Onderwyser kan terug skool toe ná vals rassismeklag

Argieffoto ter illustrasie. (Foto: ArtTower/Pixabay)

’n Pretoriase onderwyseres kan op 1 Augustus terugkeer na die hoërskool waar sy al langer as ’n dekade lank skool gee nadat sy valslik van rassisme beskuldig, geskors en in September verlede jaar onbillik afgedank is.

Dié saak is deur die vakbond Solidariteit namens Anneke Smit gewen. Daar is ook bevind dat Smit skadevergoeding moet ontvang vir die tien maande wat sy nie kon werk nie.

Smit (49), wat lewenswetenskappe in Afrikaans en Engels by ’n hoërskool in die noorde van Pretoria gee, is in 2019 deur ’n gr. 11-leerder van rassisme beskuldig nadat sy die woord “polisiemannetjie” in die klas gebruik het. Die leerder het beweer dat Smit haar ʼn “police monkey” genoem het.

Smit het Dinsdag aan Maroela Media verduidelik dat sy destyds ʼn lid van die bestuur wou vra om na haar klas te kom aangesien daar in dié spesifieke klas “mos altyd ʼn polisiemannetjie benodig word”.

Volgens Smit was daar in dié spesifieke klas uitdagings ten opsigte van dissipline met sommige leerders.

Tot haar verbasing het een van die leerders dié betrokke dag opgespring, haar ma gebel en histeries aangevoer dat Smit haar ʼn “police monkey” genoem het. Smit en ander leerders in die klas het tevergeefs probeer verduidelik dat “polisiemannetjie” bloot ʼn Afrikaanse verkleiningsvorm van polisieman is.

Die saak is by die departement aangemeld en het byna drie jaar lank gesloer voordat Smit in September 2021 afgedank is.

In ʼn verklaring wat Maandag deur Solidariteit uitgereik is, verduidelik die vakbond dat Panyaza Lesufi, die Gautengse LUR vir onderwys, Smit se destydse appèlaansoek persoonlik van die hand gewys het.

Tydens die verhoor by die Raad vir Arbeidsverhoudinge in die Onderwys (Ravo) is egter bevind dat die aanklag sowel as die prosedure rakende Smit se ontslag ongegrond was en daarom behoort sy in haar pos heraangestel te word.

“Dit is verregaande dat ʼn onderwyser se lewe en werk onder haar uitgeruk is bloot omdat ’n vals klag van rassisme teen haar aanhangig gemaak is,” het Anlia Archer, organiseerder by Solidariteit se onderrigsektor, gesê.

Archer meen daar is geen plek in die onderwys vir aanklagte van rassisme elke keer wat dissipline ter sprake is nie.

“Kamma-rassisme kan nie die aanklag wees elke keer wat iemand ongelukkig is oor ʼn interaksie wat in die klaskamer plaasvind nie. In hierdie geval is ʼn hele gesin se lewe ontwrig deur een vals aantyging,” voer Archer aan.

“Solidariteit veroordeel die manier waarop Smit ontslaan is en die gemak waarmee die ongegronde aantygings deur die owerhede by die onderwysdepartement aanvaar is ten sterkste. Dit is ’n sensitiewe saak dat iets eenvoudig, wat daagliks in klasse reg oor die land gebeur, verkeerdelik verdraai is in ’n aantyging wat iemand se hele lewe kon verwoes. Ons begeef ons op uiters gevaarlike terrein as ons aan kinders die mag gee om ’n onderwyser se jare lange loopbaan met een vals aantyging te kan beëindig.”

Smit sê sy is dankbaar dat die saak afgehandel is en vir die oorwinning wat Solidariteit behaal het. Haar wens is dat dit vir ander onderwysers die hoop sal bied dat daar wel oplossings en ondersteuning is wanneer só iets gebeur.

