’n Duitse toeris is Woensdag in ʼn wildreservaat in Zimbabwe deur ’n olifant doodgetrap toe sy ’n foto van dié grootvoet wou neem.
Die 49-jarige vrou het dieselfde dag van dié voorval in die Mana Pools National Park in Zimbabwe aan haar beserings beswyk.
Volgens Tinashe Faraw, woordvoerder van die Zimbabwe Parks and Wildlife Management Authority, was die oorledene deel van ’n groep toeriste wat hulle aan ’n trop olifante in die park verkyk het tydens ’n wildbesigtigingsrit.
Die Britse koerant The Independent berig die Duitse toeris het uit die voertuig geklim waarin hulle die rit afgelê het om ’n foto van naby te neem toe die dier op haar afstorm.
Volgens Faraw moet owerhede nog vasstel wat die olifant gespanne gemaak en tot dié aanval gelei het.
Dié voorval is die mees onlangse voorval van sy aard in Zimbabwe. Maroela Media het in 2017 berig dat ’n olifant ’n toergids by die Victoria-waterval in Zimbabwe bestorm en doodgetrap het. Die olifant is vir safari-ritte gebruik en ná die aanval van kant gemaak.
Mors met die natuur en dra die gevolge! Olifante IS WILDE DIERE! RESPEKTEER DIT!
“Volgens Faraw moet owerhede nog vasstel wat die olifant gespanne gemaak en tot dié aanval gelei het.”
Die feit dat die vrou uit die voertuig uitgeklim het, het seker niks daarmee te maak nie?!
Presies. Wonder wat dink mense doen hul?
Mense word nie gewaarsku dat olifante nie van skerp ligte hou nie los nog uitklim om ‘n flash naby die arme dier te gebruik. Ons was al tussen motors vasgepen en kon nêrens na veiligheid beweeg met ‘n trop olifante teen ons viertuig. Jy kon hul ooghare feitlik tel. Terwyl almal met flitsende kameras foto’s neem. Dink vandag nog ons redding was ‘n woedende olifant wyfie wat blasend in die pad van agteraf op die voertuie wou toesak. Die bul teen ons kar ook alreeds met gespreide ore. Die mensdom leer nie en plaas onskuldiges ook ingevaar. Arme diere.
Olifant gaan le mos op sy rug sodat mens sy maag kan vryf.
En toe moes hy ook boet……ek glo elke wilde dier in zim is gespanne, siende dat daar n totale uitwissing aan die gang is…..
Nou gaan ‘n onskuldige dier weer van kant gemaak word want die mensdom dink mos hulle besit die grond en kan maak soos hul wil. Maak my siek.
Ek hoop die olifant word nie doodgemaak nie – dit is die toeris se fout!!!
Dit is in sy natuur om dit te doen indien jy uitklim en nader beweeg.
Dit is tog ‘n wilde dier en word nie in die strate soos honde/katte toegelaat nie – kon die vrou nie dink nie?
Dit is ongelooflik hartseer dat die Olifant van kant gemaak is…waarheen is die mensdom oppad wat eintlik aangestel is OOR die natuur….wat het van ons verantwoordelikheid geword…
Hoekom word n onskuldige dier van kant gemaak…as die toeris in voertuig gebly het soos wat dit hoor.het hulle nie nodig gehad om hom van kant temaak.maak mens baie kwaad want mense weet dis n wille dier maar nog steeds die kans vat..moet die arm diere daar onder ly..hoekom leer mense nie…maak my baie vies…
Jy kan nie die Olifant blameer vir die onosele optrede van die mens nie.
Hulle wil nie luister nie. Kry vir julle