Boy Ndala, woordvoerder van die SOE, sê die verslag is laat Woensdagmiddag by die presidensie ingehandig.
Zuma het verlede week sy antwoord rakende die opgraderings by sy Nkandla-woning by die speaker van die parlement ingedien.
Die gesamentlike staande komitee oor intelligensie, die Openbare Beskermer en die spesiale ondersoekeenheid het veiligheidsopgraderings by Zuma se huis in Nkandla, KwaZulu-Natal, ondersoek.
Thuli Madonsela, Openbare Beskermer, het haar verslag in Maart vanjaar vrygestel. Sy het onder meer bevind dat Zuma en sy familie onbehoorlik gebaat het by die opgraderings. Zuma wou nie op haar verslag reageer nie en het gesê hy wag vir die SOE se verslag.
Die Nasionale Vergadering het Dinsdag besluit om ’n nuwe parlementêre ad hoc-komitee op die been te bring om Zuma se antwoord te oorweeg.
Lees ook:
Nkandla-verslag: Zuma vol vertroue in parlement
Zuma probeer aanspreeklikheid vermy, sê DA
Zuma antwoord op Nkandla-verslae
Zuma, die hele land volg jou voorbeeld…..