o. 19-kaptein vrygespreek oor Israel-uitlatings

David Teeger

Suid-Afrika se o. 19-krieketkaptein, David Teeger, is vrygespreek nadat Krieket Suid-Afrika (KSA) ʼn onafhanklike ondersoek na sy Israel-uitlatings gelas het.

Adv. Wim Trengove SC het aan die hoof van die ondersoek gestaan om te bepaal of Teeger KSA óf Gauteng Lions se gedragskodes met sy uitlatings oortree het.

Trengove het bevind Teeger het geen kodes oortree of ongrondwetlik opgetree nie.

“Die Konstitusionele Hof het die punt gemaak dat die reg op vryheid van uitdrukking nie haatspraak verskans nie, maar het beklemtoon dat die uitdrukking van ongewilde of selfs aanstootlike oortuigings nie haatspraak daarstel nie,” het Trengove geskryf, aldus ʼn berig van Daily Maverick.

Teeger (18), hoofseun van die King Edward VII School in Johannesburg, het in Oktober toe hy as opkomende ster van Absa se pryse vir Joodse uitblinkers aangewys is, gesê die ware sterre is jong soldate in Israel met verwysing na die konflik tussen laasgenoemde en Hamas.

“Ja, ek het die toekenning gekry, en ja, ek is ʼn opkomende ster, maar die ware sterre is die jong soldate in Israel,” het Teeger gesê.

Die Suid-Afrikaanse Joodse Raad van Afgevaardigdes het intussen gesê hy is verheug oor die uitkoms van die ondersoek.  “Dit stuur ʼn belangrike boodskap aan die bose boelies wat hierdie jong sportman geteister het vir hul eie politieke agendas.”

Die Alliansie vir Palestynse Solidariteit (PSA) het versoek dat Teeger geskors word oor sy uitlatings. Die PSA het ʼn klagte by die Suid-Afrikaanse Sportfederasie en Olimpiese Komitee (Saskok), Krieket Suid-Afrika en die Gauteng Lions, vir wie Teeger ook in die o. 19-span speel, ingedien.

“Ons wil hê Teeger moet geskors word om die Gauteng Lions te verteenwoordig en om die Suid-Afrikaanse o. 19-krieketspan by die Wêreldbekertoernooi in Sri Lanka te verteenwoordig,” het die PSA gesê.

“As die PSA het ons ʼn beroep op die rade van die Gauteng Lions en Krieket Suid-Afrika gedoen om ʼn ondersoek in te stel na Teeger se misbruik van sy posisie as KSA-kaptein toe hy hierdie openbare stellings gemaak het.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

My Mening ·

Ek is ooreg bly dat hy vrygespreek is.
Dis vir my so verkeerd dat mense hul opinie of denkwyse op ander mense wil afdwing.

Ons almal kom van verskillende agtergronde en verwysingaraamwerke. Ons kan onmoontlik nie almal dieselfde voel oor dinge nie.

Respekteer dit liewers as om altyd vergelding te wil soek

George ·

Julle verdedig hom, maar nie die minister wat dieselfde gese het, maar net oor Hamas.

Suzette ·

Ek is bly oor hierdie uitspraak. Ek hoop werklik net dat PSA nou gaan ophou om hierdie jongman te viktimiseer en eise te stel aan Gauteng Lions Raad en KSA.

Cherokee ·

Met ander woorde George, jy kritiseer die feit dat hy, weens sy komlimente vir Israelse soldate, vrygespreek is, maar die minister wat dieselfde gesê het in sy verdediging vir Hamas, nie verdedig word. Jy maak dit duidelik waar jou simpatie lê.

Cherokee ·

Miskien George, net miskien, het jy nie verdedig bedoel, maar as jou woordkeuse verkeerd was, dan sal jy volgende keer moet lees wat jy sê, eer jy stuur.

Andries ·

Goed gedoen David! Ons is alweer in die tyd van die tweede wereldoorlog waar, behalwe in enkeles, baie maar net in hul eie wereld leef en hul blind hou vir dit wat teen die volk van God gedoen word!

Marius ·

Baie geluk jongman. Staan by jou standpunt en dit waarin jy glo. Ongelukkig het nie almal dieselfde siening nie , maar dan weer terroriste beskerm mekaar.

domheks ·

Hy praat die waarheid. Hoekom mag hy nie sy opinie lig nie? Want die TERRORISTE in gaza word ondersteun deur pandor.

Samuel ·

Ek is baie bly dat hierdie jongman vrygespreek is. Voorspoed met jou krieket loopbaan.

Windhond ·

Bravo, ek is so bly dat hy nie verder geviktimiseer word nie – staan bank vas agter die mannetjie en sy trots om te dink aan sy volk en dit aan hierdie terroriste te wys

Jaco ·

Die kind kan SA verlaat, Israel toe gaan en dadelik daar Israeli burgerskap kry, as dinge te warm raak in SA vir wit mense. Selfde met Helen Zille. Sy kan deur albei haar oupas Duitse burgerskap kry. Maar mense met sulke lekker “agterdeure” moet eerder stilbly, want die dag wat alle wit mense in SA regtig gestraf gaan word oor die simpel uitsprake van sommiges, dan is dié grootbekke dadelik weg en moet ek en maklik 3-4 miljoen wit mense agterbly en swaarkry, want ons het nie lekker “agterdeure” nie.

Frank ·

Hoekom worry jy Jaco? Met sulke redenasie vermoe of eerder gebrek daaraan is ek seker jy sal baie welkom wees by die ANC of EFF

Althes ·

Ek is baie bly dat jy vrygespreek is. Moet nie dat politieke geraas jou onderkry nie.

Frances ·

Ek kry dan liewers swaar, as om ja en amen te se op n verrote regering se sienings. As hulle ons Godsdiens vryheid gaan begin aanval, moet ons dan ook stilbly?

George ·

@Althes, hoe kan die politieke geraas hom onder kry, hy is die een wat politiek opgebring het by n sports geleentheid, sou hy en julle dieselfde voel as nog iemand iets ontvang het, en gese het dat Hamas die regte heros is?

snaaks ·

As hy sê dat die palestynse seuns stere is, dan was hy vandag n ster in palestienna

Koen ·

Maar as iemand Hamas verdedig is julle gou op julle perdjie. Hierdie outjie is bietjie voor op die wa vir sy ouderdom.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.