKES MET ‘N BAZOOKA WIL SKIET HEHE!! , EN ‘n ASEMPIE VIR AFRIKAANS EN AFRIKAANSES. VJI- TUKS SAL IMMERS AFRIKAANS BLY!!

KarooKlong ·

Aitsa! Wegspringblokke is deesdae ‘n populêre ding nê.

Lance ·

Hulle gaan hom ook lekker brand plunder breek en verniel …

Grap ·

Ek sien sy raad is ook nie weerspieëling van die demografie nie

Ander Koos ·

Wel die finansies gaan darem deur Doctor hanteer word! Wees verseker straatname sal verander, die res bly maar onwaarskynlik, die pasient is al terminaal

humor ·

Ander Koos ons het dieselfde gedagte, Een waarborg waarop ons kan staan die straatname sal verander word. Ons sal lank wag, die ekonomie staan in die weg van hul skielike onverwagte entosiasme

Rapes ·

Ek hou van die idee dat julle die straatname wil verander na struggel helde. Onthou om ‘n staat na my te benoem, want ek het ook in die 70’s gestruggel om die land terroris vry te hou totdat F.W. en sy gespuis die land weggegee het.

snoefie ·

gaan hulle nkandla verkoop om daardie universiteite te bou? as hulle die duur teeroad na nkandla oprol en ook verkoop en wit kontrakteurs gebruik, is dit doenbaar. hoe onselfsugtig van die pressie.

Jeanne ·

Dis wonderlik .. ons het lankal nog ‘n universiteit nodig gehad, wonder net of dit VERNIET gaan wees, indien nie, gaan hulle daar ook protes aanteken en die plek afbrand. Klink FEESMUSTFALL bekend? Dit het nie oor Afrikaans gegaan nie, daardie was net ‘n rookskerm, dit gaan oor GELD, en het nog altyd daaroor gegaan, hierdie “studente” wil alles VERNIET hê, want hulle dink alles was verniet in die ‘ou dae’ , hulle weet nie dat gewone mense ook maar lenings by banke uitgeneem het om hulle kinders te laat studeer en sommige mense JARE nadat hulle ‘n praktyk gevestig het of jare nadat hulle begin werk het steeds aan ‘n studielening afbetaal het nie … nee alles moet “MAHALA” wees .. dis te lekker. Na die tyd kry almal dieselfde salaris, een se studies was VERNIET, die ander een betaal aan ‘n studielening by die bank af vir jare.

Jeanne ·

Die Burgemeesterskomitee is vreeslik verteenwoordigend van die land se bevolking .. mag ons nou ook aangaan oor rassisme of is dit nie rassisties nie? Indier? Kleurling? Blanke?

TM ·

Sal binne 24 uur herstel word. Hahahaha wat ‘n grap. Kon dit nie eens in meer as 20 jaar herstel het nie. En natuurlik sal straatname weer opduik, want dit is ‘n klein maklike jobbie en so breinspoel hulle weer die volgelinge dat hulle omgee.

Potlood ·

BooHoo, en wie gaan die instansie befonds? Die laaste wat ek gehoor het maak die universiteite nie meer geld nie want niemand wil mos betaal nie, en dit word af gebreek… Ek dink hy kruip G…

Dat wil ek ook weet hoekom dit lees dat daar net sommige etniese groepe op die lys is… Hoe is dit verteenwoordigind van die bevolking….

Wonder wie se standbeelde kom daar… Alles is mos politiek en anti apartheid… Die lied sal Nooit verander nie. Die Struggle sal Nooit oor wees nie want dan is die Cause daarmee heen…

Onbekend ·

Waar is Ekurhuleni, wat gaan die voorgeskrewe haarstyle wees?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.