Ongeluk eis oud-Springbok Hannes Strydom

Hannes Strydom destyds. (Foto: Twitter)

Joost van der Westhuizen, Ruben Kruger, James Small, Chester Williams.

En nou ook Hannes Strydom.

Strydom, voormalige Springbokslot en 1995-Wêreldbekerwenner, is oor die naweek in ’n motorongeluk op die N4 in die omgewing van Emalahleni oorlede.

Hy was 58 jaar oud.

Kobus Wiese, oud-Springbok en Strydom se slotmaat in die 1995-eindstryd, het die hartseer nuus Maandagoggend aan Maroela Media bevestig.

“Dit is ’n hartseer dag,” het Wiese gesê.

Strydom en Wiese was deel van die span wat op 24 Junie 1995 die Webb Ellis-trofee op Ellispark omhoog gehou het. Strydom en Wiese was die slotpaar tydens dié geskiedkundige eindstryd teen Nieu-Seeland.

Strydom is nou die vyfde (speler) van die groep van 1995 om te sterf.

Kitch Christie, afrigter van die 1995-Springbokspan, is ook intussen dood.

Strydom, wat sy internasionale buiging op 3 Julie 1993 teen Frankryk op Ellispark gemaak het, het Suid-Afrika in 21 toetse verteenwoordig.

Hy het ook meer as 100 keer vir Transvaal uitgedraf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Sonblom ·

Baie hartseer. Innige simpatie aan die familie en vriende. Sterkte vir julle almal in hierdie hartseer tyd.

kragaap ·

Ag nee……..Hy was ‘n yster slot gewees saam met Kobus Wiese. Wat ‘n massiewe verlies.

Skappie ·

Sterkte aan sy gesin en almal van sy vriende. Mag onse Liewe Jesus julle styf in Sy arms vashou en julle deur hierdie moeilike tyd dra.

Aai ·

Aai sterkte aan familie en vriende.Ondersoek daai ongeluk deeglik baie spikes op daai pad.

Sobymykoolkop ·

Ja ondersoek DEEGLIK.Veral na al die bewerings dat daar in sy apteke gesmokkel is met hoesmeds en bewerings van bedrog.

bolletjie blom ·

Net verlede week was dit in die nuus dat daar in sy apteek met hoesmedisyne gesmokkel is en dat hy iemand gekonfronteer het daaroor.

Hennie Biebouw ·

Ja, snaaks dat niemand nou iets daaroor sê nie. Daar was uiteraard redelike aansparake gemaak dat hy aktief daarby betrokke was….’n Ongeluk seg julle?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.