Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het gesê hy gaan, weens onvoldoende bewyse, nie pres. Jacob Zuma se seun ná ʼn noodlottige ongeluk vervolg nie.
“Die saak sal na ʼn landdros verwys word vir ʼn formele geregtelike doodsondersoek,” het Nathi Mncube, woordvoerder van die NVG, Donderdag gesê. Die ondersoek moet bepaal of die ongeluk as gevolg van ʼn menslike fout plaasgevind het.
Duduzane Zuma het glo in Februarie ʼn minibustaxi in Rivonia, Johannesburg, met sy Porsche gestamp. Die taxi het omgeslaan en een persoon is dood en drie ander beseer.
Hoofsuperintendent Wayne Minnaar, woordvoerder van die metropolisie, het in daardie stadium gesê die Porsche het die taxi by die Grayston-afrit op die M1-suid van agter getref. IOL het destyds berig ʼn 14-jarige is dood. Die Sunday Times het egter berig die slagoffer was ʼn 30-jarige vrou, Phumzile Dube.
Lees ook:
Zuma se seun ondervra oor noodlottige ongeluk
Zuma se seun moontlik vir strafbare manslag ondersoek
What’s new. Of hoe se hulle in engels ?
want my van is Zuma ek ry in `n Porche en my pa is gieterkop die belastingbetaler koop vir my karre en betaal vir my duur lewensstyl en ek is bo die reg verhewe niemand sal aan my kan raak nie
Nes pappa…Altyd onskuldig…
Gert jy slaan die spyker bo-op GIETERKOP. Laat ZUMA na BITTERFONTEIN kom want ons ry nog blok Datsun karre SSS sover terug as 1970. Ons wil ook in die mode wees met LUUKS.
Ja nee – “Onvoldoende bewyse” is ook nou al goed deel van hulle woordeskat vir sekere sake van sekere mense. Hoe gerieflik is dit net nie.
Ek wens ek kon my pa kies.