Olifant-voorval: ‘Gaste, gidse se veiligheid ernstig opgeneem’

‘n Skermskoot uit een van die video’s

Dit is nie ongewoon of ongehoord dat olifante voertuie aanval nie en daarom is toergidse goed opgelei om sulke voorvalle te hanteer.

“Alhoewel alle veiligheidsprotokolle nougeset nagekom is voor die aanvang van die wildrit, het ’n olifantbul teen die einde van die rit die voertuig genader en tekens van bronstigheid getoon,” het Mankwe Game Trackers, wat die safaritog gereël het, gesê oor die voorval wat Maandag in die Pilanesberg-wildreservaat in Noordwes plaasgevind het.

In ʼn video wat dié week soos ʼn veldbrand op sosiale media versprei het, word gesien hoe die olifant ʼn wildkyktrokkie ʼn paar keer oplig en weer laat sak.

“Ten spyte van die intensiteit van die situasie, het ons gids die welstand van die gaste sowel as die olifant vooropgestel, wat daartoe gelei het dat geen beserings opgedoen is nie.”

‘n Skermskoot uit een van die video’s

Die voorval is onmiddellik deur die toepaslike kanale aangemeld, wat volgens Mankwe daartoe gelei het dat ’n reaksiespan en twee safarivoertuie uitgestuur is. Een van die voertuie is vir die safari-gaste gebruik en die ander om die beskadigde voertuig te gaan haal.

“Alhoewel dit ’n geïsoleerde voorval is, neem ons die veiligheid van ons gaste en gidse ernstig op. Mankwe Game Trackers het daarom kontak gemaak met die gaste om verklarings af te neem en die nodige berading en ondersteuning aan ons gids verskaf om hom te help om die traumatiese ervaring te verwerk.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Christine ·

Het die gids werklik sy gaste se veiligheid ter harte geneem, of was hy roekeloos om te naby aan die olifant te stop? Of het hy dalk die olifant se roete versper? Soms oorskry die gids daai reëls vir toeriste wat wil foto’s en video’s neem.

Aldie ·

Iets om vir jou namegeslag te vertel. Nou moet hulle berading kry? Alles gaan oor geld en geen respek vir die natuur.

Maya ·

Ek het die video gesien en was net so bang vir die toeriste se onthalwe. Die gids het hom UITSTEKEND van sy taak gekwyt tydens die voorval en almal is ongedeerd. Selfs die toeriste was relatief kalm en het gedoen wat hulle moes. Ek sou seker self na so ‘n voorval droeë klere moes aantrek!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.