Nzimande: ‘Apartheidstryd nie verskoning om te plunder’

Eric “Stalin” Mtshali. Foto: ANA

Blade Nzimande, minister van vervoer en algemene sekretaris van die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party (SAKP), het Sondag aan roubeklaers by die begrafnis van struggle-veteraan Eric “Stalin” Mtshali gesê diegene wat baklei het om ʼn einde aan apartheid te bring, moet dié nalatenskap nie nou as ʼn verskoning gebruik om te plunder nie.

“Terwyl ons vandag vir comrade Mtshali groet, moet ons onsself daaraan herinner dat die feit dat julle in die struggle teen apartheid was, julle nie vandag toelaat om jul posisie in die beweging of die regering te gebruik om te plunder en julself te verryk nie,” het Nzimande by die Sugar Ray Xulu-stadion in Clermont, naby Pinetown in KwaZulu-Natal, gesê.

Ander sprekers het ingesluit oudpres. Jacob Zuma en minister in die presidensie, Nkosazana Dlamini-Zuma. Onder die begrafnisgangers was Malusi Gigaba, minister van binnelandse sake, Bheki Cele, minister van polisie, Zweli Mkhize, minister van samewerkende regering en tradisionele sake, Willies Mchunu, premier van KwaZulu-Natal en Sihle Zikalala, ANC-voorsitter in KwaZulu-Natal.

Mtshali (84) was ʼn stigterslid van die vakverbond South African Congress of Trade Unions (Sactu) en was deel van die leierskap van Umkhonto weSizwe in die destydse Natal. Hy het groot aansien in die ANC en SAKP geniet.

Nzimande het gesê Mtshali se waardes het die struggle teen apartheid gelei en word steeds gevolg sedert apartheid geëindig het. “Daardie waardes is vandag selfs nog meer nodig; die waardes van onbaatsugtige diens aan ons mense.”

Hy het Mtshali as ʼn gedissiplineerde man beskryf wat geglo het in demokratiese sentralisme. “Ons moet onsself daaraan herinner dat dít ons lewens aan die gang hou. Besluite deur hoër strukture is bindend vir laer strukture, maar die hoër strukture moet met die laer strukture konsulteer voordat besluite geneem word,” het Nzimande gesê.

Hy het gesê Mtshali is dood tydens ʼn “komplekse tyd van ons rewolusie” en ʼn tyd waarin die regering deur “voortdurende ekonomiese stagnasie en groot uitdagings” in die gesig gestaar word.

Mtshali is op 12 Oktober in die Inkosi Albert Luthuli-hospitaal dood ná ʼn lang siekbed.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Swartwolf ·

Of dit nou ‘n fight teen apartheid was of nie plunder sal hulle ou Lem, jy ingesluit.

Hoc est bellum ·

Ek kan nie eens een van die leerbaadjies bekostig wat julle kommunistiese ouens by julle uitspattige kongresse dra nie en ek hou van leerprodukte.

zoom zoom ·

MM lesers
Sien berig op news24 se nuus webwerf. Lees wat het gebeur in Giyani se stadsraad ivm plunder.
NB(News24 se wb site is gratis)

Snowball ·

Voorwaar ‘ekonomiese stagnasie’, maar dis weens voortgesette plunder, korrupsie en kaderontplooiing en die ‘uitdaging’ is om dit alles toe te smeer sodat die stropery ongehinderd kan voortgaan.

zoom zoom ·

Het nou ook gelees op ‘n ander nuus web site dat die hoof van die fin afd in Giyani “gefire” is vir sy aandeel in die VBS skandaal asook plunder van munisipaliteit se gelde.

Johanna Botha ·

Ja sure dit was die hele idee agter dit om te kan plunder …dink hy die mense wat alles het om te verloor is dom. Klaar ons kultuur verloor .. afgewater die res volg !

AmY ·

Haai Minister, hoe kan jy dit dan nou wil sê; plunder is dan ons nasionale sport.

Willehond ·

Ja hy soek darem n miljoen rand of meer se joppie na die verkiesing!

ZAR ·

“Komplekse tyd van ons rewolusie” is die woorde wat vir ons wys hulle het nog steeds ‘n agenda (dit het nie geëindig in 1994 nie) en hulle streef dit met geweld na. (Bedoelde woordspeling)

Oom Kalahari ·

Die Freedom Charter se mos rewolusie en plunder om doelwitte te bereik. Plundering is die radikales se visie en Oom Blade maak maar net geraas in die agtergrond. Dinge het verander Oom lemmetjie, dit is nou “streng kinders en gehoorsame ouers” en as Julius (Goliat) van Everything for free en Andile van die Black Land Free grab (BLF) praat dan moet die oues vra hoe hoog moet ons spring. Plundering het ‘n vissie en missie geword sedert 1994.

Haan ·

Sê die kommunis… Plunder is onafskeidbaar van kommunisme, en hulle weet dit. Vandaar die liefde vir kommunisme

Sarel ·

Ai Nzimandi, dit is dan waarom julle bereid was om julle lewens te offer sodat julle die geld kan beheer en weer totaal AFRIKA kan word. Tevore was dit julle nie beskore nie.
OF WORD JY NOU WAKKER EN BESEF DAT DIE KOMMUNISTE JULLE NOOIT DIE WAARHEID VERTEL HET NIE??

DewaldS ·

Die ANC was nooit in die stryd vir die vryheid van almal nie. Hulle het maar net gesien daar is ‘n kans om politieke mag te verkry en daarmee saam die sleutels van die kasregister…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.