OB wil dalk appelleer teen uitspraak oor suiwelplaas

Busisiwe Mkhwebane, openbare beskermer (Foto: ANA)

Die openbare beskermer (OB) sê sy gaan moontlik appelleer teen ʼn uitspraak van die hooggeregshof in Pretoria, wat Maandag haar verslag oor die Estina-suiwelprojek in die Vrystaat ter syde gestel het.

Die hooggeregshof het gister in die guns van die DA en die Raad ter Bevordering van die Suid-Afrikaanse Grondwet (Casac) bevind in hulle aansoek om adv. Busisiwe Mkhwebane se verslag ter syde te laat stel.

Die hof het ook bevind Mkhwebane het haar plig versuim.

Minstens R200 miljoen se staatsgeld, wat bestem was vir die ontwikkeling van opkomende swart boere in die Vrede-omgewing, is na die Estina-suiwelprojek gekanaliseer. Estina word verbind met die omstrede Gupta-familie. Van dié geld is glo selfs gebruik om in 2013 vir ʼn weelderige Gupta-troue by die Sun City-oord te betaal.

Die DA het onder meer aangevoer Mkhwebane se verslag oor die projek was ʼn toesmeerdery om ANC-hoëlui te beskerm.

Mkhwebane oorweeg intussen om teen die bevinding te appelleer, of selfs te vra vir direkte toegang tot die Konstitusionele Hof daaroor.

In ʼn verklaring sê Mkhwebane sy is onder meer besorg dat die hof se tersydestelling van die hele verslag gesien kan word as dat die hof die wanbestuur goedkeur deur diegene teen wie sy bevindings gemaak het.

Mkhwebane het gesê eerder as om die meriete van die saak in die media te bespreek, sal sy haar saak in die hof stel. Mkhwebane sê haar regspan het dit egter aan die hof duidelik gemaak dat sy sommige van die bewerings nie kon ondersoek nie, omdat dit saak bykans afgehandel was.

Sy kon ook nie kwessies wat reeds in die openbare domein was, soos die #GuptaLeaks, ondersoek nie, omdat sy reeds aanbeveel het dat ʼn kommissie van ondersoek na bewerings van staatskaping moet kyk. Sy sê dit sou “onlogies” wees om ʼn parallelle ondersoek daarna te doen.

Mkhwebane het ook gesê ʼn voorlopige verslag is boonop ʼn dokument wat kan verander, en gelyk gestel kan word aan ʼn konsepuitspraak van ʼn volbank regters wat vir kommentaar aan ander regters gestuur word. “Tot dit amptelik gelewer word, is dit nog nie ʼn hofuitspraak nie. Dit het voorts geen wetlike status nie,” het sy in die verklaring gesê.

Mkhwebane het gesê dit is dus verregaande dat die voorlopige verslag in die saak bloot goedgekeur en in ʼn finale verslag moes omgesit word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Ja swaer ·

Behalwe as jy dit verander om jou kaders te beskerm ne. Ek hoop die DA gaan hierdie ding verder dryf in die parlement, dis hoog tyd om haar weg te jaag. Sy maak een groot gemors val als. Wat is die nut v haar kantoor as als deur ander instansies ondersoek moet word? Dit het nie gegaan oor staatskaping nie maar oor een enkele projek waar bedrog en korrupsie plaasgeving het. Dis tog logies dat alle Zupta/Zuma/Gupta projekte sal oorvleuel met die Zondo kommissie se werk, want dit is hoe die staat gekaap is

Gert van Wierdapark ·

Ek hoop van harte die OB kan appel-leer spel, anders gaan sy verder slae kry. Lyk my sy dink die belasting-betalers is melkkoeie soos wat die Vrede Projek was. Daar het sy mos die klok hoor lui, maar kon toe nie die Gupta-bel opspoor nie want dit het by die Sonstad agtergebly! Miskien sal ‘n GPS haar help om rigting te kry en self te verkas!!!

marous ·

Het die dame nie aangevoer die reserwe bank moet genasionalisseer word en die gepaardgaande skokke die land biljoene gekos het nie ? Het sy ook nie aangevoer dat haar magte en bevoegdhede onaantasbaar is nie ? Geen gevolge .

J ·

Sy was van dag een af Zuma se beskermengel, hoekom dan aangestel, sy sal sorg dat niemand in haar termyn vir korrupsie by staat toegesluit word nie, sy sit al 2 jaar daar en al waarmee sy besig is, is om vir gordham te probeer uit sy pos te verwyder

Johan ·

Dit is seker haar reg om te appelleer (dit kos haar niks en miskien, net miskien swaai die uitspraak in haar guns) Maar dan moet sy asseblief die opvallende gebreke van haar verslag bevredigend verduidelik.

Trol ·

Solank sy op eie koste appélleer is die saak reg. Die appél wys net weer haar absolute arrogansie en egoïsme.

Justice ·

Indien sy nog `n koste bevel teen haar kry sal sy moet inbetaal op haar salaris om aan te bly as OB.

BlinkStephaans ·

Ek weet nie busisi… ek dink jy moet maar die eerbare ding doen en jouself verskoon. Dit sal seker nie gebeur want jul zuma aanstellings klou soos ons almal weet wat. Doen maar jou appelleer dingetjies… maar ek dink teen die tyd sien almal deur jou en jou aanstelling. Ek hoop vanharte jy word persoonlik aanspreeklik gehou vir daardie regskoste wanneer jou doppie finaal klink.

Chris Ws ·

Ek hoop die hof maak ‘n koste bevel teen haar persoonlik vir al die rompslomp wat sy veroorsaak.

Anoniem ·

Ek hoop ook soos BlinkStephaans en Chris Ws dat hierdie verdere plannetjies haar sak persoonlik sal raak.

ne ·

Wonder wie gaan die dame ondersoek! Net so korrup soos die res.

Dries du Toit ·

Van die eerste dag het sy gewys dat sy n Zuma kornuit is en net soos hy sal sy appeleer tot in die ewigheid in. Drastiese optrede is noodsaaklik

lh ·

Bring Thuli Madonsela terug! sy was ‘n eerbare, gerespekteerde vrou wat eerlik was!

Andreas ·

Buite nou as sy haar ware kleure wys soos wat sy op Zille se jongste twiet reageer het.

PJC ·

Hoog tyd dat hierdie partydige OB ń bietjie in die bek geruk word want sy is nog een van JZ se nalatenskappe.

Heksie ·

HOU OP ons belastinggeld so te mors, jy is skuldig finish en klaar!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.