“Ek dink baie mense sal wil gaan lê – ek wou self gaan lê en opgee. Maar daar is hoop.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

53 Kommentare

Frank ·

Moenie die saak daar los nie. Ry almal wat so graag op die rassisme wa gespring het vir skadevergoeding

KatjieDeKat ·

Reg so! Daar moet n manier wees om die skoolkind en/of ouers ook aanspreeklik te hou. As die Kind nie rede wou verstaan nie, moes die ouers tog kon? En die Ander kinders in die klas het verstaan wat die juffrou eintlik gesê het. So dit wys vir enige redelike persoon, daardie skoolkind En die ouers WOU verkeerd verstaan.

Robert ·

Jy is 100% reg. Dit is ń kwessie van nie wil verstaan nie!!!

Swerwer ·

Anneke Smit ek is baie dankbaar dat jy jou pos teruggekry het, die vraag is net of dit die moeite werd is om nog in sò ‘n sodom en gommora onderwys departement weer as opvoeder aan te gaan. ‘n Mens se gesondeheid,vrede en geluk is baie meer werd as om weer vir ‘n onbevoegde onderwys departement en sy kader te wil werk waar Panyaza Lesufi, die Gautengse LUR vir onderwys, jou destydse appèlaansoek persoonlik van die hand gewys het. CVO Skole het ook maar hul politiek maar is seer sekerlik deesdae ‘n beter proposisie vir blanke onderwysers/onderwyseresse.

Di ·

Stem 100% saam! Blanke onderwysers het al hulle HEL onder “sekere” leerders. Gaan werk eerder by ‘n ander skool

Vettiemaragartos ·

Lekker word Lesufi bloednuus geslaan. HY is die grootste rasis!

Magda G ·

Dagvaar die Dept asook die ouers vd kind. Party kinders baie uittartend oor dissipline

Koos 100 ·

In sy persoonlike hodanigheid asb, anders moet die belastingbetaler weereens die rekening betaal!

Danie ·

Vir die begin, moet lesufi uitgesorteer word en dan die res.

Jakes ·

En alweer is Lesufi in die spervuur. Dagvaar hom in sy persoonlike hoedanigheid want sekerlik is hy n rassis wat geen perke ken nie. As onbevoegdheid van ministers n olimpiese sport was sou SA elke keer goud, silver en brons gewen het.

Kobus ·

Jy slaan die spyker op die kop. Daai windlawaai tree op as aanklaer en regter en dan is sy Oscar vertonings op TV altyd een van woede en vervolgings waansin.

Jannie van Niekerk ·

Wat hy is noem mens Doktor Jacobsdal. Doktor se afkorting is DR en Jacosbdal se regsitrasie nommer in die goeie ou dae was OL.

Cecile ·

Dit is so hartseer mense gee hulle alles om in oinderwys te wees en die generasie te help om ‘n toekoms te help bou maar deur kinders wat dink die onderwysers behoort aan hulle sulke dinge sal doen. Elke dag word onderwysers deur kinders verskreeu, gestamp en tot leed aan gedoen maar dan mag mens niks se nie want hulle het mos ”mense regte” maar onderwysers het nie ‘n voet om op te staan nie. dit is net skandelik erens gaan daar ‘n stokkie ingedruk moet word oor kinders se wan gedrag en dissepliene.

KatjieDeKat ·

Hulle sou my nie genoeg kon betaal om deesdae n onderwyseres te wees nie. Nie eens n salaris van n biljoen rand Elke liewe maand sou my in die minste kon tempteer om dit eens te oorweeg nie.

Di ·

Dis omdat hulle in skole sit en nie eers behoorlik Afrikaans OF Engels kan verstaan OF praat nie! DIT is wanneer “polisiemannetjie” sommer “police monkey” beteken. Meeste van hulle wil nie leer nie, net daar om onskuldige onderwysers te koggel en van rassisme aankla. Glo my dieselfde sal steeds gebeur al is die onderwyser swart. ONDERSOEK eers die saak behoorlik voordat julle summier ‘n onderwyser afdank of skors.

