Ondersoek na bykans 2 000 sonder kwalifikasies afgehandel

(Argieffoto)

Die Staatsdienskommissie se ondersoek na 1 823 senior bestuurders in die staatsdiens wat glo oor geen kwalifikasies beskik vir die poste wat hulle tans beklee nie, is ná meer as ’n jaar eindelik afgehandel.

Dr. Mimmy Gondwe, die DA se skaduminister van openbare ondernemings, sê die kommissie het vroeër vandeesweek in ’n skrywe laat weet dat sy ondersoek afgehandel is en dat hy tans besig is om ’n verslag op te stel.

Die kommissie sal glo in April in ’n posisie wees om sy finale verslag oor die ondersoek aan die portefeuljekomitee oor staatsdiens en administrasie voor te lê.

Maroela Media het vroeër berig die Staatsdienskommissie het ná verskeie versoeke van die DA in Oktober 2022 eindelik ingestem om ondersoek in te stel na duisende senior bestuurders in die staatsdiens wat nie enige kwalifikasies het vir die poste wat hulle tans beklee nie.

Gondwe sê die DA verwelkom die feit dat die kommissie sy ondersoek afgehandel het en die party daarvan op hoogte hou.

Gondwe sê die party hoop egter dat die prentjie wat in die finale verslag geskets gaan word, “nie net ’n akkurate een sal wees nie, maar ook een wat die kommissie sal verplig om konkrete en gepaste aanbevelings te verskaf wat uiteindelik die voortslepende kwessie van die afwesigheid of gebrek aan kwalifikasies in senior poste binne die staatsdiens sal pak.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Bevorder geregtigheid - Vrydenker Vlakvark ·

Sodanige ondersoek moet jaarliks gedoen word, nie een keer elke 30 jaar nie. Hoe pateties tog.

Yvonne ·

Nie net het hulle dalk nie gekoopte kwalifikasie nie hulle het ook nie die potensiaal nie..

SjN ·

Hul moet aangekla word van berdrog en onregmatige fondse terug betaal tov salarisse ontvang, let wel nie salarisse verdien.

Jaco ·

Weens al die regstellende aksie en omdat ek gedurig moes hoor “over-qualified” en “wrongly qualified”, hey ek later so desperaat geraak, dat ek my CV gedokter het: 1 jaar militêre diensplig het ek na 2 jaar verander
4 jaar op universiteit het ek na 3 jaar verander
2 grade op universiteit het ek verander na “studies unsuccessful”
NIEMAND het my ooit oor dié leuens op my CV uitgevra nie en ek het sowaar weer ordentlike werk gekry.
So lieg op die CV om dommer te lyk werk ook.
Maar die skade is gedoen: al die skuld uit jare van werkloos wees, beteken ek sal nooit na “lekker aftree” kan uitsien nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.