Mudd die bulhond geniet die gesin se trampolien terdeë en ʼn video van sy toertjies doen ná bykans twee jaar steeds die ronde op sosiale media.
Lees meerAlles vir Donderdag 17 Julie 2014
Video: Malaysia Airlines-vliegtuig stort neer in Oekraïne
ʼn Passasiersvliegtuig van Malaysia Airlines wat van Amsterdam na Kuala Lumpur onderweg was, het in die Oekraïne neergestort, waar pro-Russiese rebelle en regeringsmagte oorlog voer.
Foto’s: Vrou erken dagga behoort aan haar
‘n 31-jarige vrou het in die hof erken dat 50 kg se dagga ter waarde van meer as R50 000 aan haar behoort.
NVG gaan nie Zuma se seun vervolg nie
Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het gesê hy gaan, weens onvoldoende bewyse, nie pres. Jacob Zuma se seun ná ʼn noodlottige ongeluk vervolg nie.
Tienerseun vas oor vriend se moord
ʼn 14-jarige seun is in hegtenis geneem nadat hy glo sy vriend in Kagiso naby Krugersdorp in Gauteng vermoor het.
Verdere uitstel vir Zuma se reaksie op Nkandla
President Jacob Zuma benodig nog inligting voordat hy op bevindings oor sy Nkandla-huis kan reageer, het sy kantoor Donderdag gesê nadat hy ʼn sperdatum gemis het om aan die parlement verslag te doen.
Telkom stem in om herstrukturering, afleggings te stop
In ’n ooreenkoms met die vakbond Solidariteit het Telkom vroeër vandag onderneem om sy huidige herstrukturerings- en afleggingsproses vir eers te staak. Dié onderneming sluit in die opskorting van die gebruik van ras as ‘n kriterium in die bepaling van afleggings.
Hawelose kinders ontdek gru-vonds in asblik
Twee hawelose kinders het Donderdag op ʼn erg geskende fetus in ʼn asblik in Bloemfontein se middestad afgekom, terwyl hulle kos gesoek het.
Bussie-ongeluk: Seun se hart klop nog sterk
Hercules Homan (10), wat onlangs op ʼn sypaadjie in Hendrina, Mpumalanga, deur ʼn minibus getref is, se hart klop glo steeds sterk nadat dokters vroeër die masjiene wou afskakel.
Resepteboek: Winterkos in Provence
Die boek is vol watertand-idees en sy maak seker dat die resepte sonder te veel moeite of onkoste buite Frankryk aangedurf kan word. Die boek is op Suid-Afrikaanse kokke gemik en al die bestanddele is plaaslik beskikbaar.
Jagskou-skietongeluk: Saak wéér uitgestel
Sean Kotzin wat sy seun glo per ongeluk by die Huntex2014-jagskou in Midrand geskiet het, se saak is Donderdag weer ná ʼn vlugtige verskyning in die Alexandra-landdroshof uitgestel.
Seun (5) word vermis ná pa se kar gekaap is
ʼn Vyfjarige seuntjie word sedert Dinsdagaand vermis nadat sy pa se voertuig in Bronkhorstspruit in Gauteng gekaap is.
Woord: Stulp
Die jongste neiging is om pruilmond te hê op ‘n selfie, maar daar is tog ‘n betekenisverskil: die regte woord is stulp! Lees vandag se Taaltoffie om meer uit te vind.
Klank: SA moet beleid oor Israel hersien, vra SAIRV
Die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge (SAIRV) sê die land behoort sy buitelandsebeleid oor Israel te hersien.
Gesin radeloos ná tiener verdwyn
Natalie Cage, ʼn ma van Alberton aan die Oos-Rand, is radeloos nadat haar 13-jarige dogter, Dominique, op 28 Junie verdwyn het.
Komende komeet toe al die tyd twee
Die beoogde landing op ‘n komeet op 11 November het skielik veel ingewikkelder geword toe foto’s van die naderende Rosetta-tuig onthul het dat die komeet twee koppe het wat aanmekaar vassit.
Tifoonsterftes in Filippyne styg
Minstens 38 mense is dood nadat ‘n tifoon die Filippyne getref het
Boek: Jy kan ‘n verskil maak
God roep nie bekwame mense nie, Hy bekwaam die mense wat Hy roep. In Jy kan ʼn verskil maak kom sê Stephan Joubert vir elkeen: Dis nie so moeilik om ʼn dissipel van Jesus te wees nie. Bekendes soos Lindie Strydom, Liesel Krause-Wiid en Tom Smith deel hul getuienisse.
Vier vas ná hoëspoedjaagtog deur JHB
Vier vermeende rowers verskyn Donderdag in die Alexandra-landdroshof nadat hulle, ná ʼn wilde hoëspoedjaagtog deur Johannesburg se noordelike voorstede, in hegtenis geneem is.
Bettysbaai-huise verwoes; talle ontruim weens wegholbrand
Talle inwoners van Bettysbaai in die Wes-Kaap moes Woensdagaand hul huise ontruim weens ʼn wegholveldbrand. Die brand is deur stormsterkte winde aangeblaas.