KatjieDeKat ·

Die ander kinders in die klas het dit reg verstaan, wat die juffrou gesê het. Hulle het Ook probeer om vir die spesifieke leerder dit te verduidelik. My opinie, dis erger as nie Afrikaans of Engels reg verstaan nie. As die leerder werklik net verkeerd gehoor of verstaan het, sou die verduideliking van die baie eenvoudige fout suksesvol gewees het. Die kind Wou dit verkeerd verstaan, en die ouers duidelik ook. Daar is niemand so blind soos die wat nie Wil sien nie, en niemand so doof soos die wat nie Wil hoor nie. Dagvaar die rook uit hulle uit.

Kokerboom ·

Eks bly regverdigheid het geskied. Vraag bly of dit die moeite werd is om terug tegaan na die skool. Sy kan verseker omgekeerde rassisme en diskriminasie verwag!!

domheks ·

Ou lesoefieeeee mik vir prez. Dagvaar hom in sy persoonlike hoedanigheid. Hy voel NIKS vir blankes nie!

Perdeby ·

Ek hoop jy stel n siviele eis ook in die wat jou van rassisme beskuldig het, want hulle hoor mos net wat hulle wil hoor.

Anel ·

Dit is baie hartseer. So bly sy het gewen. En ek glo dit gebeur elke dag. Ons blankes mag mos niks sê nie! Dit is hoekom elke taal sy eie skool moet hê. En hier kan die hele wêreld maar van my verskil, maar dit is hoe dit is. Tot dan, sal ons Afrikaanse onderwysers en kinders aan die kortse kant bly. Tale en kulture sal hier nooit, maar nooit kan meng nie. Dit is nou maar so. Maar nog steeds bly die saak is gewen. Wat word nou van die kind wat die vals klagte gemaak het en die slim lesufi. Wonder wanneer het hy ‘n regter geword? Maar nou ja…..!

philippus ·

Tyd dat daai stink muishond uitgeskop word, uit regering uit

EnoughSaid ·

Openbaar nou daai kind se identiteit, asook die lede van paneel wat haar “skuldig” bevind het, plaas fotos asb.

Miena ·

Amper begin ek die Wenners lied te sing soos ek jou woorde lees… onthou jy die lied van Danie Botha? “Wenners, wenners, wenners, Wenners wil ons wees, lewe jy met haat, lewe jy met vrees. Lewe vir n toekoms, Lewe om daar te wees.” Ek dink ou Danie het 1998 net die lied al iets geweet…”.Opdraand mag dit gaan, maar ons weet dis nie verniet,… terugkyk sal ons nie, Verloor is geen eksuus!!! Dankie Danie Botha vir jou baie ware wyse woorde van destyds wat vandag geldig is.

Renier ·

Die ouers dog hulle gaan n geldjie kry,nou wys dit net hulle arme bloedjie hoort nie in daai graad nie.

miche ·

Hoekom jou expertise deel met ‘n instansie wat in die toekoms redes gaan soek om jou uit te skop of Weer te verneder?

Meinung ·

Lesufi moet eintlik self die kostes aan haar betaal. Sy optrede was weereens tekenend van arrogansie, onregverdigheid, uiterste onkunde oor leerders en waarskynlik gebaseer op sy eie rassisme.

Gawie ·

En weereens gaan Lesufi skotvry daarvan afkom. Hy wat die grootste rassisme-aansteker in die departement is.

Niklaas ·

Hierdie tipe onregverdigheid kom gereeld voor in die land. En telkens is dit een van die Voorheen Benadeeldes wat sensitief voorkom en dan valshede opdis soos in hierdie geval. Die probleem is dat die kastige arme slagoffertjie dadelik ,sonder meer , geglo word. Om dit hok te slaan moet die valse spul voortaan gestraf word met groot geldelike uitbetalings. Dit sal werkwaardig wees om te sien hoe vinnig hierdie snert dan stop. Sodra dit hul sakke begin raak , word dinge gougou heroorweeg.

