Onderwyser gevonnis wat met seuns lol

(Argieffoto: Unsplash)

ʼn 38-jarige man is lewenslange tronkstraf plus 17 jaar opgelê ná hy skuldig bevind is op vyf aanklagte van seksuele aanranding, een aanklag van verkragting en aanklagte oor kinderpornografie.

Natasha Ramkisson-Kara, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), sê die man was ʼn berader by ʼn laerskool in Pietermaritzburg waar hy seuns geteister het.

“In sy kapasiteit as skoolberader het hy leerders in sy kantoor op die skool se perseel ontmoet. Hy is in 2016 in hegtenis geneem toe die voorvalle aan die lig gekom het.”

Senior staatsaanklaer adv. Attie Truter het slagofferimpakverslae aan die hof voorgehou wat van die kinders en hul ouers opgestel het.

“Alle verklarings het onthul hoe die man hul vertroue gewen het en die vertroue verbreek het toe hy hul regte geskend het. Die ouers sê die man se optrede het ʼn onherstelbare impak – nie net op die betrokke kinders nie, maar op elke gesin. Een kind het ná die mishandeling teruggetrokke geraak en gou kwaad geword. Hy voel ongemaklik saam met mans en vertrou nie onderwysers nie.”

Ramkisson-Kara sê die man is gevonnis en het verlof om appèl in te dien oor sy skuldigbevinding by die hoogste hof van appèl. Sy borgtog is afgekeur hangende appèl.

“Ons verwelkom die feit dat dié saak afgehandel is. Ons hoop dat dit as ʼn nodige afskrikmiddel sal dien. Ons loof die werk wat gedoen is deur die vervolgingspan en ander vennote.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Truman Burbank ·

Dit is skokkend hoeveel sulke gevalle onder die vaandel van “berading” plaasvind. Ouers moet twee keer besin voor hul minderjarige kinders vir so iets stuur. Veral as daar alleen sessies is. Ek sal my kinders nier eers vir pastorale berading stuur. Gevaarlik

Maritza ·

Hoop hy kom nooit uit nie en hy “iemand” spesiaal in die tronk ontmoet wat sy “regte” van hom sal ontneem

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.