Hawelose kinders ontdek gru-vonds in asblik

Argieffoto

Argieffoto

Twee hawelose kinders het Donderdag op ʼn erg geskende fetus in ʼn asblik in Bloemfontein se middestad afgekom, terwyl hulle kos gesoek het.

Kapt. Chaka Marope, ʼn polisiewoordvoerder van die Vrystaat, het gesê die kinders het omstreeks 11:30 die gru-vonds in Floreatlaan naby die Edgars-klerewinkel gemaak. “Die kinders, onderskeidelik nege en 10 jaar oud, het in die asblik vir kos gesoek,” het Marope gesê. “Die fetus was in ʼn swart plastieksak. Die maag is oopgesny en daar is ook ʼn steekwond aan die linkerbeen. Die kinders het hulp van ʼn 35-jarige vrou ontbied wat verby hulle gestap het.”

Volgens kenners van Medico Legal wat op die toneel was, is die fetus ʼn dogtertjie in haar negende maand van ontwikkeling.

Die Parkweg-polisie ondersoek ʼn saak van verberging van geboorte. “ʼn Nadoodse ondersoek sal gedoen word om te kyk of die fetus gelewe het toe haar liggaam geskend is. Indien dit wel die geval is, sal ʼn bykomende saak van moord ondersoek word,” het Marope bygevoeg.

Die ma is nog nie opgespoor nie. Die polisie versoek enigiemand met inligting oor die ma om ao. Khaile Mathibela by 073 9378 645 te skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

W A van Lille ·

n Moordsaak ? Moes die ma eerder by n Mary Stopes kliniek ingeboek het dat n sogenaamde geneesheer die kind met hul gevorderde moord apparatuur uitsuig uit die moeder ? In die VSA word dit genoem “planned parenthood” .Moord bly moord . Punt .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.