Ondersoek na steenkooltreine bots, ontspoor

Twee Transnet-steenkooltreine het vroeg Sondagoggend by Elubana naby Richardsbaai gebots en ontspoor. (Foto: X / Traffic SA)

Opruiming- en herstelwerk is tans onderweg nadat twee Transnet-treine vroeg Sondagoggend in ’n botsing by Elubana naby Richardsbaai aan die KwaZulu-Natalse noordkus betrokke was.

Albei treine het steenkool vervoer en het tydens die voorval ontspoor.

Transnet het die botsing in ’n kort verklaring bevestig en gesê geen ernstige beserings is aangemeld nie. Personeellede wat in die ongeluk betrokke was, is vir mediese waarneming gestuur.

Luidens plaaslike mediaberigte was die ongeluk moontlik die gevolg van ʼn kragonderbreking nadat een van die treine gaan staan het.

Spanne van Transnet-spoorvragvervoer (TFR) is kort na die voorval na die toneel ontbied om met opruimingswerk te begin.

Die oorsaak vorm deel van die ondersoek wat reeds na die ongeluk van stapel gestuur is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Sobymykoolkop ·

Ek glo moeilik. Daar is elektriese drade en die lokomotiewe is ook elektriese lokomotiewe. ń Elektriese lokomotief kan nie beweeg/ry as daar nie elektriese toevoer is nie. Infrastruktuur diefstal van sinjale. Treine ry met magtigings en die menslike faktor is die hoofoorsaak.

Olive ·

Die massas het seker daai steenkool alles weggedra, of hulle was onbewus daarvan.

Pieter ·

So hoe kan ‘n krag onderbreking twee elektriese treine laat Bots as hulle beide met elektrisiteit werk?

electricmango ·

Dis wanneer swart ekonomiese bemagtiging faal. Eish sorry ne…..

koos10 ·

Die tipe treine word diesel elektries genoem en wek hul eie krag op.

Surfer ·

Gebrek aan breinkrag sal ek dit noem, nie elektriese krag nie. Die ou “nuwe” probleem in SA, kyk na ons land.

Gert ·

Die treine vat die werk weg om die steenkool met vragmotors te kan vervoer.

Boer ·

Hoe kry hulle dit reg om twee trein op een spoor na mekaar toe te ry. Waar is die mense wat seker moet maak die treine verander van spoor?

Martie ·

Gert, daar is hopeloos te veel vervoer, lees vragmotors , op ons paaie. Treine is die regte vervoer vir alles wat vervoer moet word, mense ook.

Niklaas ·

Eina . Ons het so min lopende treine , nou gebeur sulke dinge ook nog. Klink asof iemand vaak was en nie nougeset opgetree het nie. Dalks nalatig. En die trokke opruimwerk sal sekerlik lank neem.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.