Onderwyser vir selfoon vermoor

Argieffoto bloot ter illustrasie. (Foto: Tania Heyns/Maroela Media)

ʼn Onderwyser van Botshabelo in die Vrystaat is dood nadat boosdoeners hom Vrydag van sy selfoon beroof en verskeie kere met ʼn skerp voorwerp gesteek het.

Frederick Fezile Mnyobisi (35) se vrou het hom na ʼn hospitaal gehaas. Hy is egter kort na sy aankoms by die hospitaal dood verklaar.

Mnyobisi, ʼn onderwyser aan die Refihlile Primary School in Botshabelo, is Vrydag naby die Sechaba Se Maketse Combined School, óók in Botshabelo, van sy groen Samsung Galaxy A04 beroof voordat hy verskeie kere met ʼn skerp voorwerp gesteek is.

Lt.kol. Thabo Covane, polisiewoordvoerder, sê die hospitaal het die polisie ná die aanval ontbied nadat Mnyobisi se vrou hom daarheen geneem het.

“Die polisie het saam met die distriksgeneesheer die slagoffer se liggaam ondersoek en opgemerk dat die liggaam veelvuldige steekwonde gehad het. Die distriksgeneesheer het die slagoffer dood verklaar.”

’n Saak van moord is intussen by die Botshabelo-polisiestasie aanhangig gemaak.

Die polisie doen nou ʼn beroep op die publiek om enige inligting wat kan lei tot die inhegtenisneming van die moordenaar(s) by sers. Pakiso Elias Maja by 082 466 8341 aan te meld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Karoo ·

Vermoor vir ‘n selfoon. Jou lewe is niks meer “werd” nie, simpatie aan Mev. Mnyobisi wat haar Man so onodig moes verloor.

Amelia ·

is dit nie hoekom ons fone moet rika nie sodat n foon opgespoor kan word indien dit nie is nie kan iemand dan net verduidelik hoekom moet n foon gerika word

Karoo ·

Hoor Hoor…. as jy SARS R5 skult kom sluit hulle jou toe….. ons moet hulle kry om krimineele optespoor.

Nonnie ·

….en daar sal NIKS MET DIE DEMONE GEBEUR WAT DIT GEDOEN HET NIE….

MJLS ·

Dis tragies en baie erg. Kan min. Cele dít verklaar? Niemand is meer veilig nie. Mag die skuldiges spoedig vasgetrek word en lewenslange tronkstraf kry.
Sterkte aan die slagoffer se geliefdes en vriende.

Gert ·

In my dae was skelm rook, papiere op die skoolterrein, hard gesels in die klas dat die juffrou julle kan hoor tot in die hoof se kantoor, pouses baklei en vloek een van die grootste sondes gewees wat aangespreek was.

Sê maar net ·

Die boosdoeners het geen meer respek vir Lewe nie. Toe die doodstraf nog in plek was sou jy nie gehoor het van so-iets nie……
Lewe is nou “goedkoop” vir hulle, want daar is min of geen gevolge nie, en hulle weét dit.
Baie hartseer…..

melaney ·

Amelia, so terloops … ek maak nog gebruik van sowat 4 ou smart selfone, waarvan almal ‘ge-rica’ is. Een dag by Vodacom vind ek uit nie een van my fone in my naam geregistreer was nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.