Ondersoek na verkragter-burgemeester begin

Jeffrey Donson (Foto: Facebook)

Die Kommissie vir Geslagsgelykheid (KGG) het ’n ondersoek van stapel gestuur na die verkiesing van Jeffrey Donson as burgemeester van die Kannaland-munisipaliteit in die Wes-Kaap.

Daar word berig dat Donson in 2004 aan die verkragting van ’n 15-jarige meisie skuldig bevind is.

“Die KGG neem kennis daarvan dat alhoewel Donson na die Wes-Kaapse hooggeregshof geappelleer het en sy vonnis daarna verminder is, die skuldigbevinding aan verkragting nie betwis is nie.”

Volgens die KGG beskou hy die verwikkeling as ’n klap in die gesig in die stryd teen geslagsgebaseerde geweld en sal hy poog om met al die relevante partye hieroor in gesprek te tree. Die kommissie sal ’n openbare verklaring uitreik wanneer sy ondersoek afgehandel is.

Donson, president van die Independent Civic Organisation of South Africa (ICOSA), is Dinsdag met behulp van die ANC as burgemeester aangewys terwyl Werner Meshoa as onderburgemeester aangewys is. Meshoa is vroeër aan bedrog skuldig bevind.

Derrick America, DA‑ provinsiale woordvoerder oor plaaslike regering, het gesê die ANC in die Wes-Kaap het ’n duidelike boodskap aan inwoners gestuur dat hy geslagsgebaseerde geweld nie ernstig opneem nie.

“Ons is diep bekommerd dat die ANC so laag sal daal om ’n veroordeelde seksuele verkragter te ondersteun om politieke mag te verkry. Dit is moreel uiters laakbaar dat sulke individue deur die ANC en ICOSA gesanksioneer is om enigsins naby gesagsposisies te wees.”

Cilliers Brink, DA-LP en die party se woordvoerder oor samewerkende regering en tradisionele sake, het gesê die party steun die beroep dat die ANC en ICOSA se keuse vir Kannaland-burgemeester hersien word.

“Albei die partye moet herbesin oor die aanstelling van ’n veroordeelde kinderverkragter as burgemeester en sodoende verseker dat ’n geskikte kandidaat verkies word.”

Die organisasie Action Society het versoek dat Donson en Meshoa uit hul posisies verwyder word. “Dit is ’n growwe belediging dat misdadigers, met die steun van die regerende ANC, enigsins oorweeg word om in die openbare amp te dien,” sê Ian Cameron, woordvoerder van Action Society.

Donson is aanvanklik tot vyf jaar tronkstraf gevonnis, maar na sy appèl is sy vonnis ten volle opgeskort en is hy korrektiewe toesig, ’n boete van R20 000 en bywoning van ’n rehabilitasieprogram opgelê.

“Een van die hoogste betalende poste in die plaaslike munisipaliteit word deur ’n kinderverkragter gevul en die ander een deur ’n bedrieër. Dit lyk soos ’n intrige vir ’n swak geskrewe rolprentdraaiboek. ‘Ons sal die kinders verkrag en die belasting plunder’ blyk ’n gepaste slagspreuk te wees vir die nuutverkose bemanning in die Kannaland-streek. Die regering onder ANC-leierskap versuim om die burgers van Suid-Afrika te beskerm en maak inbreuk op hul grondwetlike regte,” het Cameron gesê.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Hardekwas ·

Ons sou nooit iets beter van dìe anc en hulle mede rampokkers verwag het nie.

absoluut ·

klink my hulle het altwee die toetredingsvereistes van die korrupte anc gemaak en kwalifiseer daardeur

Chris dupreez ·

Nou ja, burgermeester en onder burgermeester voëls van enderste vere. So kloek die kriminele, verkragters en koruptes saam.

Zombie ·

Reflekteer die verkragter die morle standaard van sy party?

Pietertjie ·

Dit pas by die ANC se mentaliteit (of gebrek daaraan).

Dup ·

Dié burgermeester het die regte CV….anders sou die A en C hom nooit oorweeg het nie.

gatgogga ·

Ek wil nie verder weer hoor van die regering se vals GBV kampanjes nie.

Johannes ·

CR het gbv beskryf as nog n pandemie en tog aanvaar hulle mense in die regering wat sulke misdrywe gepleeg het.

Tikkel Tokkel Jimpels Gogga ·

ANC was nog nooit ñ voorstaander van moraliteit nie! Inteendeel, hulle is moreel en andersins bankrot. Hulle het niks om aan regdenkende, eerbare en wetsgehoorsame landsburgers te bied nie, buiten bedrog, geweld, anargie, magsbeheptheid, oneer, korrupsie en verval. Hulle kan niks bou nie, hulle kan niks onderhou nie en hulle kan niks instand hou nie. Hoe gouer hulle tot ñ val kom, hoe vinniger kan ons land herstel, genees en ñ beter plek wees vir almal.

christo ·

Die Suid-Afrikaanse grondwet en regstelsel bevoordeel die misdadigers. G’n wonder dat ‘ bundu justice ‘ alhoemeer voorkom nie. Die ANC was nog altyd berug gewees van sy ondersteuning van kriminele en korrupte amptenare in al die vlakke van regering.

Jannie van Niekerk ·

ICOSA is ‘n onderafdeling van die ANC en ons weet almal dat die ANC nie gekant is teen verkragting of kindermolestering nie. Die bewyse is daar, ‘n voormailge Staatspresiden is aangekla van verkragting en daar was GEEN vevolging nie. (Selfs Malema het destyds die ex-president verdedig tydens die verkragtingsaak) Daarom is mnr Donson ‘n held in die oë van die ANC en hulle medewerkers. As CR sy belofte hou oor geslagsgeweld en kindermolestering , sal hy ingryp en mnr Donson lewenslank uit alle vorme van politiek verban, Hy kan dit doen want ICOSA is mos deel van die ANC.

SomeOne ·

die gesig met die vieslike grynslag op, spreek baie boekdele

Dries ·

Ongelooflik. Elke een wat vir n kinderverkragter stem behoort ook vervolg te word. Swak karakters wat gaan regeer

Dries ·

Hoe moet die kind se ouers en die kind hieroor voel. Siek is nie die woord nie

Gary ·

Onthou, die kriminele in die land het n korrupte regering en polisie mag nodige om hulle operasies uit te voer. Daaroor stem die mederheid nog steeds vir hulle ….dit gaan nie vir hulle om diens lewering maar om weg te kom met hulle boosdoening deur die hulp van korrupsie en omkoop geld.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.