Onafhanklike ondersoek kom by Kalafong-hospitaal

Kalafong-hospitaal. (Foto: Facebook)

Die Gautengse departement van gesondheid gaan ʼn onafhanklike ondersoeker aanstel om bewerings deur verskeie aandeelhouers by die Kalafong-hospitaal in Atteridgeville te ondersoek. Dit volg ná onlangse onrus onder gesondheidswerkers wat tot ʼn onderbreking in die lewering van gesondheidsdienste gelei het.

EWN het berig dat verskeie verpleegsters verbonde aan die verpleegvakbond Denosa by die hospitaal betoog en die bedanking van die uitvoerende hoof, dr. Sello Matjila, geëis het.

Hulle het hom van wanadministrasie en korrupsie beskuldig.

Werkers beweer ook dat hy personeel geïntimideer het wat onlangs teen die regering se 3%-loonverhoging geprotesteer het.

Die departement het Sondag gesê dat Matjila nie vir diens by die hospitaal sal aanmeld voordat die ondersoek afgehandel is nie. Dr. Lebohang Mpshe is intussen as waarnemende uitvoerende hoof aangestel.

“Hoewel ons die reg erken van werkers om te betoog, wil ons hulle aanmoedig om dit binne die raamwerk van die wet te doen, en nie die lewering van nodige gesondheidsorgdienste aan kwesbare mense in gedrang te plaas nie.

“Die departement wil om verskoning vra vir die ongerief wat die staking vir diegene wat die hospitaal gebruik, veroorsaak het,” het Arnold Malotana, hoof van die gesondheidsdepartement gesê.

Hy sê dienste gaan tans soos gewoon en ononderbroke voort, en dat die departement reeds met betrokke aandeelhouers by die hospotaal geskakel het.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Nie Verbaas ·

Ek dink alle staatsorganisasies moet tot in die fynste besonderhede deur n onafhanklike organisasie ondersoek word want dit waaraan ons liewe ANC raak verander in gemors, of dit nou deur korrupsie of net onnoselheid is.

Shakespeare ·

Stel n kader aan in enige pos van ‘n Mun. klerk tot n Minister en jy sal korrupsie hê. So gebore en laat staan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.