Meinung ·

Ek stem. Eerste in die ry om te betaal moet die politikus wees. Uit sy eie sak.

miavos ·

Dis die soort wat op enige iets spring net om stof op te jaag. Dat dit so lank moes vat vir die stofwalms om op te klaar sê veel van polisiemannetjies …

Waarnemer ·

Kry vir adv Gerrie Nel en dagvaar eerstens vir lesufi,dan die dept van onderwys en dan die betrokke kind se ouers…..roei hulle uit…..die land sal jou bydtaan.

Tania ·

Ja ek stem dagvaar hulle want haar helel lewe is omgekeer !!!!!

Tracey ·

As kinders kla oor onderwysers, moet mens baie mooi seker maak. Dis maklik om die onderwysers onder die bus in te gooi, en alle rasse en ouderdomme het die tipe kinders en ouers wat alles glo. Soms is die kind net suur vir die onderwysers en maak dan amok….. Onderwysers het baie al vir ons gesê : ” As jy nie als glo wat jou kind van my sê nie, sal ek nie als glo wat jou kind van jou sê nie” en dit is presies hoe dit werk. En as mens vies is vir die onderwysers is hulle mos baie sleg… Of rassisties.

JohanR ·

Is skoolkinders nou in beheer, en nie meer die onderwysers nie of die hoof nie?

Annelize ·

Ja, hoe kon ek raai Lesufi het weer ‘n vinger in die “pie” gehad hier? Ek sal hom so waar as wragtig siviel aanvat en uitroei as ek hierdie onderwyser was.

Gerra ·

Die dame is teen die tyd tog sekerlik al uit die skool en kan mos nou persoonlik deur die onderwyseres aangekla word. Laat sy betaal…. Sy sal 2x dink voordat sy in die vervolg die rassekaart wil speel in enige saak.

Eugene ·

Ons soek ons eie skole, waar ons taal gebruik word vir onderrig

Norries ·

Juis hoekom ons skool kameras in alle klasse geinstalleer het.

Sandra ·

Die enigste een in die geval wat ‘n polisiemannetjie nodig het is Panyaza Lesufi. Hy het sy eie agenda wat nie noodwendig in die wet van die land val nie. Ek hou hom al dop vandat hy die LUR geword het. Hy is definitief nie ‘n “kamma-rassis nie”, sy besluite en optrede spesifiek teenoor wit onderwysers en leerlinge spreek boekdele. Dit is die dat hy die onderwyser se appel teengestaan het.

My siening ·

En toe maak Lesufi n polisie mannetjie van hom self. Dom kader!

Jackie ·

Panyase Lesufi moet pa staan vir sy aandeel in die saak aangesien hy persoonlik haar appél van die hand gewys het. Maak n saak teen hom.

Jannie van Niekerk ·

Kla Lesufi aan vir rassisme by die MRK dan kyk ons of sy huisvriende, Gaum en Nissen enige manmoedihgheid aan die dag sal lê om hom permanent uit die politiek te verwyder.

christo ·

Waar was die ander vakbonde vir onderwysers? Afrikaanse onderwysers is lankal ontevrede van die beskerming wat hulle ontvang van die grootste Afrikaanse onderwysvakbond wat gewoonlik net skoolhoofde beskerm. Wanneer daar werklike regsondersteuning benodig word, is hulle nêrens te sien nie. Dis tyd dat Solidariteit ook as ‘n onderwys vakbond erken word.

Hercules ·

wel gedaan Aneke en Solidariteit – nog ‘n oorwinning teen Panyaza Lesufi en die cANCerous terroriste Org — so sal elkeen van hulle verloor, want ons Vader slaap en/of sluimer nooit nie!!

Werner ·

Hoop die learner gaan nou geskors word waarookal die is hulle is n klomp vandale wat nooit sal ophou plunder nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.